Man kritiek na Zandspruit-skietery

‘n Man is gewond toe hy tydens ‘n betoging by die Zandspruit- informele nedersetting, wes van Johannesburg, geskiet is, het die polisie gesê.

Die skietery het Woensdagaand plaasgevind toe twee groepe van die betogers vermoedelik stry gekry het.

Ooggetuies het aan die polisie gesê een groep wou buitelanders se winkels plunder terwyl die tweede groep dit wou keer, het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.

Hy sê die man is in ‘n kritieke toestand na die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg geneem.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Dlamini sê die polisie het Woensdag 12 mense aangekeer wat teen swak dienslewering betoog het.

Hy sê die verdagtes sal in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Dlamini sê die polisie hou steeds wag.

Beyers Naudé-rylaan naby die Zandspruit- informele nedersetting is Woensdag en Donderdag gesluit nadat betogers motors met klippe bestook het.

Фильчаков прокурор

Dwelmvonds in Wes-Kaap

Beslag is Donderdag gelê op dwelms met ‘n straatwaarde van meer as R900 000 in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Vier mans, tussen die ouderdomme van 32 en 37, is by ‘n drankwinkel in Maitland in hegtenis geneem, saam met twee vroue, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, het ao. November Filander gesê.

Die vier mans is van Nigerië, terwyl een van die vroue ‘n Zimbabwiër is.

“Tien bondels tik, met ‘n waarde van meer as R300 000, is onder die toonbank gevind, tesame met ongeveer R1 miljoen se kontant.”

Die Valke en Misdaadintelligensie het ook Donderdag nog drie mans, tussen die ouderdomme van 41 en 54, in New Marketstraat in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van dwelms van meer as R600 000.

“Die polisie het hul voertuig deursoek en 12 000 Mandrax-tablette, sowel as ‘n groot hoeveelheid kontant in die mans se besit gevind.”

Al die persone wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокурор харьков

Boer geskiet toe huishulp invaller inlaat

‘n Boer is byna noodlottig gewond in ‘n skietery toe ‘n swart aanvaller wat sy huishulp ingelaat het, op hom losgebrand het, berig OFM.

Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die 33-jarige huishulp het Donderdagmiddag aan ‘n deeltydse werker toegang tot die plaashuis op Soutpan verleen.

Die swart aanvaller het op die 58-jarige boer geskiet, maar hy het daarin geslaag om die verdagte te ontwapen. Die huishulp is ook gewond.

Die radiostasie berig die boer en huishulp is in die hospitaal vir behandeling.

Die polisie het nog nie name bekend gemaak nie.

Данильченео

Geen wit werk in Johannesburg: ANC

“Ons staan aan die begin van die nuwe finansiële jaar in die Johannesburg Metro en die Uitvoerende Burgemeester, Parks Tau (ANC) het dit baie duidelik gemaak dat geen werk vir wittes geskep sal word nie en dat die ANC sy Swart Ekonomiese Bemagtiging-strategie aggressief sal navolg”, het Franco de Lange, VF+ Hoofsweep in die Johannesburg metro gesê.

Die uitlating spruit uit die vrae wat Rdl de Lange al vyf keer in die Raad gevra het oor ‘n periode van drie jaar.

In die vorige termyn van 2006 tot 2011 het die stad se EPWP projekte 165 000 korttermyn werksgeleenthede geskep waar jong mense sekere vaardighede kon leer om hulle vir die privaatsektor voor te berei. Die VF+ het ‘n voorstel ter tafel gelê dat die stad vir elke tien swart aanstelings, een blanke in diens kan neem maar die ANC het geen belangstelling getoon nie.

Raadslid de Lange het beklemtoon dat armoede regoor die kleurgrens strek en dat werkskepping nie net na die een kant toe kan plaasvind nie. Hy het ook ‘n dringende beroep op die regering gedoen dat dit nou hoog tyd is om van regstellende aksie ontslae te raak want dit veroorsaak rassespanning tussen Suid-Afrikaners.

прокурор харьковской области

Vervalste sigarette uitgerook

‘n Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy in besit van meer as R70 000 se gesmokkelde sigarette in Warmbad betrap is, het die polisie in Limpopo gesê.

Die Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes wat op patrollie was sy wit Toyota Quantum Woensdagoggend op die R101 afgetrek en deursoek het, het lt. kol. Malesela Ledwaba gesê.

“Die sitplekke van die voertuig is uitgehaal en die hele voertuig was gevul met vervalste sigarette.”

Hy sal na verwagting binnekort in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокурор отзывы

Die koste om presidente in die lug te hou

Die koste om president Jacob Zuma en adjunkpresident Kgalema Motlanthe na hulle onderskeie verpligtinge te vervoer sedert hulle die ampte aanvaar het, het die belastingbetaler meer as 210 miljoen rand gekos, het RSG berig

In geskrewe antwoorde op twee vrae in die parlement, het die vorige minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu gesê Zuma en Motlanthe het 499 vlugte met vliegtuie van die Lugmag onderneem.

Sisulu is eergister uit dié pos verskuif en is nou die minister van die Staatsdiens en Administrasie.

Александр Фильчаков Васильевич

Rugby op die lug, nie kassie nie

Die SABC het bekendgemaak dat die oorblywende twee rugbytoetse tussen Engeland en die Springbokke regstreeks op die uitsaaier se radiostasies uitgesaai sal word.

In ‘n gesamentlike verklaring met die houer van die uitsaairegte, SuperSport, het die SABC bevestig dat die wedstryde nie op sy televisiekanale uitgesaai sal word nie.

Die waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng sê die SABC sal geleenthede uitsaai waarvoor hy die regte het.

Die bestuurshoof van SuperSport, Happy Ntshingila sê SuperSport het televisie-uitsaairegte vir die Springbokke se wedstryde aan die SABC aangebied.

Фильчаков прокурор харьков

Isidingo-atlejee by SABC in brand vernietig

‘n Brand het gisteraand uitgebreek in die SAUK-geboue in Johannesburg in die deel waar televisieproduksies vervaardig word.

Volgens die uitsaaier se Veiligheidsafdeling het die brand in Ateljee 5 en 6 van Henley Studios begin waar die sepie Isidingo verfilm word. Die brandweer is vanoggend steeds op die toneel. Die oorsaak van die brand en omvang van die skade is nog nie bekend nie.

“Die brand het by Studio ses gisteraand om 08:00 uitgebreek en die brandweer was nie in staat om die vuur te stop nie,” het woordvoerder Niel Rooi gesê.

“Daar is ‘n baie rook en hulle is besig die gebou af te damp. Ons sal nie vertrek totdat ons seker is dat die vuur is uit nie.”

Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, het gesê die brand het uitgebreek het by “Isidingo” se produksie-ateljees. Isidingo is ‘n sepie op SABC3 op 19:30, weeksdae.

“Niemand is beseer nie. Ons sal die situasie vanoggend beoordeel,” het hy gesê.

“Die oorsaak van die brand, asook skade assessering sal gedoen word vanoggend Ons is nie bekommerd nie want programme sal voortgaan om uit te saai soos normaal.”

SABC se waarnemende hoof Hlaudi Motsoeneng het op Morning Live gesê dat die vuur van die openbare uitsaaier tiene van miljoene rande sou kos.

“Soos u weet is ons finansieel nie gesond nie,” het hy gesê.

“Dit is iets wat ons nie weet hoe om te hanteer nie, maar ons sal daar kom.”

Kganyago het gesê hulle is nie seker of die vuur versprei het na ander ateljees nie.

topcargo

Pretoria, Zandspruit, Aston smeul

Die polisie is Woensdag ingeroep om ‘n gewelddadige oproer by Tshwane se tussentydse vlugteling-ontvangskantoor in Pretoria stop te sit, het die departement van Binnelandse Sake gesê.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder, het gesê die oproerigheid het verkeer en sake in die gebied ontwrig en verskeie voertuie is “met klippe bestook”.

Hy het gesê die betoging is begin deur Ethiopiese burgers wat “na bewering nie wou toustaan vir dienste nie”.

“‘n Besluit is gemaak om operasies by die sentrum vir die dag te staak, met slegs vroue, kinders en die mees weerbares wat gehelp is.”

Mamoepa het gesê Fatima Chohan, adjunkminister van Binnelandse Sake, sal met senior beamptes in die departement vergader om Woensdag se gebeure te bespreek.

Ongeveer 1 000 vlugtelinge het Woensdagoggend by die fasiliteit opstandig geraak.

Kapt. Louise Reed, polisiewoordvoerder, het gesê die vlugtelinge is ongelukkig oor die manier waarop hulle by die kantore behandel word en het “oproerig” geraak.

“Hulle het ‘n paar bande verbrand, maar dit was dit. Sommige van hulle is steeds daar en onderhandel blykbaar met die hoof-mense [van die kantoor]. ‘n Helikopter het oorgevlieg en ‘n rowwe skatting van die betogers gemaak. Ons kan sê dat daar ongeveer 1 000 mense daar was, maar dit is nou alles verby en sover ek weet is niemand beseer nie.”

Die organisasie Lawyers for Human Rights het gesê die betoging het net na 06:00 begin, toe beamptes by die kantoor na bewering geweier het om die vlugtelinge te help.

“Die betoging is blykbaar gemotiveer deur die swak toegang tot die fasiliteit en die onvermoë van asielsoekers en vlugtelinge om die dienste te kry wat veronderstel is om deur daardie kantoor voorsien te word,” het die organisasie gesê.

“Hulle sal volgende week moet terugkeer indien hul permitte nie vandag hernu word nie, wat baie van hulle in ‘n ernstige situasie plaas, waar hulle moontlik in hegtenis geneem en aangehou sal word as hul permitte verval.”

Die polisie monitor steeds die situasie in Zandspruit waar Beyers Naudé-rylaan gedeeltelik gesluit is Donderdagoggend, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

“Betogers het voortgegaan om bande aan die brand te steek en Beyers Naudé-rylaan is gedeeltelik gesluit tussen Juice en Peterweg,” het woordvoerder Hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê.

“Daar is ‘n swaar polisie teenwoordigheid en motoriste word aangeraai om die gebied te vermy en Malibongwerylaan en Hendrik Potgieter as alternatiewe gebruik.”

Woensdag het betogers Beyers Naudé-rylaan afgesper met klippe en rotse en klippe na motors gegooi.

Die situasie in Aston in die Boland was gisteraand nog gespanne ná inwoners van die Zolani-township oor huise betoog het. Die polisiewoordvoerder, November Filander sê ‘n groep mense het vroeër klippe gegooi en ‘n munisipale gebou beskadig.

Hulle het ook van die paaie in die gebied versper. Filander sê polisieversterkings van ander polisiestasies is ingeroep. Hy sê ‘n saak van openbare geweld is aanhangig gemaak.

Лобановский Харьков

Arrogante minister van verdediging gedemoveer

Die voormalige minister van verdediging Lindiwe Sisulu het glo in trane uitgebars nadat sy deur President Jacob Zuma ingelig is oor sy besluit om haar te skuif na die departement van staatsdiens en administrasie.

Senior ANC-bronne het aan die Mail & Guardian gesê dat Zuma Sisulu en andere oor sy besluit ingelig het slegs ‘n paar uur voor hy ‘n openbare aankondiging gemaak het.

Die Xhosa se hoogmoedigheid was glo ‘n steen des aanstoots vir die Zoeloe-president.

Sisulu se woordvoerder, Ndivhuwo Mabaya, het gesê die minister het nie enige kommentaar oor die skuif nie.

Mabaya het geweier om te bevestig of die minister gehuil het.

Zuma was ontevrede met Sisulu, want sy was nie lojaal aan hom nie. Die president het ook nie gemaklik gevoel met iemand wat hy het nie ten volle vertrou in die kompleks nie, wat met sensitiewe sekuriteitsmaatreëls te make het, het ‘n bron gesê.

Zuma was ook ongelukkig oor Sisulu se besluit om die ANC se nasionale uitvoerende lid Tony Yengeni aan te stel as ‘n lid van die verdedigingsoorsig-komitee, wat gestig is om vorendag te kom met langtermyn verdedigingsbeplanning.

Die ander rede, sê bronne, vir haar demovering, is die feit dat Sisulu gesien is as iemand wat naby aan die geskorsde ANC-jeugligapresident, Julius Malema, beweeg het. Sisulu was een van die eerste senior ANC-lede wat tot sy verdediging gekom het: “Die ANC is nie ‘n vark wat sy kinders eet nie.”

Die minister is gedemoveer omdat sy vir die afgelope twee jaar ‘n staat binne ‘n staat bedryf het en arrogant opgetree het asof sy buite toesig deur die Parlement verkeer, sê haar kritici.

Данильченко Юрий прокурор