Arrogante minister van verdediging gedemoveer

Die voormalige minister van verdediging Lindiwe Sisulu het glo in trane uitgebars nadat sy deur President Jacob Zuma ingelig is oor sy besluit om haar te skuif na die departement van staatsdiens en administrasie.

Senior ANC-bronne het aan die Mail & Guardian gesê dat Zuma Sisulu en andere oor sy besluit ingelig het slegs ‘n paar uur voor hy ‘n openbare aankondiging gemaak het.

Die Xhosa se hoogmoedigheid was glo ‘n steen des aanstoots vir die Zoeloe-president.

Sisulu se woordvoerder, Ndivhuwo Mabaya, het gesê die minister het nie enige kommentaar oor die skuif nie.

Mabaya het geweier om te bevestig of die minister gehuil het.

Zuma was ontevrede met Sisulu, want sy was nie lojaal aan hom nie. Die president het ook nie gemaklik gevoel met iemand wat hy het nie ten volle vertrou in die kompleks nie, wat met sensitiewe sekuriteitsmaatreëls te make het, het ‘n bron gesê.

Zuma was ook ongelukkig oor Sisulu se besluit om die ANC se nasionale uitvoerende lid Tony Yengeni aan te stel as ‘n lid van die verdedigingsoorsig-komitee, wat gestig is om vorendag te kom met langtermyn verdedigingsbeplanning.

Die ander rede, sê bronne, vir haar demovering, is die feit dat Sisulu gesien is as iemand wat naby aan die geskorsde ANC-jeugligapresident, Julius Malema, beweeg het. Sisulu was een van die eerste senior ANC-lede wat tot sy verdediging gekom het: “Die ANC is nie ‘n vark wat sy kinders eet nie.”

Die minister is gedemoveer omdat sy vir die afgelope twee jaar ‘n staat binne ‘n staat bedryf het en arrogant opgetree het asof sy buite toesig deur die Parlement verkeer, sê haar kritici.

Данильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae