Daar is beslag gelê op sowat 80 minibus-taxi’s in Pretoria wat Woensdag as onpadwaardig verklaar is, het die Gautengse woordvoerder van gemeenskapsveiligheid gesê.
“Al die taxi’s wat onpadwaardig is, is tydelik geskors en moet binne die volgende 14 dae hul taxi’s by die Ipeleng-toetssentrum gaan toets.”
“Hulle mag ook slegs weer na die strate terugkeer wanneer hulle as padwaardig beskou word,” het die woordvoerder, Sizwe Matshikiza gesê.
Kennisgewings is vroeër aan taxi-operateurs gegee om hulle taxi’s gratis by die toetssentrums te gaan toets, maar het daarin versuim om die opdrag uit te voer.
Indien die operateurs nie die hul taxi’s gaan laat toets nie, gaan hulle hul lisensies om sake te doen, verloor.
