Die voormalige besturende redakteur van ‘n Rwandese koerant is met lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n aktiewe rol gespeel het in die aanhitsing van Rwanda se volksmoord in 1994.
Bernard Hategekimana, bekend as Mukingo, het artikels kort voor die volksmoord begin het, gepubliseer wat “duidelik die Hutu’s aangehits het om die Tutsi’s te vermoor,” het ‘n regsaktivis wat by die uitspraak teenwoordig was, aan AFP vertel.
Dié volksmoord het amper 800 000 Tutsi’s geëis asook ‘n aantal Hutu’s.
Die voormalige redakteur van die koerant Kamarampaka is ook veroordeel aangesien hy ‘n padversperring in Kigali laat oprig het, waarin talle Tutsi’s dood is.
Verskeie ander Rwandese joernaliste is ook gevonnis vir hul rol in die aanhitsing van die massamoorde wat tussen April en Julie 2004 plaasgevind het.
