Zumaville-projek in chaos

Die Zumaville-projek van R2 miljard, wat naby pres. Zuma se landelike woning in Nkandla opgerig sou word, is in ‘n chaos, het die Mail & Guardian Vrydag berig.

Die koerant het berig dat verskeie probleme opgeduik het.

Die hooffasiliteerder van die projek, die Masibambisane- landelike ontwikkelingsinisiatief, is glo bankrot, en daar heers totale verwarring by die regeringsdepartemente wat by die bou van die dorpie betrokke is.

‘n Hele paar groot “sakevennote” weet niks van hulle beweerde betrokkenheid by die projek nie.

“Ons het nie geld nie. Dis die einde van die maand en ons moet lone betaal aan die mense wat ons help,” het Masibambisane se ondervoorsitter, Deebo Mzobe, volgens die koerant gesê.

“Ek moet geld uit my eie rekening neem en partykeer gee ek dit vir vrywilligers om hulle aan die gang te hou.”

Die projek sal ook moontlik deur ‘n parlementêre komitee en die Openbare Beskermer ondersoek word oor klagtes dat Nkandla voorkeurbehandeling ontvang.

Фильчаков Харьков

Kaapse lughawepad deur oproer toe

Sowat 500 mense het Vrydag die N2 naby die Kaapstadse internasionale lughawe in ‘n betoging oor dienslewering met brandende buitebande versper.

Die stad se ramprisiko-sentrum sê oproeriges het van 04:00 af op die N2-hoofweg byeengekom en sommige het klippe na verbygaande motoriste gegooi.

Die polisie het met rubberkoeëls op die oproeriges geskiet om hulle uiteen te dryf.

Die hoofweg is in albei rigtings tussen die Mew Way- and Duynefontein-afritte vir verkeer gesluit.

Verkeer word na die R300 herlei terwyl die hoofweg begaanbaar gemaak word.

лобановский класс

Afrika-gasvryheid kan verskaffers kos

‘n Amptelike gasvryheidsentrum vir Afrika-lande wat gedurende die Londense 2012 Olimpiese Spele geopen is, moes hulle deure sluit te midde van bewerings dat die verskaffers se onbetaalde fakture honderde duisende ponde beloop.

Die sentrum, oorkant die Royal Albert Hall, huisves ‘n uitstalling en restaurant en is oop vir die algemene publiek sowel as vir deelnemers, borge en beamptes.

Africa Village is geborg deur die Vereniging van die Nasionale Olimpiese Komitees van Afrika (ANOCA) en ontwerp volgens die webwerf “om die publiek, die Nasionale Olimpiese Komitees en Afrika-atlete ‘n unieke geleentheid te bied om ten volle deel te neem aan die Olimpiese feeste, ongeag hul beperkinge.” Hierdie “unieke geleentheid” is egter nou kortgeknip en baie krediteure kan ‘n pynlike toekoms in die gesig staar as die gerugte van £400 000 uitstaande skuld waar is.

Dit is die eerste keer dat die 53 Afrika Nasionale Olimpiese Komitees magte saamsnoer om ‘n gesamentlike Afrikatema aan te bied.

Die webwerf vir Africa Village sê tans gewoon: “Africa Village is gesluit tot verdere kennisgewing (Jammer),” wat skrale troos vir hulle verskaffers bied wat in goeie trou gehandel het met ANOCA.

Die kommunikasie-direkteur, Laurent Bagnis het belowe dat ‘n vergadering gehou sal word om “die situasie op te los”. Toe hy gevra is of die syfer van £ 395,000 uitstaande korrek is, het Bagnis gesê: “Ons het ‘n baie syfers. Ek weet nie wat reg is op die oomblik nie.”

Skuldeisers kan ook ‘n verdere struikelblok vir hul uitstaande fakture teëkom omdat die hoofkwartier vir die ANOCA in Nigerië setel.

 

данильченко юрій броніславович компромат

Egipte raak van tweede spioenbaas ontslae

Egipte se president, Mohammed Morsi, het sy intelligensiehoof, Moerad Moewafi, afgedank ná ‘n noodlottige aanval op soldate in Sinaï. Hy is Egipte se tweede intelligensiehoof nadat die vorige spioenbaas onlangs oorlede is.

Reuters berig dat die Moslembroederskap op hul webwerf verklaar het dat Israel vir die aanval verantwoordelik is om die Egiptiese regering in die verleentheid te stel. Hulle het ook gevra dat die ooreenkomste met hul buurland “hersien” word.

Hosni Moebarak se langtermyn-intelligensie hoof Omar Soeleiman, wat ook kortliks gedien het as die land se vise-president voor die voormalige president ontsetel is, is onlangs in die VSA oorlede.

Hy is van die V.A.E. na Duitsland geneem en is daarna verder na Cleveland in die VSA, waar hy skielik oorlede is. Hy was glo fiks en gesond en het muurbal gespeel voordat hy na Duitsland gereis het vir ‘n roetine mediese ondersoek, sê bronne in die Egiptiese intelligensiegemeenskap.

Soeleiman, 76, was ‘n getroue bondgenoot van Hosni Moebarak, adjunk-hoof van militêre intelligensie vanaf 1986 en later sy direkteur in 1991.

In 1993, het hy die hoof van die Egiptiese Algemene Intelligensiediens geword – nog ‘n tak van die Egiptiese intelligensiegemeenskap.

Op 11 Februarie 2011, het Soeleiman Moebarak se bedanking aangekondig. Hy het Moebarak glo gewaarsku dat sy seun Gamal nie geskik sou wees vir president nie en dat daar tekens van opstand in Egipte dreig as Moebarak sou voortgaan met die plan om ‘n familiedinastie te probeer vestig en om mag aan sy seun oor te dra.

Soeleiman was glo die weermag se gunsteling kandidaat vir president. Die CIA het volgens gedeklassifiseerde inligting nóú met hom saamgewerk om terreurverdagtes in Egipte op te spoor en aan die VSA uit te lewer.

Volgens WikiLeaks was die VSA se intelligensie-samewerking met Omar Soeleiman waarskynlik “die mees suksesvolle element van die twee lande se verhouding”. Die US Department of State-memo wat dié inligting bevat, is in 2006 vrygestel.

In verdere kabinetskommelings wat tans in die land woed na die aanval op die Israelse grens, het die nuwe president Morsi sy minister van verdediging, Hoessein Tantawi, beveel om die kommandeur van die militêre polisie, ‘n mag waarop swaar geleun word sedert Hosni Moebarak 18 maande gelede onsetel is, te vervang.

Sestien Egiptiese soldate is die naweek in ‘n hinderlaag doodgeskiet, maar ‘n woordvoerder vir Morsi wou nie bevestig of dit die rede is vir die skielike afdanking van die land se spioenbaas nie.

Александр Фильчаков

Minister van vervoer mislei publiek

Die Minister van vervoer het erken dat die wet op die administratiewe beregtiging van verkeersoortredings (AARTO) nie wettiglik toegepas word in die loodsareas van Johannesburg en Tshwane/Pretoria nie. In ‘n antwoord op ‘n vraag van adv. Anton Alberts van die VF Plus in die Parlement, het die minister gesê dat kennisgewings van oortredings nie per geregistreerde pos aan motoriste gestuur word nie. In terme van art. 3(1) van die AARTO-wet moet kennisgewings van oortredings of per persoon op die oortreder beteken word of per geregistreerde pos aan oortreders gestuur word.

“Die nie-nakoming van die wet beteken dat boetes op ‘n bedrieglike en onwettige wyse van vermeende oortreders ingevorder word. Die minister se verskoning vir die praktyk is dat daar nie genoeg fondse beskikbaar is om kennisgewings per geregistreerde pos te stuur nie. Die minister is egter verplig om al die voorskrifte van die wet na te kom. Indien die regering nie oor voldoende fondse beskik om die wet te implementer nie, moet die implementering opgeskort gewees het totdat die wet na behore nagekom en afgedwing kon word. Die minister moet slegs wette wat uitvoerbaar is implementeer,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer, gesê.

“Die minister erken ook in sy antwoord dat art. 3(1) baie duidelik is dat daar slegs twee metodes is waarvolgens kennisgewings beteken kan word en dat hy geen twyfel het dat alternatiewe metodes nie gebruik mag word om oortreders in kennis te stel van boetes nie. Die minister erken deur hierdie antwoord dat owerhede onwettig opgetree het en dat boetes op ‘n onwettige metode ingevorder is in die loodsareas van Johannesburg en Tshwane/Pretoria. Daarom moet die publiek hulle nie laat intimideer en mislei deur die minister en owerhede nie en moet wag totdat kennisgewings of in persoon op hulle beteken word of wanneer hulle die kennisgewing per geregistreerde pos ontvang voordat hulle daarop reageer,” het adv. Alberts benadruk.

Фильчаков

Derby-Lewis moet in die tronk ‘vrot’

Clive Derby-Lewis moet in die tronk vrot, het die SAKP se jeugliga (YCL) Dinsdag gesê.

“Hierdie afskuwelike man is steeds ‘n simbool van die wreedheid van apartheid en sy duiwelse plan om verdere onstabiliteit te bring. Sy onbarmhartige houding bly ons hoofargument oor hoekom hy in die tronk moet vrot,” het die jeugliga se nasionale woordvoerder, Mangaliso Stalin Khonza, gesê.

Khonza het gesê Derby-Lewis se aansoek om mediese parool moet geweier word oor die boosheid wat hy steeds verteenwoordig.

Derby-Lewis se vrou, Gaye, het Maandag aan Eyewitness News gesê dat Derby-Lewis vir mediese parool sal aansoek doen omdat hy siek is.

Sy beplan om die aansoekvorms binne die volgende paar weke in te handig en hoop dit slaag aangesien haar man kanker het en sukkel met gangreen in sy een been.

Derby-Lewis (76) het al 19 van sy 25 jaar tronkstraf uitgedien vir die moord in 1993 op Chris Hani, wat ‘n voormalige SAKP-leier was.

Sy aansoek om gewone parool is in 2008 sowel as 2010 geweier en sy visier is nou op mediese parool.

александр лобановский харьков класс

Prysskokke wag vir verbruiker

Die prys van petrol gaan na verwagting in September met sowat 60c per liter styg, het Ilke van Zyl, ‘n ekonoom van Absa Capital, aan OFM gesê.

Dit sal verdere prysskokke in die volgende paar maande tot gevolg hê.

Verhogings in kospryse van 15%, benewens nog die 10% wat reeds in Julie bygevoeg is, veral vir vleis, eiers en melk, kan oor so drie tot vyf maande verwag word, sê ekonome.

Dit sal die prys van 2liter melk na R20 opstoot. Dié verhogings kom nadat die mielieprys gestyg het weens die Amerikaanse droogte, die ergste sedert 1956.

Die beoogde samesmelting van ‘n Amerikaanse en Suid-Afrikaanse maatskappy wat in saadproduksie spesialiseer, gaan pryse verder opjaag.

Die Amerikaanse maatskappy Pioneer Hi-Bred beplan om soveel as 80% van die Suid-Afrikaanse onderneming Pannar Seed oor te koop. Albei maatskappye erken dat die samesmelting ‘n prysverhoging van 12% vir saad sal beteken.

Die Amerikaanse maatskappy se aansoek is deur die kommissie en die mededingingstribunaal afgekeur omdat daar slegs drie spelers in die Suid-Afrikaanse mark is, maar later deur die kommissie se appèlraad goedgekeur.

Dan is daar ook die verhoogde koste soos elektrisiteit wat benewens brandstof verder sal lei tot druk op die verbruiker.

‘n Liter petrol het verlede week met 22c gestyg. Boere en voedselhandelaars moet hul produkte vervoer en aangesien die spoorstelsel veel te wense oorlaat, gaan die verbruiker die koste moet dra.

Фильчаков Александр Васильевич

Gerda hou Charlize se Jackson omhoog…

Gerda Theron en JacksonCharlize Theron se verteenwoordiger het bevestig dat die rede vir haar transformasie met ‘n kaalgeskeerde kop haar rol as Furiosa in Mad Max: Fury Road, die vierde rolprent in die post-apokaliptiese reeks is.

‘n Ander groot verandering in die oud-Suid-Afrikaanse ster se lewe is natuurlik haar swart aangenome seuntjie, Jackson. Intussen het ma Gerda Jackson in Parys, Frankryk, in die geselskap van ‘n lyfwag besig gehou. Gerda het heel ongemaklik met die kind voorgekom en hom tydens ‘n fotosessie ver van haar af weggehou.

Charlize het tydens onderhoude oor haar nuwe rol in die rolprent kort-kort gekruide taal gebruik (soos dit ‘n meisie van Boksburg betaam?), benewens die talle Engelse taalfoute waarmee haar sinne deurspek was.

Die ster het oor Furiosa gesê: “George is werklik ‘n vroulike karakter waarvan ek nog nooit so iets gelees het nie. Ek bedoel, ek is bang [gekruide taal]!

“Ek is baie opgewonde daaroor, ek [gekruide taal] sterf! Dit was drie jaar, dit is tyd om ‘n nuwe manier aan te pak!”

Die kaalkopwaarheid is: Die nuwigheid van haar swart aangenome seun Jackson is waarskynlik ook besig om te taan, want sy verskyn al hoe minder met dié liberale modebykomstigheid op haar heup…

Die Hollywood-ster, wat net 15 was toe haar pa geskiet is, weier om in die openbaar oor die traumatiese gebeurtenis te praat, behalwe om te sê dat Gerda ‘n “slagoffer van huishoudelike geweld” was.

Haar pa Charles, het ma en dogter aan die polisie gesê, was glo gewelddadig en aggressief. Dit is ook bekend dat hy nie Gerda se ambisie vir hul dogter gedeel het nie.

In die boek deur die Suid-Afrikaanse misdaadskrywer Chris Karsten, sê Charlize se tante Elsa Malan egter dat haar broer nooit sy hand teen sy vrou of geliefde dogter sou lig nie.

Maar sy huiwer om te sê dat Charles vermoor is. Volgens Karsten het Charlize se polisieverklaring “vermis geraak nadat sy ‘n Beste-Aktrise-Oscar in 2004 vir haar rol in die rolprent Monster gewen het…”

Elsa sê dat Gerda hulle het met regstappe gedreig het as hulle sou uitpraat.

Killer Women: Fatal South African Females, deur Chris Karsten, Human & Rousseau.

Лобановский

Wisconsin-skieter was dalk ‘gedraaide’ agent

Byna onmiddellik ná die skietery by die Sikh-tempel in Wisconsin, het die geestelike leiers van die Westboro Baptist Church ‘n twiet op Twitter uitgestuur, en die skietery ‘n “pragtige straf van ‘n woedende God” genoem.

Westboro se kerkleier Margie Phelps het ‘n twiet uitgestuur wat lees: “God het nog ‘n skieter gestuur?”

Die skietery het glo die lewens van sewe slagoffers geëis, en talle beseer. Die vermeende aanvaller Wade Michael Page is dood op die toneel gevind en die FBI ondersoek ‘n geval van binnelandse terrorisme.

Fred Phelps, die leier van Westboro het op Twitter geskryf dat die skietery ‘n pragtige werk van ‘n woedende God was wat vir Wisconsin gesê het om hulle vuil hande af te hou van sy mense, “(WBC!) # godsenttheshooter”.

‘n Nie-winsgewende groep wat “wit suprematiste” monitor, het die verdagte glo opgemerk nadat hy probeer het om goedere te koop van neo-Nazi’s in 2000. Die groep het dadelik na die skietery ‘n onderhoud met die verdagte gepubliseer.

Die Southern Poverty Law Center het die skieter as ‘n “gefrustreerde neo-Nazi wat die leier van ‘n rassistiese witmag band is,” beskryf. In 2010, het Page in ‘n onderhoud met die witmagwebwerf Label 56 oor sy orkes End Apathy gesels.

Page was ‘n deel van die witmagmusiektoneel sedert 2000 en het ook in haat-rockbands gespeel.

Die vermeende skieter het gesê sy groep was ‘n “concept based on trying to figure out what it would take to actually accomplish positive results in society and what is holding us back. A lot of what I realized at the time was that if we could figure out how to end people’s apathetic ways, it would be the start towards moving forward.“

Page het gesê hy is geïnspireer om die band te begin uit frustrasie dat mense nie gebruik maak van hul potensiaal nie. In 2000 het die boorling van Colorado, sy tuiste vaarwel geroep om die VSA te deurkruis op ‘n motorfiets met ‘n rugsak. Kort daarna, het hy na Kalifornië verhuis en sy orkes begin.

“Die onderwerpe wissel van sosiologiese kwessies, godsdiens, en hoe die waarde van die menslike lewe afgebreek word deur onderdanigheid aan tirannie en die skynheiligheid waaraan ons onderwerp word,” sê Page in die onderhoud.

Terwyl hy op sy reis was, het hy witmagkonserte in Colorado, Georgia, Noord-Carolina en Wes-Virginia bygewoon.

Die vermoede bestaan, sê kenners, dat  die skieter self ‘n geheime agent was, wat die regse witmaggroepe in die VSA ondersoek het, en wat deur die owerhede “gedraai” is om wit belange te ondergrawe.

Die skietery val saam met Hillary Clinton se besoek aan Suid-Afrika waar sy saam met Nelson Mandela afgeneem is tydens haar besoek aan Qunu om die VSA se verbintenis aan die swart bewussynsbeweging te herbevestig. Haar besoek val ook saam met die Boeremagsaak waarin al die beskuldigdes sover skuldig bevind is aan hoogverraad teen ‘n swart regering.

Intussen het president Obama se beweerde klasmaat by Columbia Universiteit, Klas van ’83, gesê daar was nie so ‘n student soos Obama wat hy kan onthou nie. Dié nuus mag die VSA se eerste swart president se herverkiesing in die wiele ry.

Wayne Allyn Root het ook Regte en Politieke Wetenskap as hoofvakke gehad. Hy het Obama (of soos hy bekend was, Barry Soetoro) nooit teëgekom nie. Hy het hom nooit ontmoet nie. Nooit gesien nie. Nooit eers van hom gehoor nie. En geeneen van die klasmaats aan Columbia het hom ooit ontmoet nie, hom gesien of van hom gehoor nie.

Die Wall Street Journal berig in 2008 dat Fox News lukraak 400 van die Columbia-klasmaats opgebel het en nie een kon opspoor wat al ooit van Obama gehoor het of hom teëgekom het nie.

Obama weier steeds om sy Columbia-rekords aan die media vry te stel.

Obama se punte was ook nie goed genoeg om aan Harvard Law School te studeer nie en hy was nie ryk genoeg om die klasgelde te kon beskostig nie, spekuleer Root.

Hy het waarskynlik toegang verkry as gevolg van buitelandse hulp en studiebeurse wat aan swak buitelandse studente soos Barry Soetoro van Indonesië beskikbaar gestel is.

 

Лобановский