Ramphele gaan Zille troef

Die bekendstellingsdatum van Mamphela Ramphele se politieke party kan volgende Dinsdag wees en president Jacob Zuma se opening van die Parlement volgende Donderdag oorskadu, hoop haar ondersteuners.

Nuus van haar politieke party het in sekere akademiese kringe groot opgewondenheid gaande, met dosente en intellektuele popelend oor die vooruitsigte dat volgende jaar se algemene verkiesing iets nuuts gaan oplewer.

Dit sal egter ‘n groot slag vir Helen Zille wees, wat haar steunbasis sal sien verkrummel.

Terwyl 2014 gesien word as die eerste stap van die party om die politieke landskap te verander, word die 2016 munisipale verkiesings beskou as ‘n ware geleentheid om kiesers oor te haal.

Die aanvanklike plan is dat Ramphele lei, en dan oorhandig aan ‘n jonger span vir die 2019-verkiesing.

Haar raadgewersr wou nie bevestig of die datum Woensdag is nie, en sê dit sal “binnekort” plaasvind.

Die bekendstelling is aanvanklik beplan vir die Universiteit van Pretoria, maar die plek is intussen verander na Constitution Hill, het ‘n bron naby aan Dr Ramphele gesê. Die UP was glo nie te vinde vir die idee nie.

Woensdag by die Mynbou-indaba in Kaapstad, het sy net aan verslaggewers gesê, om “geduldig te wag”.

Ramphele het baie vriende in die wêreld van mynbou. Sy was op die direksie van Anglo Gold tussen 2006-2012, voor die aankondiging van haar bedanking op 25 Julie 2012, oënskynlik om “haar pogings om te konsentreer op haar onderwys-en maatskaplike belange”.

Sy is egter steeds nie-uitvoerende direkteur en voorsitter van die direksie van Gold Fields.

Dit wil voorkom asof Ramphele die meeste van haar “idees” verbatim oorgeneem het uit Gunter Pauli se boek The Blue Economy, 2012. Pauli is ‘n Belgiese entrepreneur.

данильченко юрій Харків

Olifante by die duisende uitgewis

Stropers meer as 11000 olifante in die Minkebe Nasionale Park reënwoud sedert 2004 uitgewis, het die Gaboen-regering Dinsdag gesê.

Die bloedbad is aangevuur deur die toenemende vraag na ivoor in Asië.

Gaboen is die tuiste van ongeveer die helfte van die wêreld se ongeveer 100,000 bos olifante, die kleinste spesie van die olifant, uiters gesog vir ivoorhandelaars as gevolg van hulle harder en reguit tande.

‘n Studie deur Gaboen se regering, saam met die World Wildlife Fund en die Wildlife Conservation Society, het bevind dat twee-derdes van die bosolifante in Minkebe park uitgewis is sedert 2004.

“As ons nie hierdie situasie vinnig omkeer nie, is die toekoms van olifante in Afrika in gevaar,” het Lee White, uitvoerende sekretaris van Gaboen se nasionale parke-agentskap, gesê.

Die Presidensie van die land sê stropers het geheime kampe in die reënwoud. Hulle ontduik klein ontplooiings van parkopsigters maar laat verrotte olifant-karkasse agter.

‘n Park-amptenaar het gesê die meeste van die stropers is van die die naburige Kameroen, waar die regering weermag-helikopters en honderde troepe ontplooi het om sy olifant bevolking te beskerm.

Александр Фильчаков прокурор

Die lewe van die stinkryk metropolisiekonstabel

In 2008, was Sbu Mpisane die enigste Durbanse metropolisiekonstabel wat by die werk aangekom het in ‘n Lamborghini.

Dit was maar een van ‘n vloot van peperduur rygoed wat buite die multimiljoenrand-herehuis geparkeer gestaan het.

Hoe kon Mpisane ‘n Lamborghini, twee Maseratis, ‘n Rolls-Royce en ‘n Ferrari, ‘n R20-miljoen herehuis in La Lucia en ontwerpersklere op ‘n bruto salaris van R15000 bekostig?

Danksy Shauwn, die dogter van die voormalige anti-apartheid aktivis Florence Mkhize, kon Mpisane uitspattig leef. Haar bedryf, Zikhulise Cleaning, onderhoud en transport, het tenders ter waarde van miljoene rande van die munisipaliteit en die KwaZulu-Natal bekom.

Hulle saketransaksies strek so ver terug as 1997, toe hulle ‘n tender van die provinsiale departement van behuising gekry het. Die departement het later die projek aan die munisipaliteit oorhandig, met die voorbehoud dat die paartjie behou word as kontrakteurs.

Die Mpisanes het kontrakte ter waarde van meer as R300-miljoen bekom ten spyte van klagtes van slordige vakmanskap in die bou van laekoste-huise in Umlazi, en Shauwn se BTW-bedrog skuldigbevinding in 2005.

Ten spyte van hul regsprobleme, het die egpaar nie hul spandabelrige leefwyse verander nie. In Maart 2011, het hulle ten minste R1 miljoen op twee partytjies uitgegee om 180 gaste op duur sjampanje, soesji en oesters te trakteer om Sbu Mpisane se verjaarsdag en hul huweliksherdenking te vier.

Die twee het glo dikwels in hul uitspattige ontwerpersuitrustings per helikopter opgedaag by geleenthede.

Advokaat Wim Trengove, ‘n bekende in ANC-kringe, het vir Mpisane opgetree. Hy het aan die hof gesê dat indien die staat voortgaan om uitstel te vra, dit sy kliënt sal benadeel weens die regskoste.

Een van Shauwn se werknemers in die hof het saamgestem. Sy het saggies gefluister: “Sy sal arm word.”

Фильчаков прокуратура харьков

Van armlastig tot multimiljoenêr

‘n Man wat eers R750 per maand verdien het, is nou ‘n multimiljoenêr.

‘n 54-jarige man van KwaZulu-Natal het in die Lotto-trekking van 19 Januarie bykans R6,5 miljoen gewen met sy R20-kaartjie, het Thembi Tulwana, woordvoerder vir die nasionale lotery-operateur Gidani, Woensdag gesê.

Nadat hy verneem het hy het gewen, het die man, wat normaalweg ‘n inkomste verdien deur los werkies te verrig, die kaartjie in sy skoen weggesteek.

Die eerste persoon wat hy daarvan vertel het, was sy neef.

Hy het aan Lotto-amptenare gesê hy wil sy beskeie lewenswyse behou en ‘n huis vir sy kinders bou.

Volgens hom het hy gedroom dat hy eendag die Lotto sou wen en dat hy altyd dieselfde nommers gespeel het.

‘n Tweede wenner in dieselfde trekking het nog nie vore gekom nie.

Die wennommers was 7, 15, 23, 28, 29, 49 en die bonus-bal was nr. 2.

Die Lotto-plus se wennommers was 13, 18, 23, 27, 32, 46 en die bonus-bal was nr. 22.

Александр Фильчаков

Smokkelsindikaat se rug gebreek

Vier mans wat met ‘n sigaret-smokkelsindikaat verbind is, is in Midrand en Centurion in hegtenis geneem, het die Valke Woensdag gesê.

Die mans is aangekeer nadat die polisie Dinsdag ‘n klopjag by ‘n pakhuis in Modderfontein, Ekurhuleni, uitgevoer het. Sigarette ter waarde van R4 miljoen is gekonfiskeer, het ‘n polisiewoordvoerder, kapt. Paul Ramaloko, gesê.

“Ons het die rug van ‘n reuse-smokkelsindikaat gebreek. Sowat 8 000 liter etanol, wat ‘n halfmiljoen rand werd is, is ook in die klopjag gevind. Dit word gebruik om onwettige alkohol te vervaardig.”

Die mans, wat tussen 40 en 50 jaar oud is, sal na verwagting Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Александр Фильчаков Васильевич

Duisende plaaswerkers afgedank

Minstens 2 000 plaaswerkers het Woensdag afleggingskennisgewings ontvang, het Business Day Donderdag berig.

Dié afleggings kom te midde van die implementering van ‘n nuwe minimumloon en kruipende meganisasie.

Ontleders waarsku dat nóg duisende plaaswerkers hul poste kwyt kan wees wanneer die nuwe loonverhoging aan die begin van volgende maand in werking tree, het die koerant verder berig.

Jim Rankin, sekretaris van die Landbou Masjienerie-vereniging, het aan die koerant gesê hy het verwag dat boere, “in die lig van die afgelope ses maande”, meer op meganisasie sou fokus.

Die afgelope ses maande het werkers gestaak en vakbonde het groot loonverhogings geëis.

Intussen het die departement van arbeid het Woensdag gesê sukkelende boere het nog nie aansoek gedoen om kwytskelding van die minimum loon nie. ‘n Woordvoerder van die departement het gesê geen boere het nog na vore gekom nie.

Boere wat in aanmerking wil kom vir die kwytskelding, moet hul finansiële state aan die departement voorlê.

Vroeër vandeesweek is honderde plaaswerkers in Limpopo afgelê.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het vroeër die week die nuwe minimumloon van R105 vir plaaswerkers aangekondig.

Фильчаков прокуратура харьков

DRK-rebelle: Polisie ondersoek nog identiteite

Die Instituut vir Sekerheidstudies het die regering gemaan om te let op wie die land binnekom. Dit volg op die inhegtenisneming gister van 19 vermeende rebelle van die Demokratiese Republiek van die Kongo in Limpopo.

Hulle word daarvan verdink dat hulle saamgesweer het om die regering van die DRK omver te werp. Die Instituut meen dat grensbeheer verbeter behoort te word.

Die verdagtes sal waarskynlik aangekla word van oortredings van die Wet op die Verlening van Buitelandse Militêre Bystand.

Die polisie in Limpopo probeer steeds om die 19 rebelle wat daarvan verdink word dat hulle saamgesweer het om die bewind in die Demokratiese Republiek van die Kongo omver te werp, se identiteite vas te stel.

Lede van die polisie se teenterreureenheid het Dinsdag die verdagtes aangekeer. Hulle het gereageer op ‘n wenk deur die publiek.

Die rebelle is volgens die radiostasie op verskeie plekke aangekeer en het geen weerstand gebied nie.

Die polisie werk tans om hulle met spesifieke rebelle-aktiwiteite in die DRK te verbind.

лобановский александр игоревич класс

Sterwende, wit kankerpasiënt ‘was by haar volle positiewe toe sy verkrag is’

Die saak teen ‘n manlike verpleër, Kadisang Michael Moema (33), wat aangekla word vir die verkragting van ‘n kankerpasiënt, Magda Lombard (51), het weer in die Vrystaatse Hooggeregshof hervat. Lombard het in Oktober 2011 beweer Moema het haar verkrag terwyl sy ‘n pasiënt in die Universitas Onkologie-eenheid was wat op Nasionale Hospitaal se gronde geleë is. Volgens Lombard het ‘n swart verpleegster Moema gehelp deur haar vas te druk. Sy kon egter nie die verpleegster later tydens foto-identifikasie uitken nie, maar het wel vir Moema uitgewys.

‘n Hospitaalsuster wat die betrokke dag saam met met Moema aan diens was, Patricia Peterson, het vandag in die hof getuig dat die twee verdagtes die dag ná die beweerde verkragting na Lombard se kamer geneem is as ‘n eksperiment. Lombard het geen negatiewe reaksie getoon nie, selfs nadat hulle haar hanteer het. Moema se regsverteenwoordiger, Advokaat Pieter Nel, het beklemtoon dat Lombard op sterk medikasie was, insluitend morfien en ‘n sterk slaapmiddel, en dat haar kalium-vlakke abnormaal laag was, wat die waarskynlikheid daarstel dat sy nie by haar volle verstand was nie. Peterson het dit ontken en gesê Lombard was by haar volle positiewe, alhoewel sy baie geslaap het. Sy het egter genoem dat Lombard soms geluide gehoor het soos ‘n baba wat huil en dat sy aan Peterson gesê het sy “kan voel dat sy deurmekaar raak.”

Kaptein Francois Laux, ‘n lid van die Valke, het ook sy beurt in die getuiebank gehad. Hy het vertel dat Lombard aan hom gesê het sy is vroeg Saterdagoggend (15 Oktober) verkrag en dat die twee verdagtes haar na die verkragting gewas het. Lombard se verstand was heeltemal helder tydens sy ondervraging, het hy gesê. Die ondersoekbeampte, Arlene Snyman, het ook getuig dat Lombard nie deurmekaar was toe sy haar verklaring gelewer het nie. Volgens haar kon Lombard selfs fisieke kenmerke soos letsels aan die vroulike verpleegster se gesig onthou.

‘n Mediese ondersoek is op Lombard gedoen en monsters is na die polisie se forensiese laboratorium in Pretoria gestuur. Sy is op 18 November 2011 in ‘n privaathospitaal dood. Die saak sal môre voortgaan. ‘n DNA-deskundige, asook Lombard se onkoloog sal na verwagting getuig.

лобановский александр игоревич

ANC-besluit teen stakende onderwysers verwelkom

Die Nasionale Kongres van Skoolbeheerliggame, die NCSGB, het die ANC se besluit verwelkom om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar.

Die sekretaris-generaal van die organisasie, Monokoane Hlobo sê daar was verlede jaar tydens hulle beleidskonferensie ‘n besluit dat die regering versoek moet word om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar.

Hy sê die besluit is selfs aan die ANC gestuur met die oog op sy kongresse verlede jaar. Die ANC het die besluit om onderwys ‘n noodsaaklike diens te maak, vroeër die week by ‘n vergadering van sy NUK geneem.

Verskeie onderwysvakbonde, waaronder Sadou, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en Nehawu het reeds hulle teenkanting teen die plan uitgespreek.

Nog onderwysvakbonde het die ANC se plan gekritiseer om onderwys as noodsaaklike diens te verklaar. Die grootste onderwysvakbond Sadou het hom reeds teen die plan uitgespreek, nadat die regerende party die besluit op sy afgelope Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering geneem het.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sê die voorstel is strydig met plaaslike en internasionale definisies van noodsaaklike dienste.

Die SAOU sê ingevolge die definisie van die Internasionale Arbeidsorganisasie verwys noodsaaklike dienste na die beroepe waar lewe of dood ter sprake kom indien dienste weerhou word.

Die vakbond Nehawu sê alle partye in die onderwyssektor moet samesprekings voer met die ANC sodat die voorstel duidelik uiteengesit kan word. Vroeër het jeugorganisasies wat hulle by die ANC skaar, hulle ook teen die planne uitgespreek.

Die Progresiewe Jeugalliansie, wat organisasies soos die ANC-jeugliga, die Jong Kommunisteliga, die Suid-Afrikaanse Studentekongres, SASCO, en die Jong Christenstudente insluit, het by die ANC se hoofkantoor in Johannesburg vergader om oor sake van openbare belang te besin.

Die besluit om onderwys as ‘n noodsaaklike diens te verklaar, sal beteken dat leerkragte nie mag staak nie.

Фильчаков прокурор харькова

Afriforum is nie ‘n ‘wit, Afrikaanse organisasie nie’

Die swart Rabelani Dagada sê die Afriforum bied ‘n platform vir diegene wat wil veg teen nuwe vorms van rassisme

Hy het glo min respek vir rasgebaseerde organisasies soos die Black Management Forum en die Afrikaner Boerderbond, veral gedurende hierdie era van ‘n demokratiese bestel. Hy het daarom ‘n paar maande gelede by AfriForum aangesluit, wat volgens hom verkeerdelik beskou word as ‘n “wit, en spesifiek ‘n Afrikaanse, organisasie”.

Indien AfriForum werklik ‘n uitsluitlik wit organisasie was sou hy nie aangesluit het nie, sê hy. Hy voel die regerende party, die African National Congress (ANC), en sy regering, het hul nie-rassige beginsels prysgegee.

Hulle het die ideologie van Nelson Mandela verraai van “Ek het teen wit oorheersing gestry, en ek het teen swart oorheersing gestry”. Suid-Afrika is nie meer ‘n demokratiese en vrye samelewing waarin alle mense in harmonie saamleef met gelyke geleenthede soos Mandela wou hê nie.

Lees verder

Фільчаков Олександр Васильович прокурор