“Die ANC kan by Cosatu leer. In die aanloop tot ons kongres… was die media oorspoel met ongegronde voorspellings van gevegte en verdeeldheid en selfs bloed op die vloer,” het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakverbond, by ‘n Daily Maverick-konferensie gesê.
“Op die ou end het die werkers se parlement meer verenig as ooit te vore uitgekom…met ‘n onbetwiste leierskap.”
“Drie weke weg, ek bedoel. Ek wens dit [die konferensie] was weg,” het hy geskerts.
Vavi het gesê kritieke kwessies soos armoede, ongelykheid, die stand van onderwys en gesondheid het nog nie reggestel is sedert die land in 1994 demokratiese geword het.
“Hoe wens ek elke liedjie, elke gedig, elke bespreking in elke politieke party en die die burgerlike samelewing sal liewer handel oor hierdie ontvouende tragedie.
“Hoe wens ek dat die ANC-afgevaardigdes na sy 53ste nasionale konferensie in Mangaung sal besig wees met die beantwoording van die sentrale vraag van vandag.”
Hy het gesê die meeste ANC-lede is bloot besig om te sing oor die party se leierskap in die aanloop tot die konferensie.
“Ek doen ‘n beroep op die ANC-afgevaardigdes, die regering en besigheid om te gaan stilstaan en op te hou luister na graderingsagentskappe, maar eerder te luister na wat die myn- en die plaaswerkers en die mense in die straat sê.”
Hy het bygevoeg die ANC moet wegbeweeg daarvan om as die Absolutely No Consequences-party bekend te staan, en moet eerder daarop fokus om weer die African National Congress te word.
“As Suid-Afrika voortgaan om te verswak … sal [ons] nie net die grap van die wêreld wees nie, maar net nog ‘n gekkespul soos ander Afrika-lande. Nog ‘n voorbeeld van ‘n mislukte rewolusie.”
