DA is party vir die wittes

Die Demokratiese Alliansie is die wittes se party, het die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, Saterdag gesê.

“Die DA is ‘n party van wit madams en bosses [wit base],” het Nzimande by die ANC se nominasievergadering in Durban, KwaZulu-Natal, gesê.

Nzimande het ook uitgevaar teenoor diegene wat sê daar is geen leierskap in die land nie.

“Mense wat sê daar is geen leierskap in Suid-Afrika nie, hulle praat vir die rykes.”

“Ek het nie geweet dat elektrisiteit aan ‘n modderstruktuur gekoppel kan word nie. Dit is die leierskap van die ANC wat dit laat gebeur,” het hy gesê.

Nzimande het gesê die ANC is die enigste party wat Suid-Afrika as ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese gemeenskap kan bou.

Hy het ook ‘n hou na die media gemik en gesê joernalisite is nie objektief in hulle berigte nie.

Лобановский

Gerwel leef nog

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media 24 en verskeie maatskappye en opvoedkundige trusts, is in ‘n kritieke toestand ná ‘n hartoperasie, het sy familie Maandag gesê.

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het ‘n verklaring namens die familie uitgereik.

“Ná mediaberigte dat professor Jakes Gerwel gesterf het, wil die Gerwel-familie bekend maak dat hy in ‘n kritieke toestand is ná ‘n hartoperasie in Kaapstad; die gerugte van sy dood is vals.

“Soos en wanneer dit nodig is, sal verdere inligting bekend gemaak word.”

Gerwel is in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal.

Gerugte het Maandag op Twitter versprei dat Gerwel weens ‘n beroerte gesterf het en huldeblyke is op die sosiale netwerk geplaas.

Daar is egter later bekend gemaak dat Gerwel nie oorlede is nie.

topcargo

Sweedse speelgoedketting doen weg met geslag

Een van die grootste speelgoedkettingwinkels in Swede het ‘n geslagslose Kersfeeskatalogus uitgestuur, een waarin seuns met poppe speel en meisies van speelgoedmasjiengewere hou. Die skuif het ‘n debat in Swede ontketen oor die korrekte plek van geslagsrolle.

Top Toy se Kersfeeskatalogus is in Denemarke en Swede vir beide Toys R Us en BR versprei. Hoewel die katalogusse se bladuitleg dieselfde in beide lande is, is die geslag van die kinders omgeruil in die Sweedse uitgawe.

“Met die nuwe geslag denke, is niks reg of verkeerd nie. Dit is nie ‘n seuns- of ‘n meisieding nie, dit is ‘n speelding vir kinders,” sê Top Toy se direkteur van verkope Jan Nyberg.

Die skuif is ‘n diepgaande verskuiwing in strategie vir Top Toy. In 2008, is die maatskappy gekritiseer deur die Sweedse advertensiewaghond Reklamombudsmannen (RO) vir die bevordering van verouderde geslagsrolle met katalogusse wat seuns as superhelde en meisies soos prinsesse voorstel.

Sedertdien het Top Toy sy strategie aangepas gebaseer op RO se raad.

“Ons het die katalogusse op ‘n heeltemal ander manier hierdie jaar aangepas,” het Nyberg gesê. “Ons het die afgelope paar jaar gevind dat die geslagsdebat so sterk in die Sweedse mark gegroei het dat ons … nodig gehad het om aan te pas.”

Swede is die frontlinie vir die geslagsdebat.

Sedert 2008, het die regering 110 miljoen Sweedse krone ($16.300.000) spandeer op die bevordering van geslagsgelykheid in skole, met inbegrip van die instelling van wette wat vereis dat onderwysers geslagstereotipes aktief teëwerk.

Die land het ook voorgestel dat ‘n nuwe enkelgeslag neutrale voornaamwoord “hen” ingstel word in die Sweedse taal, wat “hy” en “sy” sal vervang om “geslagstereotipering” tot ‘n minimum te beperk.

In Januarie 2012, het kinderskrywer Jesper Lundqvist se boek ‘Kivi en Monster Dog, gebruik gemaak van “hen”. ” Die skuif het gelei tot debat in Swede en in die wêreld oor die korrekte plek van geslagsrolle.

Elise Claeson, ‘n rubriekskrywer en ‘n voormalige gelykheidskenner op die Sweedse Konfederasie van Professies, beweer dat die gebruik van die woord “hen” ‘n voorbeeld van begrippe is van geslagsgelykheid wat te ver gaan.

Claeson argumenteer dat gemengde boodskappe oor hul geslag baie skadelik kan wees vir kinders: “Dit is belangrik om jou geslag te bevestig as ‘n kind. Dit beperk nie kinders nie, dit maak hulle vol vertroue oor hul identiteit,” het sy aan die Christian Science Monitor gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

SA se minderhede in Genève bespreek

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, vergesel deur mnr. Andre Fourie, Vryheidsfront Plus-stadsraadslid in Kaapstad, vertrek hierdie week na Genève Switserland om UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organization) se tweejaarlikse Kongres by te woon. Dr. Mulder is by die vorige kongres tot ‘n dagbestuurslid van die organisasie verkies.

Die VF Plus gaan terselfdertyd die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede, wat voor die kongres plaasvind, bywoon. Die Forum is deur die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte ingestel om spesifiek aandag aan etniese-, godsdienstige- en taalminderhede se probleme in die wêreld te gee.

Vanjaar se sitting van die Forum het as onderwerp die praktiese implementering van die VN se Verklaring oor die Regte van Persone wat deel is van minderhede. (Declaration on the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities – aangeheg.)

Daar word verwag dat die Forum meer spesifieke aandag aan minderhede in Afrika gaan gee aangesien die president van die VN se Menseregteraad vir me. Soyata Maiga as voorsitter van vanjaar se Forum aangewys het. Me Maiga is ‘n lid van die Afrika Kommissie vir Menseregte.

Die Forum vind op Dinsdag en Woensdag (27 en 28 November) in die Verenigde Nasies se hoofkantoor (Palais des Nations) in Genève Switserland plaas.

“Die Vryheidsfront Plus glo dat alle geleenthede om die posisie van minderhede in Suid Afrika internasionaal te bespreek, benut moet word,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. Daarom ondersteun die Vryheidsfront Plus ook die poging van Flip Buys, Michael le Cordeur, Henry Jeffreys en Koos Malan om die Afrikaanse taalkwessie by die Interparlementêre Kommissie van die Taalunie in Den Haag te gaan stel.

Die Vryheidsfront Plus het juis in Junie vanjaar suksesvolle gesprekke en samesprekings gevoer by die Europese Unie Parlement in Strasbourg met ‘n verskeidenheid van minderheidspartye. Die gesprekke het gegaan oor minderheidsregte soos taal en kultuur asook oor regstellende aksie en plaasmoorde in Suid-Afrika. Die VF beplan om hierdie sake nou weer in Genève onder die aandag van die internasionale gemeenskap te bring.

“Internasionaal erkende begrippe soos selfbeskikking, groeps-, gemeenskaps- en minderheidsregte is moderne politieke begrippe waaroor normale debat in veral Europa en die VN-raadsale gevoer word. In Suid Afrika word dit ongelukkig steeds deur groter politieke partye as polities nie-korrek afgemaak en met apartheid geassosieer,” volgens Mulder.

DR. PIETER MULDER

Kontaknommers: 082 674 6670; 082 777 0202; 082 472 0189

Office of the United Nations High Commissioner for Human Rights

Declaration on the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities

Adopted by General Assembly resolution 47/135 of 18 December 1992

The General Assembly.

Reaffirming that one of the basic aims of the United Nations, as proclaimed in the Charter, is to promote and encourage respect for human rights and for fundamental freedoms for all, without distinction as to race, sex, language or religion,

Reaffirming faith in fundamental human rights, in the dignity and worth of the human person, in the equal rights of men and women and of nations large and small,

Desiring to promote the realization of the principles contained in the Charter, the Universal Declaration of Human Rights, the Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide, the International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination, the International Covenant on Civil and Political Rights, the International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights, the Declaration on the Elimination of All Forms of Intolerance and of Discrimination Based on Religion or Belief, and the Convention on the Rights of the Child, as well as other relevant international instruments that have been adopted at the universal or regional level and those concluded between individual States Members of the United Nations,

Inspired by the provisions of article 27 of the International Covenant on Civil and Political Rights concerning the rights of persons belonging to ethnic, religious and linguistic minorities,

Considering that the promotion and protection of the rights of persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities contribute to the political and social stability of States in which they live,

Emphasizing that the constant promotion and realization of the rights of persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities, as an integral part of the development of society as a whole and within a democratic framework based on the rule of law, would contribute to the strengthening of friendship and cooperation among peoples and States,

Considering that the United Nations has an important role to play regarding the protection of minorities,

Bearing in mind the work done so far within the United Nations system, in particular by the Commission on Human Rights, the Sub-Commission on Prevention of Discrimination and Protection of Minorities and the bodies established pursuant to the International Covenants on Human Rights and other relevant international human rights instruments in promoting and protecting the rights of persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities,

Taking into account the important work which is done by intergovernmental and non-governmental organizations in protecting minorities and in promoting and protecting the rights of persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities,

Recognizing the need to ensure even more effective implementation of international human rights instruments with regard to the rights of persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities,

Proclaims this Declaration on the Rights of Persons Belonging to National or Ethnic, Religious and Linguistic Minorities:

Article 1

1. States shall protect the existence and the national or ethnic, cultural, religious and linguistic identity of minorities within their respective territories and shall encourage conditions for the promotion of that identity.

2. States shall adopt appropriate legislative and other measures to achieve those ends.

Article 2

1. Persons belonging to national or ethnic, religious and linguistic minorities (hereinafter referred to as persons belonging to minorities) have the right to enjoy their own culture, to profess and practise their own religion, and to use their own language, in private and in public, freely and without interference or any form of discrimination.

2. Persons belonging to minorities have the right to participate effectively in cultural, religious, social, economic and public life.

3. Persons belonging to minorities have the right to participate effectively in decisions on the national and, where appropriate, regional level concerning the minority to which they belong or the regions in which they live, in a manner not incompatible with national legislation.

4. Persons belonging to minorities have the right to establish and maintain their own associations.

5. Persons belonging to minorities have the right to establish and maintain, without any discrimination, free and peaceful contacts with other members of their group and with persons belonging to other minorities, as well as contacts across frontiers with citizens of other States to whom they are related by national or ethnic, religious or linguistic ties.

Article 3

1. Persons belonging to minorities may exercise their rights, including those set forth in the present Declaration, individually as well as in community with other members of their group, without any discrimination.

2. No disadvantage shall result for any person belonging to a minority as the consequence of the exercise or non-exercise of the rights set forth in the present Declaration.

Article 4

1. States shall take measures where required to ensure that persons belonging to minorities may exercise fully and effectively all their human rights and fundamental freedoms without any discrimination and in full equality before the law.

2. States shall take measures to create favourable conditions to enable persons belonging to minorities to express their characteristics and to develop their culture, language, religion, traditions and customs, except where specific practices are in violation of national law and contrary to international standards.

3. States should take appropriate measures so that, wherever possible, persons belonging to minorities may have adequate opportunities to learn their mother tongue or to have instruction in their mother tongue.

4. States should, where appropriate, take measures in the field of education, in order to encourage knowledge of the history, traditions, language and culture of the minorities existing within their territory. Persons belonging to minorities should have adequate opportunities to gain knowledge of the society as a whole.

5. States should consider appropriate measures so that persons belonging to minorities may participate fully in the economic progress and development in their country.

Article 5

1. National policies and programmes shall be planned and implemented with due regard for the legitimate interests of persons belonging to minorities.

2. Programmes of cooperation and assistance among States should be planned and implemented with due regard for the legitimate interests of persons belonging to minorities.

Article 6

States should cooperate on questions relating to persons belonging to minorities, inter alia, exchanging information and experiences, in order to promote mutual understanding and confidence.

Article 7

States should cooperate in order to promote respect for the rights set forth in the present Declaration.

Article 8

1. Nothing in the present Declaration shall prevent the fulfilment of international obligations of States in relation to persons belonging to minorities. In particular, States shall fulfil in good faith the obligations and commitments they have assumed under international treaties and agreements to which they are parties.

2. The exercise of the rights set forth in the present Declaration shall not prejudice the enjoyment by all persons of universally recognized human rights and fundamental freedoms.

3. Measures taken by States to ensure the effective enjoyment of the rights set forth in the present Declaration shall not prima facie be considered contrary to the principle of equality contained in the Universal Declaration of Human Rights.

4. Nothing in the present Declaration may be construed as permitting any activity contrary to the purposes and principles of the United Nations, including sovereign equality, territorial integrity and political independence of States.

Article 9

The specialized agencies and other organizations of the United Nations system shall contribute to the full realization of the rights and principles set forth in the present Declaration, within their respective fields of competence.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Separatiste vaar goed in Katalaanse verkiesing

Vier separatiste partye in Spanje se Katalonië lyk asof hulle saam ‘n meerderheid in die plaaslike verkiesings van Sondag gaan inpalm, het voorlopige resultate getoon, maar die belangrikste party sal waarskynlik ‘n paar setels verloor, wat moontlik sy poging om ‘n onafhanklikheid referendum uit te roep sal ondermyn.

Met die helfte van die stemme getel, het die regerende ICB’s, 48 setels in die 135-setel plaaslike parlement ingepalm, minder as sy huidige 62 setels.

Die separatiste ERC het 20 setels, met twee ander kleiner separatistiese partye wat ‘n totaal van 16 setels gewen het, wat die vier partye op 60 persent steun tussen hulle bring.

President Artur Mas van ICB’s, het ‘n belofte om ‘n referendum te hou oor onafhanklikheid gemaak, in reaksie op ‘n toenemende separatiste koors onder Katalane wat gefrustreerd is met ‘n diep ekonomiese krisis in Spanje. Katalonië is ‘n baie welvarende streek.

Meningspeilings het voorspel dat die ICB’s 62 of meer setels in die plaaslike Parlement sal behou en dat al vier separatiste partye meer as twee-derdes van die setels sal wen. Nie een van dié vooruitskattings is egter bevestig in die vroeë uitslae nie.

Sonder die sielkundige steun van ‘n twee-derde meerderheid, het ontleders gespekuleer, kan dit moeilik wees vir Mas om die grondwet en die sentrale regering in Madrid uit te daag en te probeer om ‘n referendum oor onafhanklikheid te hou.

Opkoms by die stembus was baie hoog met 68 persent, 10 persentasiepunte hoër as in die vorige verkiesing twee jaar gelede.

Met meer mense as Denemarke en ‘n ekonomie wat amper so groot soos Portugal s’n is, het Katalonië ook het ‘n eie taal. Soos Baske, beskou Katalane hulself as apart van die res van Spanje.

Groeiende Katalaanse separatisme is ‘n groot uitdaging vir die Spaanse premier Rajoy. Mas is bekeer na separatisme nadat duisende inwoners in September die strate ingevaar het om onafhanklikheid van Spanje te eis.

Tot onlangs Mas was ‘n gematigde nasionalis wat Spanje onder druk geplaas het om aan Katalonië meer self-regerende magte te gee. Hy is deur die groeiende nasionalisme onder inwoners na ‘n meer radikale separatisme gedwing, maar dit is nie duidelik dat hy wel ‘n referendum sal hou nie.

Baie Katalanen is woedend dat Rajoy geweier het om ‘n nuwe belastingooreenkoms te onderhandel met hulle grootliks self-regerende streek. Jaarliks ​​word ‘n geraamde 16 miljard euro ($21 miljard) in belasting betaal in Katalonië, sowat 8 persent van sy ekonomiese uitset, wat nie terug na die streek kom nie.

Tuiste van motorfabrieke en banke wat ‘n vyfde van Spanje se ekonomiese welvaart genereer, en die geboorteplek van die surrealistiese skilder Salvador Dali en argitek Antoni Gaudi, het die streek ook een van die wêreld se mees suksesvolle sokkerklubs, FC Barcelona.

топкарго развод

Jasser Arafat se oorskot ondersoek

Palestynse amptenare het gesê hulle sal volgende week Jasser Arafat se lyk opgrawe om vas te stel of hy met ‘n radioaktiewe isotoop vergiftig is.

Dié omstrede aankondiging kom nadat ‘n groep internasionale deskundiges in Ramallah aan die Wesbank byeengekom het om monsters van die oorskot van die Paelstynse leier se beendere en klere te neem.

“Die graf sal oopgemaak word en deskundiges sal weefselmonsters neem…” het Tawfiq Tirawi aan verslaggewers gesê.

Hy sê die proses is noodsaaklik om vas te stel of aantygings dat Israel die Palestynse leier vergiftig het, die waarheid is.

Arafat het in 2004 in Parys, Frankryk, gesterf. Volgens sy mediese rekords is hy aan ‘n beroerte oorlede.

александр лобановский харьков

‘Net nog ‘n gekkespul en mislukte Afrika-rewolusie’

Die ANC kan by Cosatu leer hoe om ‘n suksesvolle nasionale kongres te bestuur, het die vakverbond gesê.

“Die ANC kan by Cosatu leer. In die aanloop tot ons kongres… was die media oorspoel met ongegronde voorspellings van gevegte en verdeeldheid en selfs bloed op die vloer,” het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakverbond, by ‘n Daily Maverick-konferensie gesê.

“Op die ou end het die werkers se parlement meer verenig as ooit te vore uitgekom…met ‘n onbetwiste leierskap.”

“Drie weke weg, ek bedoel. Ek wens dit [die konferensie] was weg,” het hy geskerts.

Vavi het gesê kritieke kwessies soos armoede, ongelykheid, die stand van onderwys en gesondheid het nog nie reggestel is sedert die land in 1994 demokratiese geword het.

“Hoe wens ek elke liedjie, elke gedig, elke bespreking in elke politieke party en die die burgerlike samelewing sal liewer handel oor hierdie ontvouende tragedie.

“Hoe wens ek dat die ANC-afgevaardigdes na sy 53ste nasionale konferensie in Mangaung sal besig wees met die beantwoording van die sentrale vraag van vandag.”

Hy het gesê die meeste ANC-lede is bloot besig om te sing oor die party se leierskap in die aanloop tot die konferensie.

“Ek doen ‘n beroep op die ANC-afgevaardigdes, die regering en besigheid om te gaan stilstaan en op te hou luister na graderingsagentskappe, maar eerder te luister na wat die myn- en die plaaswerkers en die mense in die straat sê.”

Hy het bygevoeg die ANC moet wegbeweeg daarvan om as die Absolutely No Consequences-party bekend te staan, en moet eerder daarop fokus om weer die African National Congress te word.

“As Suid-Afrika voortgaan om te verswak … sal [ons] nie net die grap van die wêreld wees nie, maar net nog ‘n gekkespul soos ander Afrika-lande. Nog ‘n voorbeeld van ‘n mislukte rewolusie.”

 

лобановский класс

Europa wil militêre eenheid uitbou

Die Europese Parlement het vir ‘n besluit gestem waarvolgens nasionale weermagte hul slaankrag moet opskerp. Die EU glo dat ekonomiese ondergang nie ‘n verskoning moet bied om verdediging en veiligheidspogings te demp nie.

Parlementslede in Brussel het ‘n resolusie goedgekeur dat die EU moet reageer op groeiende geostrategiese veranderinge en bedreigings vir globale veiligheid en ten volle gebruik maak van alle bestaande hulpbronne, waaronder ook militêre hulpbronne, om vrede en veiligheid vir sy burgers te verseker.

Dit beteken dat ‘n nuwe EU- operasionele hoofkwartier in die vooruitsig gestel word, en dat Brussel die gesag sal hê om by verskillende krisisse betrokke te raak – met inbegrip van wat hulle “hoë-intensiteitkonflikte” noem; andersins bekend as oorloë.

Dit is ‘n kwessie van sakebelange ook. Europese LP’s het beklemtoon dat die opbou van Europa se vermoëns ‘n reddingsdaad sal wees en selfs werk deur die kanalisering van meer beleggings na die militêre nywerheid sal skep.

Nie al die EU-lidlande is gelukkig oor die planne nie. Die meer ambisieuse gemeenskaplike EU- buitelandse en veiligheidsbeleid kan Brittanje tussen Scylla en Charybdis laat. Die VK kan in militêre veldtogte beland waarby hulle geen belang het nie.

David Campbell-Bannerman van die Britse Konserwatiewe Party het die skuif veroordeel. Bannerman het aan RT gesê dat Brussel inbreuk maak op die soewereiniteit van sy lede, met Brittanje wat ​​beheer van sy eie verdedigings- en veiligheidsbesluite abdikeer.

“Dit maak regtig inbreuk op die nasionale verantwoordelikhede vir verdediging,” het Bannerman gesê. “En dan sê hulle die EU kyk na sy burgers. Dit is ‘n direkte aanval op soewereiniteit soos ek dit sien.”

Bannerman glo die skuif gaan werklik oor politiek, eerder as verdediging. “Dit gaan eintlik oor die bevordering van ‘n Verenigde State van Europa, want hulle wil ‘n enkele weermag, ‘n enkele verdedigingsbedryf hê, want dit is deel van hul buitelandse beleid.”

“Hulle wil betrokke raak in hoë-intensiteitskonflikte, dis die terminologie, en dit beteken oorlog na my terminologie,” verduidelik hy. “Hulle wil eintlik dat die EU betrokke raak in oorloë en ons soldate en ons vloot in hierdie soort van konflikte instuur – en dit is nie aanvaarbaar nie.”

прокурор харьковской области

Onwettige immigrante: Werkgewers gewaarsku

Die departement van binnelandse sake het werkgewers Donderdag gewaarsku oor die indiensneming van onwettige immigrante.

“Dit is onwettig en teen die gees van ons Wet op Immigrasie om buitelanders, wat sonder die nodige dokumente onwettig in die land is, aan te stel,” het Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die departement, in ‘n verklaring gesê.

Die departement het reageer op ‘n versoek deur Cosatu en die aktivistegroep People Against Suffering, Oppression and Poverty (Passop) om immigrant-plaaswerkers in die Wes-Kaap amnestie van drie maande te gun.

“Die twee partye het glo ‘n beroep op minister [Naledi] Pandor gedoen om die amnestie vir drie maande, veral vir werkers van Lesotho, te verleng.”

Pandor het nog nie ‘n amptelike versoek van die twee organisasies ontvang nie.

Passop en Cosatu het gesê die amnestie sal ernstige bloedvergieting en spanning tussen die immigrante en Suid-Afrikaanse werkers verhoed.

Betogings oor lone en lewensomstandighede het vroeër vandeesmaand in De Doorns begin en na 15 ander dorpe in die Wes-Kaap uitgekring.

Plaaswerkers wat tussen R69 en R75 per dag verdien, eis ‘n daaglikse loon van R150.

Apleni het ‘n beroep op werkgewers gedoen om te verseker dat hul werknemers by die departement van arbeid geregistreer is.

лобановский харьков класс

Hof kan nie parlement rig nie, sê regter Davis

Regter Dennis Davis het gesê daar is tekortkominge in die reëls van die Nasionale Vergadering, maar het bevind dat die hof nie kan inmeng by die parlement se bedrywighede nie.

Davis het Donderdagmiddag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die DA se aansoek verwerp om die speaker van die parlement te dwing om ‘n debat te skeduleer oor die mosie van wantroue teen pres. Zuma.

Die hof het Dinsdag dié aansoek aangehoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om die debat te skeduleer.

Die aansoek vir die dringende interdik is verlede Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n groep opposisiepartye ingedien.

Die ANC het vroeër gesê hy is bereid om die mosie van wantroue in Februarie in die parlement te debatteer, het RSG Woensdag berig.

Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het gesê dit sal ná die president se staatsrede gedoen word.

лобановский александр досье