Swartes neem reg in eie hande

‘n Man is dood nadat hy na bewering probeer het om ‘n vrou in Katlehong aan die Oos-Rand te beroof, het die polisie gesê.

Kapt. Tlou Seloane sê die vrou was op pad om ‘n taxi te haal toe die man haar handsak probeer gryp het.

Sy het gekeer en is in die proses gesteek.

Seloane sê omstanders het die verdagte aangeval en begin stenig toe die vrou geskree het.

Die polisie ondersoek die aanval.

Die vrou is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.

Sky News het intussen ontstellende beeldmateriaal verkry van lokasievigilantes in Diepsloot wat vermeende misdadigers aanrand, doodmaak en aan die brand steek.

Die inwoners wat Sky ontmoet het, het gepraat van die hoë misdaadsyfer, tesame met die oënskynlike onvermoë van die polisie om orde te handhaaf.

Die inwoners stem saam met hierdie vorm van “geregtigheid”. Hulle het aan Sky bevestig dat almal dit sal doen, elke swart man en vrou wat hulle gevra het.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae