Intelligensie-advokaat dood aangetref

Advokaat Mvuseni Ngubane se lyk is in sy motor by sy huis in Pinetown, KwaZulu-Natal gevind, het die polisie Sondag gesê.

Lt.kol. Vincent Mdunge het gesê Ngubane het ‘n enkele skietwond aan sy kop gehad en ‘n pistool is langs sy lyk gevind.

“Die polisie het ‘n selfmoordbrief naby sy lyk gevind. Sommige dele van die brief was weens die bloedvlekke onleesbaar.”

Mdunge het gesê familielede het Ngubane se lyk op die agtersitplek van sy Mercedes Benz in die motorhuis gevind. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Ngubane het hoëprofiel-sake, insluitend dié van Cheryl Cwele, behartig.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae