Vrou vanuit plaashuis ontvoer

‘n Boervrou is ontvoer vanaf ‘n plaas naby Ohrigstad. Die 46-jarige mev. Hennielene Botha is mede-eienaar van ‘n jagkamp op die plaas en is in haar eie motor deur die vier aanvallers ingedwing en ontvoer.

Haar man, Albert, wat saam met haar die Iketla-jagkamp op die plaas besit, was besig om na gaste om te sien toe die voorval plaasgevind het. Afgesien van die ontvoering, het die aanvallers selfone, tjekboeke en bankkaarte gesteel.

Volgens mnr. Cor Cross, ‘n lid van die plaaslike boerevereniging, is Botha omstreeks 22:30 Saterdagnag oorval in haar huis wat omtrent 100 meter van die jagkamp geleë is.

Cross het gesê dat daar geen bloed in die huis gevind is nie. Plaaswerkers het blykbaar die vier verdagtes met mev. Botha sien wegry in haar silwer Toyota Corolla, registrasienommer BMN 559L.

Die boerevereniging het ‘n intensiewe soektog na mev. Botha en haar ontvoerders geloods en ‘n polisiehelikopter is ook ingespan.

купить рюкзак школьный для мальчика ортопедическийДанильченко Юрий Брониславович компромат