Roodepoort SAPD vir roekelose bestuur aangekla

Die Roodepoort SAPD se personeelbussie was onlangs in ‘n botsing betrokke.

‘n Saak van roekelose bestuur is op 29 Oktober geopen na ‘n botsing tussen ‘n maroen Renault Cleo en die Roodepoort SAPD se personeelbussie in Sonopstraat.

Volgens kolonel Chris Wilken van die Roodepoort SAPD het die bestuurder van die polisievoertuig in ‘n verklaring verduidelik dat hy by ‘n stopteken in Sonopstraat gestop het voordat die ongeluk gebeur het.

“Volgens die bestuurder het hy by die stopstraat gestop en in albei rigtings gekyk voordat hy die pad oorgesteek het,” sê Wilken.

In die bestuurder se verklaring bevestig hy dat hy in die middel van die pad was toe die maroen motor in sy rigting gery kom.

“Hy sê dat hy tot op daardie stadium glad nie die motor gesien het nie,” sê Wilken.

Volgens die Record se waarneming het die maroen voertuig ten die tye van die ongeluk ryvoorrang gehad omdat hy in ‘n westelike rigting verby die punt gery het waar die polisievoertuig moes stop.

Wilken verduidelik egter dat die verloop van die saak nog bepaal moet word.

“Die dossier sal teen Maandag 12 November die aanklaer se kantoor bereik, waarna meer inligting bekend gemaak sal word,” sê Wilken.

Данильченко

Pinky sny ‘n lyn

Telkom-aandele het met byna 4% gedaal na nuus dat die maatskappy se vyfde hoof uitvoerende beampte in sewe jaar, Nombulelo “Pinky” Moholi, gaan bedank.

Die aandele het effens herstel deur die middag, met ‘n 3% verlies op sy opening prys, maar reaksie op Moholi se bedanking is een van kommer oor die toekoms van Telkom.

Moholi was die eerste swart vrou aan die hoof van ‘n genoteerde telekommunikasie-maatskappy by die Johannesburgse Aandelebeurs nadat sy in die posisie aangestel is in April verlede jaar. Sy het waarnemende hoof Jeffrey Hedberg vervang, wat in 2011 besluit het om nie sy kontrak te hernu nie.

Sy het voorheen gewerk vir Telkom as hoof van verkope en bemarkingsbeampte, en daarna ‘n paar jaar by Nedbank, voordat sy na Telkom teruggekeer het as besturende direkteur en uiteindelik aangestel is as uitvoerende hoof.

Aandele in Telkom het byna 40% tot dusver vanjaar gedaal, ‘n duidelike aanduiding van ‘n gebrek aan beleggersvertroue. Die situasie sal waarskynlik nie verbeter nie in die lig van gerugte van voortgesette regering inmenging.

Telkom se R449 miljoen boete by die Mededingingstribunaal, ‘n mislukte poging om uit te brei in Nigerië, en ‘n onsuksesvolle bod vir 20% van die semistaatsinstelling Korea Telecom. Voeg daarby die swak prestasie van die semistaatsinstelling.

Telkom moet ‘n “waardige opvolger” vir “Pinky” Moholi, uitvoerende hoof van die maatskappy, vind, het Solidariteit gesê.

“Moholi is een van die paar Telkom- uitvoerende hoofde wat oor die afgelope jaar bedank het…” het Marius Croucamp, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat Moholi se bedanking “tot verdere onstabiliteit in die maatskappy [sal] lei.”

“Solidariteit is bekommerd oor wie die leisels by Moholi gaan oorneem, aangesien haar opvolger weer stabiliteit in die maatskappy moet vestig.”

Фильчаков прокурор

Marikana: Slagoffers was geboei

Van die betogers wat in Augustus in Marikana doodgeskiet is, het glo boeie aan gehad, het die Farlam-kommissie Maandag gehoor.

Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Lonmin-mynwerkers wat by Marikana beseer of in hegtenis geneem is, het kapt. Apollo Mohlaki, ‘n misdaadtoneel-kenner, ondervra.

Mohlaki het gesê hy het nie self gesien dat van die slagoffers geboei was nie, maar het toegegee dat dit so lyk op ‘n video wat aan die kommissie vertoon is.

“Ek het dit nooit by die misdaadtoneel gesien nie. Ek het nie na individuele lyke gegaan om te kyk wie geboei is en wie beseer is nie,” het Mohlaki gesê.

“As ek na die video kyk, lyk dit of daar iemand is wat dalk geboei kon gewees het, maar ek het dit nie op die dag raakgesien nie.”

Vier-en-dertig mynwerkers is op 16 Augustus doodgeskiet toe die polisie op hulle losgebrand het tydens gewelddadige betogings buite Lonmin se myn in Marikana.

Die kommissie, wat gelei word deur die afgetrede regter Ian Farlam, is aangestel om die voorval te ondersoek.

Farlam het voor die videovertoning aan die families gesê dat die beeldmateriaal baie ontstellend is, en dat hulle die gebou kan verlaat as hulle sou wil.

‘n Gelag was hoorbaar aan die einde van die video, maar dit was nie duidelik wie gelag het nie.

лобановский депутат

Was dit ‘n beroerte?

Beamptes van die stad Kaapstad weier glo om kommentaar te lewer oor die inhegtenisneming van die burgemeester, Patricia de Lille, se man, het die Cape Argus Maandag berig.

De Lille se man, Edwin, is Vrydag vir roekelose en nalatige bestuur in Pinelands in hegtenis geneem. Sy het die afgelope naweek gesê haar man het ‘n beroerte gehad.

Die koerant het vrae aan beamptes gestuur wat gewoonlik kommentaar lewer oor verkeersoortredngs. Dié beamptes het toe die versoek na De Lille se woordvoerder, Solly Malatsi, gestuur.

De Lille het gesê die gereg moet sy gang gaan.

“Al die bewyse oor sy gesondheid sal voorgelê word in die hof en ons moet die onafhanklikheid van die howe respekteer.”

De Lille het Saterdag die polisie geprys nadat hulle “haar man se lewe gered het”, berig Eyewitness News.

Edwin de Lille is Vrydag afgetrek en in hegtenis geneem omdat hy vermoedelik gejaag het.

Volgens die berig het hy glo ‘n beroerte gehad, sy tweede beroerte die afgelope drie weke.

“Dank God dat die polisie hom agternagesit en in hegtenis geneem het, want ek dink dit is wat sy lewe gered het.”

Александр Фильчаков прокурор

Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Sowat 500 plaaswerkers het Maandagoggend op die N1 by De Doorns betoog, het die Wes-Kaap se polisie gesê.

Lt.kol. André Traut sê die werkers betoog as gevolg van ‘n loon-dispuut.

Die snelweg tussen Touwrivier en De Doorns is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit, met verkeer wat deur Ceres herlei is.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie monitor nog die situasie.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Hospitale kanselleer aandbesoek

Die Chris Hani Baragwanath-, Charlotte Maxeke- en Helen Joseph-hospitaal het te midde van vrese oor die veiligheid van hospitaalpersoneel alle besoeke in die aand gekanselleer, het die Sunday Times berig.

Volgens die koerant word besoekers weggewys en sommige het buite die hospitale gekampeer tot die hekke oopmaak vir dagbesoeke.

Dié besluit is gemaak ná ‘n reeks aanvalle op dokters en verpleegsters, ten spyte daarvan dat die departement van gesondheid miljoene rande betaal vir sekuriteit by elke hospitaal.

Dr. Richard Nethononda van die Baragwanath-doktersforum het aan die koerant gesê om weg te doen met aandbesoeke is nie die oplossing nie.

“Mense werk, so om tyd af te kry om pasiënte in die dag te besoek is nie altyd moontlik nie. Ons moet aanpasbaar wees.”

Die Demokratiese Alliansie het die hospitale gekritiseer omdat hulle groot bedrae geld bestee aan onproduktiewe sekuriteitstelsels.

“Die departement bestee jaarliks sowat R140 miljoen vir sekuriteit by hospitale, maar kry baie swak waarde van sekuriteitsmaatskappye wat nie behoorlike werk doen nie,” het Jack Bloom, DA-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die departement van gesondheid kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Фильчаков прокурор

Slegs 22 lande ter wêreld het Britse plundertogte misgeloop

Enige een wat al ‘n atlas geraadpleeg het, weet van die omvang van Britse heerssug. Min weet egter watter lang geskiedenis van boewery en diefstal Brittanje mee spog.

Die merkwaardige globale grypsug van hierdie land is nie algemeen bekend nie. ‘n Nuwe studie het nou bevind dat die Britte byna 90 persent van alle lande regoor die wêreld al ingeval het.

Die analise van die geskiedenis van byna 200 lande in die wêreld het getoon dat net 22 nog nooit ‘n inval deur die Britte ervaar het nie.

Onder hierdie uitgesoekte groep is bestemmings soos Guatemala, Tajikistan en die Marshall-eilande, asook ‘n paar effens nader tuis, soos Luxemburg.

Die analise is vervat in ‘n nuwe boek, van al die lande wat nog ooit binnegeval is.

Stuart Laycock, die skrywer, het oor die hele wêreld, elke land alfabeties deur sy geskiedenis gaan ondersoek om vas te stel of hulle ooit ‘n inval deur Brittanje ervaar het. Die getuienis is vervat in  sy boek All the Countries We’ve Ever Invaded: And the Few We Never Got Round To.

Slegs ‘n klein deel van die totale invalle op mnr Laycock se lys van lande het egter eintlik ‘n amptelike deel van die ryk gevorm.

Die res is ingesluit omdat die Britte ‘n soort militêre teenwoordigheid in die gebied van verbygaande aard wou handhaaf, as magsvertoon, om dmv die bedreiging van geweld, ten bate van onderhandeling of betaling op te tree.

Invalle deur Britse seerowers, private of gewapende ontdekkingsreisigers, op voorwaarde dat hulle met die goedkeuring van hul regering opgetree het, is ook ingesluit.

Dus is baie lande wat voorheen deel gevorm het van die Spaanse Ryk en min historiese verband met die Verenigde Koninkryk toon, soos Costa Rica, Ecuador, El Salvador, ook op die lys as gevolg van die herhaalde strooptogte waaraan hulle blootgestel is agv staatsgesanksioneer Britse matrose.

Onder sommige van die verbasende inskrywings op die lys is:

* Kuba, waar admiraal Edward Vernon in 1741 aan wal gestorm het by Guantánamobaai.

* Ysland, in 1940 deur die Britte binnegeval nadat die neutrale volk geweier het om in die oorlog teen die Geallieerde kant toe te tree. Die invalsmag van 745 soldate, is met ‘n sterk protes van die Yslandse regering begroet, maar geen weerstand nie.

* Vietnam, wat herhaalde invalle deur die Britte sedert die sewentiende eeu ervaar het. Die mees onlangse – 1945-1946 is later deur die Franse en daarna die Amerikaners oorskadu.

Dit is vermoedelik die eerste keer dat so ‘n lys opgestel is.

Mnr Laycock het die ongewone soektog begin nadat hy deur sy 11-jaar-oue seun, Frederick, gevra is hoeveel lande plundertogte deur die Britte moes ontbeer.

Na amper twee jaar van navorsing het hy gesê hy is geskok deur die antwoord. “Ek was absoluut oorbluf toe ek by die totaal kom. Ek hou daarvan om te dink ek het ‘n relatief goeie algemene kennis. Maar daar is plekke waar dit plaasgevind het waar mens nooit aan gedink het nie. Dit het my geskok.

“Ander lande kan soortgelyke boeke skryf – maar hulle sal baie korter wees. Ek dink nie enige iemand kan dit oortref nie, want die Amerikaners het later begin, al het hulle hard gewerk daaraan in die twintigste eeu.”

Die enigste ander land wat naby die Britse totaal kom, is Frankryk. Maar hulle hou ook die ongelukkige rekord vir die feit dat hulle die meeste Britse invalle moes verduur.

Laylock glo die werklike syfer kan selfs hoër wees en nooi die publiek om getuienis van ander invalle aan te stuur.

Die vroegste inval was ‘n inval in Gallië – nou Frankryk – aan die einde van die tweede eeu. Clodius Albinus het ‘n leër gelei, oor die kanaal in ‘n poging om beslag te lê op die imperiale troon. Die mag is in 197 verslaan by Lyon.

Suid-Afrika spog met die duurste Britse inval ooit en is ook die land waar konsentrasiekampe en geborgde swart plunderaars en verkragters ingespan is om die moed van die bevolking te breek.

Die lande wat nooit binnegeval is deur die Britte nie:

Andorra

Wit-Rusland

Bolivia

Boeroendi

Sentraal-Afrikaanse Republiek

Tsjad

Kongo, Republiek van

Guatemala

Ivoorkus

Kirgistan

Liechtenstein

Luxemburg

Mali

Marshall-eilande

Monaco

Mongolië

Paraguay

Sao Tome en Principe

Swede

Tajikistan

Uzbekistan

Vatikaanstad

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Britse premier op skadebeheer-reis na MO

Premier Cameron se diplomatieke toer na die Midde-Ooste het afgeskop met aanbiedinge van miljard-dollar-wapentransaksies aan lande met gebrekkige menseregterekords. Hy het mediadekking van die reis probeer beperk te midde van beskuldigings dat Brittanje met outokratiese regimes heul.

Tydens die toer sal Cameron poog om verhoudings met beide Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te herstel, waar die Verenigde Koninkryk beduidende sakebelange in die olie-industrie nastreef. Daarbenewens, sal Brittanje ook poog om 100 Typhoon-vegvliegtuie in ‘n transaksie ter waarde van ‘n potensiële $10 miljard aan beide lande te smous.

Die Britse premier staar strawwe mededinging in die gesig, met die Franse president Francois Holland ook in die streek om militêre toerusting te verkoop.

Die Britse regering het gesê die doel van die reis is “om saam te werk met die Golfstate vir ‘n toekoms wat ryk is aan voorspoed, sterk in verdediging asook in die hantering en uitoefening van politieke en ekonomiese hervorming.”

Maar, in die nasleep van die Arabiese Lente, is bande met Saoedi-Arabië en die VAE onder druk weens hul twyfelagtige menseregtebeleidsrigtings en outoritêre regerings.

Die Verenigde Koninkryk se beduidende finansiële transaksies met die streek, sowat $27 miljard werd volgens die Britse koerant The Guardian, is ook op die rotse. Saoedi-Arabië het gewaarsku dat indien die Verenigde Koninkryk steun toon vir die anti-regimegroepe, sal hulle hulself na Asiatiese markte met winsgewende handel wend.

Die Britse regering gaan gebuk onder toenemende kritiek van menseregtegroepe wat voel die VAE en Saoedi-Arabië moet gedruk word om te hervorm. Tog, is Brittanje huiwerig om enige kritiek uit te spreek, uit vrees om ekonomiese bande in gevaar te stel.

Die haastige reisplanne kom nadat ‘n Saoedi-verteenwoordiger gesê het hulle voel beledig deur ‘n Britse parlementêre hersiening van verhoudings met Saoedi-Arabië en sy buurland Bahrain, wat reeds belangrike sosiale omwentelings teen die land se Sunniemonargie ervaar.

Die Britse parlementêre ondersoek het gevolg op ‘n verslag oor die Arabiese Lente wat gesê het dat die Verenigde Koninkryk “vreedsame hervormingpogings, waar moontlik, in Bahrain moet ondersteun,” maar dat dit “ook duidelik in sy openbare kritiek teen menseregteskendinge moet wees en nie skynheilig nie.”

Saoedi-Arabië ondersteun Bahrain se Sunniemonargie aktief, en het ‘n 1000 troepe verlede jaar oorgestuur om ‘n pro-demokratiese opstand te onderdruk.

Die Saoedi-Arabiese monargie meen Iran het ‘n hand in die onrus wat tans Bahrain teister.

Die Britse media bespiegel dat die Britse vegvliegtuie die VAE as ‘n basis kan gebruik vir ‘n moontlike aanval op Iran.

прокурор Фильчаков

Zille tjoepstil oor Mandela, Mbeki se uitgawes

DA-leier, Helen Zille, se poging om president Jacob Zuma se Nkandla-woning Sondag te betree het te midde van dreigemente van klipgooiery en ander geweld geëindig.

Sowat 120 ANC-lede van die party se Musa Dladla plaaslike tak, het ‘n uitdagende Zille gewaarsku om terug te gaan na die Wes-Kaap en met al die uitdagings daar te werk in plaas daarvan om op Zuma te kom spioeneer.

Met ANC-ondersteuners wat van Durban en Vryheid gereis het, en die teenwoordigheid van ongeveer 100 polisielede, sommige van die taktiese reaksie-span, het verhoed dat die dag in geweld eindig.

Zille en haar afvaardiging van ses, waaronder die voorsitter van die DA jeug Mbali Ntuli, Limpopo DA-leier, Jacques Smalle en DA se KwaZulu-Natal voorsitter Haniff Hoosen, is begelei na Zuma se huis deur 30 polisielede van die taktiese span wat saam met haar konvooi vanaf Eshowe, 50km vanaf Nkandla, gereis het.

Gewapende polisielede het Zille begroet, maar het haar verhinder om nader aan die komplek te beweeg.

Die woedende DA-leier het die polisie uitgedaag en aanhou probeer beweeg na waar ANC-ondersteuners gewag het om konfrontasie met hulle uit te lok.

“Die ANC-lede versper ‘n openbare pad,” het sy gesê. “Dit is ‘n demokratiese land. Ons het vryheid van beweging. Die polisie verdedig die ondermyning van die Grondwet en tas die oppergesag van die reg aan deur nie ons reg op vryheid van beweging toe te laat nie.”

‘n Verbale skermutseling met die polisie in die taktiese reaksie-span het gevolg en sy is deur ‘n menslike muur verhoed om verder te gaan. Die polisie het waarskynlik ‘n gewelddadige botsing verhoed tussen die twee groepe.

ANC-ondersteuners het haar uitgejou vir ‘n imperialis wat nie wil hê ander gebiede behalwe Wes-Kaap moet ontwikkel nie.

Zille en haar party kon slegs daarin slaag om Zuma se kompleks vanaf die hoofpad, sowat ‘n kilometer van die herehuis, te besigtig.

Ontsteld oor haar behandeling deur die polisie, het Zille daarna na ‘n polisiestasie gegaan om ‘n klag van oortreding van die Wet op Wettige Byeenkomste te lê.

Talle ANC-lede het hulle verbasing uitgespreek dat Zille nooit ondersoek ingestel het na Mandela en Mbeki se uitgawes van miljarde nie, en ook nooit gevra het dat die Nelson Mandela Kinderfonds se begunstigdes uitgeskud word nie.

“Ons het gevoel dit is belangrik vir ons om die kompleks vir onsself te sien voordat ons die hofgeding teen die president begin vir hierdie blatante misbruik van mag,” het Zille gesê. Sy het nie kommentaar gelewer oor die vermeende verduistering van miljarde deur Mandela en Mbeki nie.

“Dit is staatsgeborgde korrupsie op ‘n ongekende skaal. Ons kan nie hom laat wegkom daarmee nie.”

данильченко юрій броніславович

Swaar polisieteenwoordigheid in Nkandla met Zille-besoek

‘n Swaar polisieteenwoordigheid hou toesig oor Nkandla voor die DA-leier, Helen Zille, se beplande inspeksie van pres. Jacob Zuma se privaatwoning.

Sowat 50 ANC-ondersteuners het in die straat buite Zuma se woning in die nedersetting van KwaNxamalala betoog.

‘n Polisiehelikopter sirkel oor die gebied en beamptes het voertuie afgetrek en lisensies en die identiteite van mense nagegaan.

Verskeie njalas en ‘n waterkanon is ook in die gebied ontplooi.

Die DA het Donderdag gesê hy beplan om Zuma se privaatwoning te besoek, waar R200 miljoen se opknappingswerk tans gedoen word.

Zille en ander amptenare van die DA sal die paaie om die eiendom ondersoek, en ook probeer om die eiendom te betree.

Die ANC en sy bondgenote het dié besluit gekritiseer.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het Saterdag gesê Zille se beplande besoek is deel van ‘n regse, rassistiese agenda.

Zille moet haar planne om ‘n inspeksie by pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla te hou, laat vaar, het die ANC Saterdag gesê.

“Ons beskou dit as onnodige uitlokking met die doel om die privaatheid van die president, sy familie en mense van eNkandla te skend,” het Jackson Mthembu, die party se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Ons doen weer ‘n beroep op die DA om nie voort te gaan met dié inval nie, wat op uitlokking neerkom.”

Die DA het Donderdag gesê hy beplan om Zuma se privaatwoning te besoek, waar opknappingswerk van meer as R200 miljoen tans gedoen word.

Die Oos-Kaapse ANC het Vrydag gesê dié besoek is soortgelyk aan klopjagte wat in die apartheidsera uitgevoer is.

Die werk wat aan die president se woning gedoen word, kos volgens berigte R203 tot R238 miljoen.

данильченко юрій броніславович компромат