Vrou vanuit plaashuis ontvoer

‘n Boervrou is ontvoer vanaf ‘n plaas naby Ohrigstad. Die 46-jarige mev. Hennielene Botha is mede-eienaar van ‘n jagkamp op die plaas en is in haar eie motor deur die vier aanvallers ingedwing en ontvoer.

Haar man, Albert, wat saam met haar die Iketla-jagkamp op die plaas besit, was besig om na gaste om te sien toe die voorval plaasgevind het. Afgesien van die ontvoering, het die aanvallers selfone, tjekboeke en bankkaarte gesteel.

Volgens mnr. Cor Cross, ‘n lid van die plaaslike boerevereniging, is Botha omstreeks 22:30 Saterdagnag oorval in haar huis wat omtrent 100 meter van die jagkamp geleë is.

Cross het gesê dat daar geen bloed in die huis gevind is nie. Plaaswerkers het blykbaar die vier verdagtes met mev. Botha sien wegry in haar silwer Toyota Corolla, registrasienommer BMN 559L.

Die boerevereniging het ‘n intensiewe soektog na mev. Botha en haar ontvoerders geloods en ‘n polisiehelikopter is ook ingespan.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийДанильченко Юрий Брониславович компромат

Onwettige Mosambiekers gerepatrieer

8000 Mosambiekse burgers wat onwettig in Suid-Afrika woon is in Maart teruggestuur huistoe. Dit is een van die hoogste aantal onwettiges in een maand sedert Suid-Afrika en Mosambiek ‘n visumooreenkoms bekragtig het in April 2005.

Hiervolgens is visums nie langer ‘n voorvereiste tussen dié twee buurlande nie indien reisigers hou by die perk van 30 dae.

‘n Woordvoerder van die Ressano Garcia-grenspos het bevestig dat 8 017 onwettige Mosambiekers deur die pos gerepatrieer is gedurende Maart. In Februarie is 3 577 onwettige burgers gerepatrieer.

Mosambiek het in dieselfde tydperk 16 onwettige Suid-Afrikaners teruggestuur.

стоимость ремонта квартиры за м2Данильченко Юрий отзывы

Dodelike Paasnaweek

Die Paasnaweek was tot dusver dodelik op die land se paaie. Volgens ‘n woordvoerder van Netcare 911 het dit sedert Donderdagoggend voertuie na 334 motorongelukke en 44 botsings met voetgangers dwarsdeur Suid-Afrika uitgestuur.

‘n Woordvoerder, Nick Dollman, het gesê dat in een van die ongelukke op Sondag is ‘n volwassene dood en 17 mense beseer toe ‘n minibustaxi en ‘n motor op Kliprivierrylaan by die R59-kruising in Alberton gebots het.

‘n Tweejarige dogtertjie is op noodlewensondersteuning geplaas voordat sy deur die Netcare 911-helikopter na die Johannesburgse hospitaal vervoer is.

Die ongeluk is deur Netcare 911, die provinsiale ambulansdiens en die verkeersowerheid gehanteer.

websiteлобановский харьков

Jake White vir Engeland?

Engeland kan nog steeds ‘n White-span word as die voormalige Springbok-afrigter sy sin kry. Jake White sê om die Engelse rugbyspan te brei is die enigste afrigterspos waarin hy belangstel.

Hy sê die Engelse manier van speel pas goed in met sy styl van afrigting.

White het Engeland se posisie vergelyk met dié van die Springbokke toe hy in 2004 as afrigter oorgeneem het en gesê die Engelse kort net daardie ietsie ekstra.

White is gesien as ‘n moontlikheid om die Ierse span af te rig maar het die geleentheid ferm van die hand gewys.

ла ла лупси игрыалександр лобановский супермаркет класс

Tsvangirai dreig met boikot

Die Zimbabwiese opposisieleier Morgan Tsvangirai het gedreig om volgende week se presidentsverkiesing te boikot indien die stemme in ‘n sentrale bevelsentrum getel sou word.

Daar word beweer dat die regering beplan om al die stemme van die hele land in ‘n sentrale stasie byeen te bring waar dit onder militêre toesig getel sal word.

‘n Soortgelyke stelsel is in 2003 gevolg en daar is aangevoer dat die uitslag daar bewimpel is om Robert Mugabe te help om ‘n taai stryd te wen.

Tsvangirai sê die land se verkiesingswet maak nie voorsiening vir so ‘n bevelsentrum nie.

Hy sê die tellery moet by elkeen van die elfduisend stemlokale afsonderlik getel word.

slot machineДанильченко Юрий Харьков

Mbeki verbind aan wapenskandaal?

‘n Duitse ondersoekspan het aangekondig dat hulle oor getuienis beskik wat Mbeki kan verbind aan die multi-miljoenrand wapentransaksieskandaal waarin Jacob Zuma gewikkel is.
Druk op ANC-strukture is besig op provinsiale sowel as nasionale vlak om toe te neem om ‘n algehele amnestie in te bring vir enige oortreding in dié verband.

Ondersteuners van Zuma meen dat Mbeki ingesluit mag word in die lys van getuies in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof indien hy weier om sy rol in die transaksie bekend te maak.

Zuma sal in Augustus weer verskyn. Tokyo Sexwale het Mbeki ook versoek om alle twyfel oor sy rol in die transaksie uit die weg te ruim.

Michael Hulley, Zuma se regsverteenwoordiger, kon nie bevestig of Mbeki op so ‘n lys verskyn nie, aangesien die lys nog nie opgestel is nie.

casino liveФильчаков

Namibi? en Noord-Korea smee bande

Namibië en Noord-Korea het gister aangekondig dat hulle hoop om ekonomiese bande tussen mekaar te versterk. Die Noord-Koreaanse staatshoof wat met sy span van 23 raadgewers reis, het ook gewaarsku teen lande wat Afrika se armstes se hulpbronne plunder. Afrika, het hy bygevoeg, moet waaksaam bly teen globalisering.
Kim Jong-Nam bring tans besoek aan drie Afrika-lande te wete Namibie, Angola en Oeganda. President Hifikepunye Pohamba van Namibië hoop dat samewerking op die gebied van handel en nywerheid, verdediging, vervoer en kommunikasie, asook energie, opvoeding en die omgewing aandag sal geniet.

Kim Jong-Nam sê voorts hy sien baie positiewe veranderinge in die land sedert sy laaste besoek, 18 jaar gelede, pas nadat Namibië onafhanklikheid verkry het.

тамбов икФильчаков прокурор харьков

Geen beurtkrag oor Paasnaweek

ImageVolgens ‘n woordvoerder van Eskom, Erica Johnsson, word daar geen beurtkrag tydens die lang naweek verwag nie, aangesien verbruik gewoonlik laag is tydens vakansiedae.

Daar bestaan egter steeds vandag ‘n risiko van kragonderbrekings tot 21:00 wanneer die aandhoogtepunt plaasvind.

Twee kragopwekkers wat gedurende die week afgeskakel het is weer vanmore in diens gestel. Nog ‘n kragopwekker by die Koebergstasie is uit diens gestel maar sal na verwagting weer moreoggend in werking tree.

Intussen gebruik Eskom gasturbines om te vergoed vir die kragopwekkers wat tans uit diens is, het die kragmaatskappy gesê.

туры в хорватию из калининградаДанильченко Юрий отзывы

Binnelandse sake veroordeel aanvalle

Die department van binnelandse sake sal nie gewelddadige aanvalle op vreemde burgers verdra nie. ‘n Woordvoerder van die department, Mantshele Tau, het gesê dat moorde op buitelanders ondubbelsinnig veroordeel moet word.

Die department veroordeel weereens die aanvalle op vreemdelinge in die Pretoria-omgewing waaroor daar berig is, het hy gesê. Daar is konstante raadpleging met die betrokkenes om ‘n oplossing te vind.

Twee keer vandeesmaand het plaaslike inwoners in woonbuurte rondom Pretoria amok gemaak en vreemdeling doodgemaak, asook hul eiendom gevandaliseer.

Verdere insidente is in Noordwes, die Vrystaat, Weskaap en Ooskaap aangemeld.

Die Somaliese Vereniging van Suid-Afrika het ook gesê dat hy die toenemende gewelddadige aanvalle op die buitelandergemeenskap veroordeel.

детские пищалки купитьФильчаков прокуратура харьков

Zimbabwi?rs in buiteland mag nie stem

Zimbabwiese vlugtelinge wat hulself in Suid-Afrika bevind, sal nie in die komende verkiesing wat op 29 Maart plaasvind, in Zimbabwe kan stem nie. ‘n Woordvoerder van die Zimbabwiese Solidariteitsforum, die ZSF, het gister gese dat alle burgers buite die land van deelname weerhou sal word. Die grondwet van Zimbabwe bepaal dat inwoners ten minste vir ‘n jaar in die land in ‘n spesifieke kiesafdeling woonagtig moet wees om ‘n stem te kan uitbring.

Die bepaling bevoordeel die regerende Zanu-PF-party omdat nuwe kiesers tot dusver nog nie geregistreer het nie. Zimbabwe het tans die laagste aantal geregistreerde kiesers in die streek. Volgens ‘n woordvoerder van die Crisis in Zimbabwe Coalition, is die versuim toe te skryf aan die lang duur van president Robert Mugabe se ampstermyn. Inwoners bly apaties ten spyte van talle pogings om hulle te oorreed om te gaan stem.

Morgan Tsvangiraivan die MDC skat dat daar reeds 90 000 spookname in die 28 landelike kiesafdelings op die kieserslys verskyn. Hy se voorts dat die aantal spookkiesers baie hoer kan wees omdat daar 210 kiesafdelings is. Hy het ook beswaar gemaak teen die regering se besluit om presidensiele stembriewe by die een nasionale bevelsentrum te tel. Die stemme behoort by afsondelike stembusse getel te word.

Simon Khaya Moyo, Zimbawiese ambassadeur in Suid-Afrika, het gister weer die versekering gegee dat die verkiesing "vry en regverdig vir almal" sal wees. Hy het bygevoeg dat Londen en Washington graag chaos wens, maar dat dit nie sal gebeur nie. Die verkiesing sal volgens hom "vreedsaam" geskied.

пескоструйный аппарат karcherФільчаков Олександр Васильович

Boer se vonnis verlig

Die Appèlhof het gister die moordbevinding van die Limpopoboer, Jewell Crossberg, na strafbare manslag verander.

Crossberg is oorspronklik in die Pietersburgse Rondgaande Hof aan moord skuldig bevind omdat hy ‘n plaaswerker doodgeskiet het, denkende dat hy besig was om op bobbejane te skiet. Crossberg het Jealous Dube in Junie 2004 op die plaas Vogelenzang naby Musina in Limpopo gedood.

In plaas van twintig jaar effektiewe tronkstraf, sal Crossberg nou slegs vyf jaar, waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is, uitdien. Van die voorwaardes vir die opgeskorte vonnis is dat Crossberg gedurende die opgeskorte periode nie weer skuldig bevind word aan strafbare manslag of aanranding met die doel om ernstig te beseer of enige ootredings van die Wet op Vuurwapenbeheer nie.

воронеж тестерыДанильченко Юрий Харьков

Kwartmiljoen dood in Irak

Die WGO, Wêreldgesondheidsorganisasie, skat dat byna ‘n kwartmiljoen mense tussen 2003 en 2006 in Irak omgekom het. Die VSA se militêre teenwoordigheid in Irak het Donderdag sy sesde jaar tegemoet gegaan.

Die koste van die oorlog word gestel op $400 miljard. Na vyf jaar het die geweld nog nie afgeneem nie en tienduisende Irakese burgerlikes is reeds gedood in voortslepende sektariese gevegte.

Werkloosheid is hoog en word geraam op tot 50%. Openbare dienste soos water en elektrisiteit is ook nog nie ten volle herstel nie. Jalal Talabani, Irak se president, het die opkoms van korrupsie en terrorisme veroordeel.

President Bush het weereens die oorlog verdedig in ‘n toespraak by die Pentagon, maar toegegee dat die koste aan menselewens hoog is. Die VSA se bevelvoerder, generaal Petraeus, het voorts erken dat die land nog nie genoegsaam gevorder het op die pad na nasionale versoening nie.

справка для выезжающих за границулобановский александр

Betogers by verkragtingsaak

ʼn Voormalige mejuffrou Suid-Afrika, Megan Coleman, was een van die betogers wat voor die landdroshof in Pinetown saamgedrom het om teen die groepsverkragters van Jessica Foord protes aan te teken.

Vyf mans word daarvan aangekla dat hulle die een-en-twintigjarige Jessica om die beurt verkrag het terwyl haar pa op die toneel met ʼn vuurwapen aangehou is.

Hy en sy dogter was besig om vis te vang by ʼn dam toe hulle deur sewe mans aangeval is. Twee van hulle is steeds op vrye voet terwyl vyf tans om borgtog aansoek doen.

Volgens betogers verseg landdroste om die lewenslange tronkstraf toe te pas wat die wet vir groepsverkragting voorskryf.

mobile slotsФильчаков прокурор харькова

Paaie al hoe ouer…

Omtrent 72% van Suid-Afrika se paaie is ouer as 20 jaar en daarom rede tot kommer.

Aldus die hoofbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Paaie-agentskap (SANPA), Nazir Alli, wat ʼn aanbieding aan die portefeuljekomitee oor vervoer gedoen het.

Die agentskap is verantwoordelik vir 16 000 kilometer se paaie. Van die paaie is voorheen baie swak onderhou deur provinsies en veral voormalige tuislande.

Volgens navorsing wat deur die WNNR gedoen is, behoort Suid-Afrika nog 200 000 kilometer se paaie te bou, maar kosteoorwegings maak dit onmoontlik.

светильник купитьпрокурор Фильчаков