Veerpyltjies na Malema?

Die VF+ Studente hou vandag ‘n verkiesing op die kampus van die UP.  Stembriewe sal in die klas uitgedeel word wat ‘n paar kort vrae rondom Malema bevat.  Die opskrif van die stembrief lui “Dilemma Malema”.  Die stempunt sal in die Piazza wees waar studente se gevoel rondom Julius nagevors sal word.

Dawie Diamond, VF+ studente TUKS se voorsitter, het verduidelik dat Malema se onverantwoordelike uitsprake studente ook negatief beïnvloed en sorg vir rassepolarisasie op die kampus.  “Malema se uitsprake is onverantwoordelik en studente moet ook in die debat tree om Malema se tirade te stuit,” het Diamond gesê.

Een van die stembrief-vrae lui dan ook as volg:  “Sou u ‘n aksie ondersteun waar daar ‘n plakkaat van Julius Malema opgesit word en deur studente met veerpyltjies gegooi word?”   VF+ studente meen dat dié ‘n metode sal wees om studente van hul spanning rondom Malema te verlig.

Diamond het ook verder gesê dat die VF+ studente ‘n mandaat van studente wil verkry om aksie en verdere optrede teen mnr Malema te bewerkstellig.

проекты домов с саунойДанильченко Харьков

ET-ondersoeker wat vas vir geweld is, bevorder

Die ondersoekbeampte in die Eugene Terre’Blanche-moordsaak is van kaptein tot luitenant-kolonel bevorder nadat hy kort gelede aanvanklik in hegtenis geneem is weens aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Die NVG, die nasionale vervolgingsgesag, het opdrag gegee dat die arrestasies uitgevoer word.

Kapt. Tsletsi Mano, bevelvoerder van die eenheid teen ernstige geweldmisdrywe in Noordwes, is Dinsdag bevorder, berig Beeld. Dit kom nadat Mano en vyf ander lede van die eenheid teen ernstige geweldmisdrywe Vrydag in Klerksdorp in hegtenis geneem is.

Die arrestasies spruit uit voorvalle waar verdagtes na bewering ernstig aangerand is tydens ondervraging en aanhouding.

Die ses lede het Vrydag in die hof verskyn en is op borgtog van R500 elk vrygelaat. Die saak is tot 8 Junie uitgestel.

Kol. Musa Zondi, woordvoerder van die Valke, het gesê Mano hoef nie gestraf te word vir iets waaraan hy nog nie skuldig bevind is nie. Hy het gesê die kwessie het niks met die media te make nie.

липецк опцииФільчаков Олександр Васильович прокурор

Polisierekenaars gesteel

Daar is Woensdag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se speurtak in Virginia ingebreek en twee rekenaars waarop saak-inligting gestoor was, is gesteel.

“Lt. Kol. Dingindawo Motaung, die bevelvoerder vir die tak se eenheid, was verbaas toe hy Woensdagoggend 6:45 aanmeld vir diens en vind dat daar ingebreek is,” het polisie van die Vrystaat in ‘n verklaring gesê.

Een van die vensters in die kantoor is gebreek en twee Proline-rekenaars is gesteel.

“Dit is die belangrikste kantoor, waar offisiële administrasie van sake met die twee rekenaars hanteer word. Dit wil voorkom of die inbreker slegs in daardie kantoor was, aangesien niks in ander kantore gesteel is nie.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.fruit casinoАлександр Фильчаков Васильевич

80 Taxi’s onpadwaardig in Pretoria

Daar is beslag gelê op sowat 80 minibus-taxi’s in Pretoria wat Woensdag as onpadwaardig verklaar is, het die Gautengse woordvoerder van gemeenskapsveiligheid gesê.

“Al die taxi’s wat onpadwaardig is, is tydelik geskors en moet binne die volgende 14 dae hul taxi’s by die Ipeleng-toetssentrum gaan toets.”

“Hulle mag ook slegs weer na die strate terugkeer wanneer hulle as padwaardig beskou word,” het die woordvoerder, Sizwe Matshikiza gesê.

Kennisgewings is vroeër aan taxi-operateurs gegee om hulle taxi’s gratis by die toetssentrums te gaan toets, maar het daarin versuim om die opdrag uit te voer.

Indien die operateurs nie die hul taxi’s gaan laat toets nie, gaan hulle hul lisensies om sake te doen, verloor.

справки 086-уДанильченко Харьков

Agtjarige seun oorleef Libiese lugramp

‘n Libiese vliegtuig uit Suid-Afrika het Woensdag gedisintegreer na landing op die lughawe van Tripoli. Van die passasiers is 103 mense oorlede, maar ‘n agt-jaar-oue seuntjie, die enigste oorlewende, is ‘n wonderwerk het amptenare gesê.

Die Libiese Minister van Vervoer, Mohammed Ali Zidan, het gesê dat burgers van nege lande gesneuwel het, waarvan ‘n volle 61 uit Nederland. Vlae by alle regeringsgeboue het halfmas gehang as ‘n teken van respek.

Zidan het gesê die seun wat oorleef het is ook Nederland, maar die buitelandse diens in Den Haag kon nie sy nasionaliteit finaal bevestig nie.

Nege uur na die 06:00 (0.400 GMT) ongeluk, het die kind chirurgie ondergaan in ‘n Tripoli-hospitaal waar mediese personeel gesê het sy lewe is buite gevaar.

“Die seun het gebreekte bene en het kopbeserings opgedoen,” het ‘n hospitaalamptenaar aan verslaggewers gesê ná die kind uit die operasiesaal gekom het.

Nederlandse uitsaaier NOS, wat normale programme onderbreek het om die ongeluk te dek, het beeldmateriaal van die oorlewende met kneusmerke aan sy gesig in sy hospitaalbed uitgesaai.

Die Nederlandse dagblad Telegraaf het gesê die kind was op reis saam met sy ouers en ‘n 11-jaar-oue broer.

EU-parlement se president Buzek het die seun se oorlewing as “werklik ‘n wonderwer” beskryf. Junie verlede jaar was ‘n 12-jarige meisie die enigste oorlewende van ‘n Jemeense vliegramp naby die Comore-eilande.

Die Libiese vervoerminister sê die res van die slagoffers sluit twee Duitsers, asook passasiers van Brittanje, Frankryk, Finland, die Filippyne, Suid-Afrika en Zimbabwe in, maar hy kon nie gee ‘n uiteensetting van die aantal gee nie.

Die DA-LP, Anchen Dreyer, se broer Frans, is ook in die ongeluk oorlede. Hy was vir sakereis onderweg.

Zidan het gesê ‘n ondersoek is aan die gang om te bepaal wat veroorsaak het dat die

Afriqiyah Airways Airbus A330 op groot skaal opgebreek by sy bestemming, maar hy het terrorisme uitgesluit.

Hy het gesê dat beide swart vlugkassies opgespoor is en dat vier navorsers van Airbus en drie van Frankryk op pad is om hulle by die ondersoek in Tripoli aan te sluit.

Ooggetuies sê die vliegtuig het onverklaarbaar opgebreek toe dit ingekom het om te kom land in helder weer.

“Dit ontplof met die landing en heeltemal gedisintegreer,” het een anonieme veiligheidsamptenaar aan AFP gesê. ‘n Ander amptenaar het gesê die vliegtuig het in vlamme uitgebars net voor landing.

‘n Vliegtuig met Nederlandse forensiese deskundiges en konsulêre personeel sou Woensdagnag vertrek na Tripoli om te help om die dooies te identifiseer en ondersteuning op die grond te bied, het Nederland se minister van buitelandse sake Maxime Verhagen gesê.

Eerste Minister Jan Peter Balkenende het gereageer met “skok”, terwyl Koningin Beatrix se perskantoor gesê het dat sy “omgekrap” is.

Die Libiese Minister van Vervoer het gesê dat die verongelukte vliegtuig ‘n nuwe een was wat verlede September deur die lugredery aangeskaf is.

Hy het gesê dat die vliegtuig sy laaste meganiese ondersoek van die Duitse lugredery Lufthansa in Milaan op 5 Maart ontvang het, en sedertdien net 1 586 uur gevlieg het.

Woensdag se ongeluk was die dodelikste vliegtuigongeluk in Libië sedert 22 Desember 1992 toe ‘n Libiese Arabiese Airlines vliegtuig naby Tripoli 157 mense doodgelaat het.

інтернет магазини іграшоклобановский супермаркет класс

‘Geweld teen buitelanders ná WB’

Twee jaar ná die aanvalle op buitelanders wat 62 mense dood gelaat het en oor die 100 000 vir hul lewens laat vlug het, het ‘n vlugtelingnavorsingsgroep gewaarsku dat xenofobiese geweld weer sal opvlam na die Wêreldbekersokkertoernooi.

Duncan Breen, woordvoerder van die Konsortium vir vlugtelinge en migrante in Suid-Afrika, het gister gesê: “Ons moet dit bekend te maak en uitpraat daaroor. As ons hierdie gesprek nou in die oopte uitbring,  kan ons praat oor wat gedoen moet word om verdere xenofobiese geweld te voorkom.”

Die konsortium het gesê hulle is bekommerd oor die “algemene verslae” van buitelanders wat gesê het “hulle word gedreig met geweld na die Wêreldbekersokkertoernooi.”

Die bedreiging kom van bure, kollegas, taxibestuurders, verbygangers op straat, verpleegsters, maatskaplike werkers en polisie.

Die konsortium het gesê hulle is bekommerd dat “sommige van diegene wat dreig is van mening dat hulle die ondersteuning van die senior politieke leiers het”.

Maar Zweli Mnisi, woordvoerder van die polisie Minister Nathi Mthethwa, het gewaarsku dat die konsortium se stellings “uit verhouding opgeblaas kan word “.

Hy het gesê as geweld terugkeer, sal die polisie “optree teen hierdie kriminele elemente wat hulself vermom as vreemdelinghaat.”

Die konsortium het vir “sterk en onmiddellik voorkomende optrede deur die regering en ander instellings” gevra om die beloofde erger bloedvergieting as die aanvalle van Mei 2008, te voorkom.

‘n Beampte by Johannesburg se Sentrale Metodiste Kerk, waar byna 2000 buitelanders, veral Zimbabwiërs, skuil, het gesê hy het ook gehoor van verslae van dreigemente van aanvalle.

поршневой масляный компрессорФильчаков

Koerantredakteur vas vir rol in volksmoord

Die voormalige besturende redakteur van ‘n Rwandese koerant is met lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n aktiewe rol gespeel het in die aanhitsing van Rwanda se volksmoord in 1994.

Bernard Hategekimana, bekend as Mukingo, het artikels kort voor die volksmoord begin het, gepubliseer wat “duidelik die Hutu’s aangehits het om die Tutsi’s te vermoor,” het ‘n regsaktivis wat by die uitspraak teenwoordig was, aan AFP vertel.

Dié volksmoord het amper 800 000 Tutsi’s geëis asook ‘n aantal Hutu’s.

Die voormalige redakteur van die koerant Kamarampaka is ook veroordeel aangesien hy ‘n padversperring in Kigali laat oprig het, waarin talle Tutsi’s dood is.

Verskeie ander Rwandese joernaliste is ook gevonnis vir hul rol in die aanhitsing van die massamoorde wat tussen April en Julie 2004 plaasgevind het.

casino slots freeФильчаков Александр Васильевич

China bied Zambië ‘n miljard dollar aan vir hidro-skema

Die China Ontwikkelingsbank (COB) het Dinsdag ‘n miljard dollar (787 miljoen euro) vir ‘n beplande hidroëlektriese stasie in Zambië aangebied en ‘n Chinese maatskappy vir die ontwikkeling van die projek voorgestel. 

Jiang Chaoliang, president van die COB in Chinese staatsbesit, het gesê die Beijing-gebaseerde Sinohydro Corporation, stel belang in die ontwikkeling van die 1,5-miljard-dollar Laer Kafuekloofstasie, en kan waardevolle ondervinding tot die projek voeg. 

“Met die finansiële statuur wat COB het en die ryk ervaring van Sinohydro Power Corporation, glo ons dat ons sal in staat wees om tot die verligting van die knelpunte in Zambië in terme van hidrokrag by te dra,” het Jiang tydens ‘n besoek aan Zambië gesê.

Die bou van die 600-megawatt projek, wat gerig is op die verligting van kragonderbrekings in Suider-Afrika se arm lande, sal na verwagting volgende jaar begin.

Sinohydro is tans die kontrakteur vir Noord-Zambië met Kariba se Noordwalhidro-uitbreidingprojek, wat 360 megawatt tot die 600-megawatt Kariba-aanleg sal voeg. 

COB het gehelp om ‘n aantal projekte in Zambië te finansier, met uitstaande lenings ten bedrae van 112 miljoen dollar. Die Chinese bank het gesê hulle sal finansiering van tot 1,4 miljard dollar gee vir verskeie projekte, waaronder die een miljard dollar vir die Kafuekloofstasie. 

Kenneth Konga, Zambië se minister van energie en waterontwikkeling, het gesê Zambië het nodig om meer hidro-kragkapasiteit te bou en wil “vinnig beweeg” om die beloofde fondse van COB aan te wend.

сайт игрушкидепутат лобановский

Nuwe landbouplan ‘belaglik’

Om te verwag dat boere 40 persent van hul landboubelang aan swart aandeelhouers oordra,  is “ongehoord” en “totaal onaanvaarbaar “, het die landbou-unie TLU-SA Dinsdag verklaar.

Die TLU-SA het gereageer op minister van Landbou Tina Joemat-Pettersson se aankondiging Maandag dat die regering op soek na ‘n aandeleskema vir swart boere is om die gewillige koper, gewillige verkoper beginsel te vervang om grondhervormingteikens te bereik

“TLU is, om te sê die minste, absoluut verstom oor hierdie aankondiging,” het president Ben Marais, in ‘n verklaring gesê.

Joemat-Pettersson het gesê die regering se doel van die oordrag van 30 persent van die land se landbougrond aan swart eienaarskap teen 2014 het misluk vanweë die gewillige koper, gewillige verkoper stelsel. Slegs vyf persent is tot dusver oorgedra. 

Die nuwe plan kan ingesluit word in ‘n hersiene swartbemagtigingshandves vir die landbousektor, het sy gesê. 

Marais het gesê TLU-SA het tevergeefs geprobeer om met Joemat-Pettersson te vergader vir ‘n geruime tyd al.

“Vergaderings is uitgestel, en in die laaste geval, sy het nie eens kennisgewing gegee dat sy nie beskikbaar sou wees nie,” het hy gesê.

Dit het die indruk geskep dat Joemat-Pettersson nie die unie in persoon wou te woord staan nie, want sy het geweet wat die reaksie sou wees teenoor die “onaanvaarbare en belaglike plan”.

“Die minister wil die boere daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is daarvoor dat 30 persent van die grond aan swart mense nie oorgedra kan word nie, omdat hulle die gewillige koper gewillige verkoper beginsel toepas,” het hy gesê.

“‘n Demografiese studie vir die Ontwikkelingsbank wat in 2001 ter tafel gelê is, dui daarop dat die staat, saam met swart mense, bruin mense en Asiërs reeds meer as 56 persent van die grond in Suid-Afrika besit.”

Die feit bly staan dat meer grond geteiken is op ‘n wyse wat sou beteken dat grond teen byna geen vergoeding afgestaan sou word.

In daardie geval is, het Marais gesê die boere sal staatmaak op die vryemarkstelsel om behoorlike vergoeding vir hulle grond.

Hy het gevra of die minister ‘n 30 persent mislukking van alle landbou grond wil sien, na die aankondiging van die “skandelike” idee sonder konsultasie met die landbou en boere. 

“Sal mark-verwante pryse vir die aandele sal oorweeg word? Of is dit die bedoeling dat die aandele wat oorgedra moet word, ook gratis moet wees of byna niks nie? Dit sal ewe onaanvaarbaar wees as eensydige onteiening.”

TLU-SA lede sal hulle verset teen die nuwe plan in die nasionale belang, want dit was ‘n bloudruk vir die vernietiging van voedselsekuriteit, het Marais gesê.

no deposit needed casino bonusтопкарго

Klagtes teen ministers gelê

TLU SA en die Nasionale Waterforum het strafregtelike klagtes gelê teen drie kabinetsministers.

Die Ministers van Waterwese, Minerale Sake en Landbou is by die Brooklyn polisiekantoor in Pretoria daarvan aangekla dat hulle Artikels 151(i) en (j) van die Nasionale Waterwet, Wet 36 van 1998, oortree het. Die Waterwet bepaal dat die Staat verantwoordelik is vir die beheer en bestuur van Suid-Afrika se Waterbronne.

TLU SA en NWF beskuldig die ministers daarvan dat hulle bewus is van die situasies rondom waterbesoedeling in die land maar dat hulle onregmatlg en nalatig handelinge verrig, of ‘n versuim begaan, wat ‘n waterbron besoedel of waarskynlik besoedel, of wat ‘n waterbron nadelig raak.

Mnr. Louis Meintjes, wat die klagtes namens TLU SA en NWF gelê het, het ‘n volledige lys van besoedelingsgevalle voorgelê, en die polisie ook voorsien van digitale videoskywe met inligting vanuit die media en ter plaatse besoeke op plekke waar besoedeling voorkom.

Die beëdigde verklaring, tesame met die bylaes, kan verkry word op NWF se webwerf, by http://www.nwf.za.net/images/stories/NWF/Hoof_Klagstaat.pdf

банюлобановский александр жена