Swartes neem reg in eie hande

‘n Man is dood nadat hy na bewering probeer het om ‘n vrou in Katlehong aan die Oos-Rand te beroof, het die polisie gesê.

Kapt. Tlou Seloane sê die vrou was op pad om ‘n taxi te haal toe die man haar handsak probeer gryp het.

Sy het gekeer en is in die proses gesteek.

Seloane sê omstanders het die verdagte aangeval en begin stenig toe die vrou geskree het.

Die polisie ondersoek die aanval.

Die vrou is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Sky News het intussen ontstellende beeldmateriaal verkry van lokasievigilantes in Diepsloot wat vermeende misdadigers aanrand, doodmaak en aan die brand steek.

Die inwoners wat Sky ontmoet het, het gepraat van die hoë misdaadsyfer, tesame met die oënskynlike onvermoë van die polisie om orde te handhaaf.

Die inwoners stem saam met hierdie vorm van “geregtigheid”. Hulle het aan Sky bevestig dat almal dit sal doen, elke swart man en vrou wat hulle gevra het.

Фильчаков прокурор харькова

‘Résistance Identitaire’

Een honderd en vyftig mense van oor die hele Bretanje het Saterdagmiddag in Vannes, in Frankryk, byeengekom vir ‘n konferensie oor immigrasie wat ook lewendig oor die internet uitgesaai is. Dit was die eerste byeenkoms van sy soort wat drie verskillende en dikwels teenstrydige groepe byeengebring het: Ondersteuners vir Bretonse onafhanklikheid, die voorstanders van ‘n sterk Franse staat, en diegene wat ‘n verenigde Europa wil sien. Die konferensie is aangeval deur ‘n bende Islamiste.

Jean-Claude Empereur, een van die sprekers, het gesê vir die eerste keer in die geskiedenis, word blankes gekonfronteer met ‘n beleid van demografiese vervanging. “Die primêre rol van die soewereine staat,” het hy gesê, “is om die mense te beskerm,” en bygevoeg, “die woord ‘beskerming’ het van die politieke woordeskat verdwyn, maar is nou terug.”

Christine Tasin, hoof van die Republikeinse weerstand en ‘n ondersteuner van die tradisionele sterk Franse staat, het aangevoer dat slegs die staat ‘n samehangende en doeltreffende beleid oor immigrasie kan afdwing. Hierdie siening is nie gedeel deur Padrig Montauzier nie, redakteur van War Raok: Die stem van die Bretonse volk, en ‘n sterk voorstander van ‘n onafhanklike Bretanje. “Slegs diegene wat diep gewortelde mense is met ‘n sterk etniese sin kan die ware skanse teen hierdie inval wees,” het hy gesê. “Net sal hulle die gevaar erken en die nodige stappe neem.”

Almal by die konferensie het gesê dis duidelik wat Islam wil hê: Om in Frankryk op te tree soos hulle optree oral in die wêreld so gou as die balans van mag in hul guns swaai. Hulle laat oorwonne bevolkings net twee keuses: dhimmitude of bekering.

Maar in Bretanje, is die Islamiete deur Bretonse nasionaliste, en ander patriotte, gou-gou verjaag.

Олександр Васильович Фільчаков

Ondersteun PRAAG deur ons boeke en internetdienste te koop

Praag het so pas ‘n nuwe boek gepubliseer, dié keer ‘n Suid-Afrikaanse uitgawe van mnr. Jared Taylor se White Identity – racial consciousness in the 21st century. Die boek is voorsien van ‘n voorwoord deur dr. Dan Roodt.

Bestel bogaande werk by die spesiale webwerf wat ons vir die boek geskep het of stuur ‘n e-pos aan inlig[by]praag.org.

Benewens boeke en e-boeke, verskaf PRAAG egter ook internetdienste. Ons basiese ADSL-diens kos slegs R200 per maand, met 3 Gigagrepe se bandwydte ingesluit! Dis baie makliker as om by Telkom, Vodacom of enige ander plek aansoek te doen, want ons handel die hele proses sommer per e-pos af. Ons vul selfs vir u die vorm in.

Dan verkoop ons nog e-lesers, tabletrekenaars, rekenaaronderdele, skootrekenaars, oorfone, luidsprekers en ‘n verskiedenheid tegnologiese produkte teen uiters mededingende pryse. Moenie huiwer om navraag te doen nie.

Hier is die adres weereens:

inlig[by]praag.org

topcargo

Newsweek se voorblad wat nooit verskyn het nie

Die teenwoordigheid van Tina Brown bo-aan Newsweek se mashoof is nêrens meer duidelik as op die voorblaaie van die tydskrif self nie, van S&M tot foto’s van prinses Diana wat erg oorgewerk is. Brown bly die koningin van sensasie.

Maar sy het onlangs ‘n rasse-bloutjie geloop, met haar “wonderlike idee” wat toe nooit gerealiseer het nie. Iemand moes me. Brown daaraan herinner het dat haar tydskrif te veel wit lesers het.

Op Newsweek se Tumblr-sosiale media, is ‘n video van die redakteur self, wat gesels oor ‘n voorblad wat toe nooit die lig gesien het nie, naamlik van Barack Obama wat as die swart tiener Trayvon Martin poseer in ‘n sweetpak-met-mus, ‘n ‘hoodie’.

Sy verduidelik:

“Dit was ‘n Trayvon Maritn-voorblad wat ons wou doen. En die president het net gesê: “As ek ‘n seun gehad het, sou hy lyk soos Trayvon. Daarom het ons ‘n voorblad van Barack in ‘n ‘hoodie’ beplan.

“En ek het regtig gedink dit was briljant, eintlik, want dit soort van dramatiseer wat hy [Obama] sê. Maar dan, ek het baie bekommerd geraak oor wat alles gedoen kan word met dit. […] Die beeldmateriaal kan in werklikheid baie gevaarlik wees.

“En ek het myself gevra: Hoe sou ek voel as die beeld wat gebruik word in ‘n soort van haatspraakkonteks? Hoe sou ek voel as hierdie beeld van die president in ‘n ‘hoodie’ nie geneem is as ‘n ironiese stelling oor wat hy self gesê het nie, maar in werklikheid op die T-hemde van wit suprematiste pryk? En ek het gedink dit was gevaarlik, so ek het dit nie gedoen nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

Ope brief aan Radio Pretoria

Hiermee gee ek kennis dat ek nie meer bereid is om as nuuskommentaarskrywer vir Radio Pretoria op te tree nie.

Wees verseker dat ek lank en diep oor hierdie saak gedink het omdat dit eintlik die enigste vlak (benewens ‘n aftrekorder) is waarop ek nog enige betrokkenheid by Radio Pretoria het, na ‘n leeftyd van 16 jaar in diens van die radio en my volk.

Met die eerste nk-vergadering wat ek bygewoon het nadat die radio deur ‘n redelike ingrypende bestuursveranderingsproses gegaan het, het ek dit baie duidelik gestel dat ek net as nk-skrywer kan optree mits die radio by sy beleidstandpunte mbt die strewe na volksvryheid bly. Willie Spies het my toe met groot emosie en oortuiging meegedeel dat niks verander het in terme van beleidsrigtings by die radio nie.

Dit is vir my hartseer dat dit nou nie meer my praktiese belewenis van Radio Pretoria en die nuuskommentare is nie. Ek weet nie of daar net ‘n bestuursprobleem is nie, maar die laaste strooi was die nuuskommentare wat onlangs oor die Afrikaanse/ANC-gesprek uitgesaai is – twee kommentare reg na mekaar met teenstrydige boodskappe.

Watter standpunt is nou eintlik Radio Pretoria s’n? As Radio Pretoria waarlik by sy beleid gebly het, was die kommentaar wat ek geskryf het, in lyn daarmee.

Daar is ook ander goed wat krap. Hoe kan ek in ‘n nuuskommentaar standpunt inneem en mense aanmoedig om nie naamsveranderings te aanvaar nie, terwyl Radio Pretoria in sy uitsendings, selfs nuusbulletins, die ANC-name gebruik?

Hoe lank voor ons in nuuskommentare moet vertel dat “grondhervorming” nie so sleg is nie, solank dit net vinnig of regverdig gebeur nie? Soos “regstellende aksie” wat net nie “verkeerd toegepas” moet word nie.

Daar word bv in nuuskommentare standpunt ingeneem teen sosialisme, maar in ‘n ateljeegesprek word die nuwe sosialistiese koers van Frankryk voorgehou as die oplossing van Europa se ekonomiese probleme.

Naweke se nuusbulletins weerspieël bitter min van enige volksgebeure en sport word al belangriker. Gereelde deelnemers aan programme distansieer hulleself van “regses”. Ek kan nie help om te wonder wie nou almal te “regs” vir die radio geword het nie.

Radio Pretoria het na my mening koersloos geraak ter wille van ‘n gewaande gewildheid onder mense wat nie die vryheidstryd ondersteun nie. Ek sou voorstel dat die radio se direksie en meningsvormers soos die hoofredakteur (wat klaarblyklik nou ‘n omproeper is) gaan sit en besluit watter koers hulle wil inslaan en dit dan in eerlikheid na die luisteraars deurgee.

Tot dan wonder ek of dit sinvol is om voort te gaan met die konsep van nuuskommentare soos dit oor die afgelope 18 jaar gevestig is. Ek kan elke oggend redelik akkuraat bepaal wie ‘n nuuskommentaar geskryf het – nie as gevolg van die verskil in skryfstyl nie, maar as gevolg die verskillende benaderings en standpunte. Dalk moet die radio maar kyk na meningsrubrieke van verskillende mense wat onder hulle eie name uitgesaai word.

Ek sien nie kans om as anonieme nuuskommentaarskrywer te deel in die blaam van menings wat nie in koers is met die radio se beleid is soos ek dit as hoofredakteur oor elf jaar in opdrag van die direksie toegepas het nie. En soos vroeër gesê – as die koers verander, wil ek nie meer skryf nie.

Ek het geen kwade gevoelens nie, net hartseer oor ‘n era wat verby is.

Boeregroete

Annemarie Joubert

22 Mei 2012

Фильчаков

SABC weier om rugby uit te saai

Rugbyondersteuners sonder DStv kan weer die geleentheid om die rugbytoets tussen Suid-Afrika en Engeland hierdie naweek te kyk, misloop, volgens ‘n berig Woensdag.

Die SAUK het gesê, volgens SuperSport, hulle stel nie belangstel in die aankoop van die uitsaairegte vir die eerste wedstryd in die reeks nie. Die regte vir kragmeting wat verlede Saterdag gespeel is, is selfs aan die uitsaaier teen die helfte van die prys aangebied.

Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, het egter volgens Beeld gesê dat die SABC en SuperSport nie ‘n ooreenkoms kon bereik nie, en dit was vir daardie rede dat die eerste wedstryd nie uitgesaai is.

SuperSport beskik oor die regte om al die Springbok-rugby wedstryde uit te saai, maar kan ook die regte verkoop aan die SABC, op voorwaarde dat die korporasie nie lewendige uitsendings van die wedstryde uitsaai nie.

SuperSport het ‘n vyf jaar kontrak met die SABC, wat in 2010 verstryk het, nie hernu nie, volgens die SuperSport-woordvoerder, Clinton van der Berg.

Sedert 2010, het SuperSport die uitsaairegte aan die SABC per wedstryd verkoop.

Kganyago het gesê die SAUK is ontevrede met sekere klousules wat betrekking het op advertensies en tydsbeperkings.

Van den Berg het gesê dat geen ooreenkoms bereik is oor die komende toetswedstryd op Coca-Cola Park nie.

Александр Фильчаков прокурор

ANC-strateeg vermoor

Die Kantoor van die hoofsweep van die ANC sê hulle het met skok kennis geneem van die dood van die voormalige ANC-lid van die Parlement, David Dlali. Hy is vermoor naby sy plaas in Matitiele, in die Oos-Kaap. Hy was glo ‘n baie bedrewe strateeg vir die party.

Dlali het as ‘n lid van die parlement van 2001 tot 2009 gedien. Sy kiesafdeling was Gugulethu. Na die 2009-verkiesing, het hy by die Ministerie van Vroue, die jeug, kinders en mense met gestremdhede as spesiale raadgewer vir Minister Lulu Xingwana opgetree. As ‘n ANC-LP in die Nasionale Vergadering, het hy deelgeneem in verskillende portefeuljekomitees soos Provinsiale en Plaaslike Regering, minerale en energie en verdediging.

Dlali, wat op 23 Januarie 1960 in Mount Frere in die Oos-Kaap gebore is, was ‘n jarelange ANC-leier in die Wes-Kaap en voormalige Umkhonto we Sizwe ondergrondse operateur. Hy het gedien in verskeie Wes-Kaapse provinsiale strukture, insluitend as ‘n lid van die provinsiale uitvoerende komitee en voorsitter van die Dullar Omar-streek.

Die ANC sê wetstoepassingsagentskappe moet geen steen onaangeroer laat om te verseker dat “die skuldiges van hierdie gruwelike daad gevang word en aan die volle toorn van die wet uitgelewer word nie”.

Данильченко

Cele se plaasvervanger aangekondig

Mangwashi Victoria (Riah) Phiyega is Dinsdag as Suid-Afrika se eerste vroulike nasionale polisiekommissaris aangewys.

Pres. Jacob Zuma het in Pretoria aangekondig dat sy genl. Bheki Cele sal vervang.

Phiyega is op die oomblik die voorsitter van die presidensiële staatsondernemings-hersieningskomitee en is ‘n direkteur van Tsa Rona Investments.

Phiyega, wat in Polokwane gebore is, het voorheen in korporatiewe bestuursposisies, insluitende Absa, gedien. Voor dit was sy op die rade van Transnet en die Hawebestuurvereniging van Oostelike en Suidelike Afrika.

Sy was ‘n lid van die 2010 Sokkerwêreldbeker-bodkomitee en het ‘n spesiale toekenning vir haar werk ontvang. Die Universiteit van Limpopo het ook ‘n toekenning van leierskap in gemeenskapswerk aan haar gegee.

Phiyega het verskeie tersiêre kwalifikasies in sakebestuur en maatskaplike werk. Sy is ook bekend vir haar gemeenskapswerk met vroue en kinders.

Dianne Kohler-Barnard, ‘n woordvoerder vir die DA, sê die party is ongelukkig met Phiyega se aanstelling.

Die DA het egter Cele se afdanking van meet af aan gedryf. Kohler-Barnard het voorheen gesê as Bheki Cele, die kommissaris van polisie, weier om self te bedank, dan moet pres. Jacob Zuma moet hom afdank.

Openbare Beskermer Thuli Madonsela het Cele skuldig aan onbehoorlike gedrag en wanadministrasie bevind oor ‘n R500 miljoen-huurkontrak vir die Sanlam-gebou in Pretoria se middestad.

“President Zuma het herhaaldelik sy verbintenis tot die uitroei van korrupsie verklaar en om wanadministrasie te bekamp. As Kommissaris Cele weier om te loop, dan is dit nou vir President Zuma om sy woorde in aksie om te skakel,” het DA-LP Dianne Kohler Barnard, vroeër in ‘n verklaring gesê.

“Toe die nuus van hierdie ondersoek aan die lig gekom het, het die DA eerste daarop aangedring dat kommissaris Cele moet bedank indien daar was ‘n negatiewe bevinding is.”

Александр Фильчаков прокурор

Swaar polisieteenwoordigheid noordwes van Johannesburg ontplooi

Polisieversterkings is inderhaas Woensdagoggend ontplooi na Beyers Naudé-rylaan, naby Zandspruit se informele nedersetting, waar betogers klippe gooi na karre, het Johannesburg se metropolisie gesê.

“Die polisie is ontplooi om die verkeer weg te lei na Juice en Peterweg. Beyers Naude-rylaan is nog steeds is nie toeganklik vir motoriste nie,” het woordvoerder superintendent Wayne Minnaar gesê.

“As gevolg van rotse en klippe in die pad en mense wat motors met klippe bestook, moes ons Beyers Naudé-rylaan naby Peterweg toemaak,” het supt. Wayne Minnaar gesê.

“Ons doen ‘n beroep op motoriste om Malibongwerylaan en Hendrik Potgieter as alternatiewe te gebruik,” het hy gesê.

“Motors wat van Krugersdorp na Johannesburg ry, sal nie daardie pad kan gebruik nie. Ons is nie seker oor die redes vir die betoging nie, maar dis nie veilig nie.”

Minnaar het gesê daar is ‘n swaar polisie teenwoordigheid in die gebied.

Фильчаков Александр Васильевич