Hof kan nie parlement rig nie, sê regter Davis

Regter Dennis Davis het gesê daar is tekortkominge in die reëls van die Nasionale Vergadering, maar het bevind dat die hof nie kan inmeng by die parlement se bedrywighede nie.

Davis het Donderdagmiddag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die DA se aansoek verwerp om die speaker van die parlement te dwing om ‘n debat te skeduleer oor die mosie van wantroue teen pres. Zuma.

Die hof het Dinsdag dié aansoek aangehoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om die debat te skeduleer.

Die aansoek vir die dringende interdik is verlede Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n groep opposisiepartye ingedien.

Die ANC het vroeër gesê hy is bereid om die mosie van wantroue in Februarie in die parlement te debatteer, het RSG Woensdag berig.

Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het gesê dit sal ná die president se staatsrede gedoen word.

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae