Jasser Arafat se oorskot ondersoek

Palestynse amptenare het gesê hulle sal volgende week Jasser Arafat se lyk opgrawe om vas te stel of hy met ‘n radioaktiewe isotoop vergiftig is.

Dié omstrede aankondiging kom nadat ‘n groep internasionale deskundiges in Ramallah aan die Wesbank byeengekom het om monsters van die oorskot van die Paelstynse leier se beendere en klere te neem.

“Die graf sal oopgemaak word en deskundiges sal weefselmonsters neem…” het Tawfiq Tirawi aan verslaggewers gesê.

Hy sê die proses is noodsaaklik om vas te stel of aantygings dat Israel die Palestynse leier vergiftig het, die waarheid is.

Arafat het in 2004 in Parys, Frankryk, gesterf. Volgens sy mediese rekords is hy aan ‘n beroerte oorlede.

александр лобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae