Boer se vonnis verlig

Die Appèlhof het gister die moordbevinding van die Limpopoboer, Jewell Crossberg, na strafbare manslag verander.

Crossberg is oorspronklik in die Pietersburgse Rondgaande Hof aan moord skuldig bevind omdat hy ‘n plaaswerker doodgeskiet het, denkende dat hy besig was om op bobbejane te skiet. Crossberg het Jealous Dube in Junie 2004 op die plaas Vogelenzang naby Musina in Limpopo gedood.

In plaas van twintig jaar effektiewe tronkstraf, sal Crossberg nou slegs vyf jaar, waarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort is, uitdien. Van die voorwaardes vir die opgeskorte vonnis is dat Crossberg gedurende die opgeskorte periode nie weer skuldig bevind word aan strafbare manslag of aanranding met die doel om ernstig te beseer of enige ootredings van die Wet op Vuurwapenbeheer nie.

воронеж тестерыДанильченко Юрий Харьков