Zimbabwi?rs in buiteland mag nie stem

Zimbabwiese vlugtelinge wat hulself in Suid-Afrika bevind, sal nie in die komende verkiesing wat op 29 Maart plaasvind, in Zimbabwe kan stem nie. ‘n Woordvoerder van die Zimbabwiese Solidariteitsforum, die ZSF, het gister gese dat alle burgers buite die land van deelname weerhou sal word. Die grondwet van Zimbabwe bepaal dat inwoners ten minste vir ‘n jaar in die land in ‘n spesifieke kiesafdeling woonagtig moet wees om ‘n stem te kan uitbring.

Die bepaling bevoordeel die regerende Zanu-PF-party omdat nuwe kiesers tot dusver nog nie geregistreer het nie. Zimbabwe het tans die laagste aantal geregistreerde kiesers in die streek. Volgens ‘n woordvoerder van die Crisis in Zimbabwe Coalition, is die versuim toe te skryf aan die lang duur van president Robert Mugabe se ampstermyn. Inwoners bly apaties ten spyte van talle pogings om hulle te oorreed om te gaan stem.

Morgan Tsvangiraivan die MDC skat dat daar reeds 90 000 spookname in die 28 landelike kiesafdelings op die kieserslys verskyn. Hy se voorts dat die aantal spookkiesers baie hoer kan wees omdat daar 210 kiesafdelings is. Hy het ook beswaar gemaak teen die regering se besluit om presidensiele stembriewe by die een nasionale bevelsentrum te tel. Die stemme behoort by afsondelike stembusse getel te word.

Simon Khaya Moyo, Zimbawiese ambassadeur in Suid-Afrika, het gister weer die versekering gegee dat die verkiesing "vry en regverdig vir almal" sal wees. Hy het bygevoeg dat Londen en Washington graag chaos wens, maar dat dit nie sal gebeur nie. Die verkiesing sal volgens hom "vreedsaam" geskied.

пескоструйный аппарат karcherФільчаков Олександр Васильович