‘Slabbert sal gemis word’ – Mulder

Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die familie en naasbestaandes van dr. Frederik van Zyl Slabbert met sy afsterwe.

Dr. Slabbert het oor ‘n lang tyd ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse politiek gespeel. Ek het by verskillende openbare en privaatgeleenthede met hom te doen gekry en was deurlopend beïndruk met die eerlikheid waarmee hy alle sake benader het. Of jy met hom saamgestem of verskil het, het hy almal op dieselfde hoflike manier hanteer en ‘n integriteit na die politiek gebring wat vandag dikwels kortkom.

Sy politieke insigte en kommentare sal gemis word.

дитячі машинкиФильчаков прокуратура харьков

ANC ‘hartseer’ oor Van Zyl Slabbert

Die ANC het gesê die voormalige politikus, akademikus en besigheidsman, Frederik van Zyl Slabbert, sal deur alle Suid-Afrikaners gemis word.

Van Zyl Slabbert het Vrydagoggend by sy huis in Johannesburg weens ‘n lewerkwaal gesterf.

“Die ANC is baie hartseer oor die dood van die legendariese politikus en leier Frederik van Zyl Slabbert,” het ANC-woordvoerder Brian Sokutu gesê.

“As voormalige opposisieleier van die destydse Progressiewe Party het hy nie net sy merk in die stigting van opposisie teen apartheid in Suid-Afrika gemaak nie, maar ook geveg vir ‘n konstitusionele demokrasie.”

“Hy sal ook onthou word as een van daardie wit Suid-Afrikaners wat kontak gemaak het met die ANC in ‘n tyd toe dié party in die land belet was,” het Sokutu gesê.

диагностика для автоДанильченко Юрий Брониславович

Zuma uit voeling met minderhede

President Zuma is uit voeling met die gevoelens van minderhede en van baie ander Suid-Afrikaners as hy sê dat dit nie waar is dat Suid-Afrikaners onseker is oor die toekoms nie.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in sy toespraak tydens die president se begrotingspos gesê dat baie Suid-Afrikaners onseker is oor die toekoms van die land. Hy het spesifiek na die gevolge van die gebeure van die laaste paar maande rondom mnr. Malema verwys.

Mnr. Zuma het daarop gereageer deur aan te dui dat die ANC van dr. Mulder se standpunt verskil. “Suid-Afrikaners is optimisties oor die land,” het mnr. Zuma gesê.

“Dit is die werk van VF Plus as opposisieparty om die regering op sy tone te hou en te sorg dat die gevoelens en standpunte van alle kiesers onder die aandag van die regering gebring word. Dit is wat ek gister in die debat gedoen het. As die ANC nie daarvan hou nie gaan dit nie help om die feite te ignoreer nie,” het dr. Mulder gesê.

“Die onsekerheid onder Afrikaners en ander minderhede as gevolg van onverantwoordelike uitsprake deur sommige ANC-leiers, het niks te make met ‘n teruggryp na ‘n verdeelde verlede gebaseer op rassisme of haat nie. Minderhede is gereed om ‘n positiewe bydrae te maak, maar is moeg daarvoor om vir alles geblameer te word,” volgens dr. Mulder.

насос погружной дляОлександр Фільчаков прокурор

Minister moet haar by landbou bepaal

Minister Tina Joemat-Pettersson het die normale protokol, waarvolgens Ministers hulle streng by hulle portefeuljes bepaal, grof oortree met haar uitlatings oor grondsake.

Haar uitlatings, dat boere 40% van die aandele van hul plase aan swart aandeelhouers moet afstaan, is totaal onprakties en onimplementeerbaar.  Landbou leen hom net nie tot hierdie soort skemas nie.  Mnr. Werner Weber, VF Plus se woordvoerder oor grondsake, het met ongeloof gereageer op Joemat-Pettersson se uitlating.

“Die boeregemeenskap het sedert Joemat-Pettersson se aanstelling as Minister, ‘n besonder hartlike en openhartige verhouding met die Minister gehandhaaf.  Hierdie uitlating van die Minister kan hierdie verhouding egter in die gedrang bring,” het Weber gesê.  Die Minister behoort haar daarvan te weerhou om uitsprake oor swart ekonomiese bemagtiging te maak, en haar by landbou, haar portefeulje, te bepaal.

 

casino games freeФильчаков прокурор

Inkomstekloof onaanvaarbaar sê Vavi

Die meeste swart Suid-Afrikaners wag nog steeds tevergeefs vir die beter lewe wat hulle belowe is, het Cosatu se algemene sekretaris Zwelinzima Vavi gesê.
  
“Die strukture van oorheersing en uitsluiting bly steeds uitdrukking vind in ons demokratiese bedeling,” het hy aan die Nasionale Mynwerkers Unie sentrale komitee-vergadering in Boksburg gesê, volgens ‘n afskrif van sy toespraak. 
  
“In die privaatsektor, is die topbestuur is 60 persent wit mans, 14 persent wit vroue, nege persent swart mans en vier persent swart vroue.”
  
Bruin en Indiër mans sorg vir ‘n gemiddeld van vier persent terwyl vroue wat ongeveer 1,4 persent van die topbestuur dien. 
  
“Met ander woorde 74 persent van die topbestuur van die Suid-Afrikaanse ekonomie is afkomstig uit ‘n 12 persent van die bevolking. “
Hy vind dit ‘n skande dat die vernaamste voordele van transformasie gegaan het vir meer wit monopoliekapitaal as vir die werkers, en dat die werkersklas self ‘n “politieke kroon sonder ekonomiese juweel” dra.  
  
Die werkersklas is geherstruktureer deur die skep van ‘n twee-ledige arbeidsmarkstelsel.
  
Die eerste laag van werknemers geniet die meeste van die regte soos vervat in die Grondwet. Hulle word gedek deur kollektiewe bedinging en geniet beter werksekuriteit en betaling, het Vavi gesê. 
“Die tweede laag is … super-uitgebuite werknemers vir wie ‘n unie ‘n persoonlike risiko inhou en opwaartse mobiliteit is ‘n illusie is. 

Suid-Afrika is die wêreld se mees ongelyke samelewing en nog steeds oorheers deur ras, sê Vavi in verwysing na onlangse syfers bekend gemaak deur Statistiek SA. 
  
“‘n Gemiddelde swart man verdien in die omgewing van R2400 per maand, terwyl ‘n gemiddelde wit man ongeveer R19 000 verdien . Die rasse-inkomste kloof is dus ongeveer R16 800 onder mans. ”
  
Die meeste wit vroue verdien in die omgewing van R9600 per maand, terwyl die meeste swart vroue R1200 verdien.

“So lank as wat die swart meerderheid hoofsaaklik beperk bly tot die Bantoestans en voormalige swart woongebiede, wat onder omstandighede van armoede en ellende leef en nie meer onder rassistiese wette maar die nuwe ekonomiese apartheid nie, bly nie-rassigheid vir hulle ver verwyder van die daaglikse realiteit.”
  
Terwyl die foutlyne van die apartheid-ekonomie ongeskonde is, het hy ook 300 jaar van kolonialisme, en 40 van apartheid en ‘n “gebrek aan sterk, visionêre en leef leierskap” post-1994 vir die situasie in die land blameer.

 “Hulpbronne bedoel vir die openbare belang beland in individue se sakke, sodat die armes vir ewig vasgevang word in ongelykhede, armoede en werkloosheid. Krasse materialisme en hebsug bedreig om die fondamente van ons demokrasie,” het hy gesê.

отзывы хорватияДанильченко Юрий отзывы

Kindermolesteerder is soos Mandela

Cezanne Visser, wat skuldig bevind is daaraan dat sy kinders gemolesteer het, is vergelyk met anti-apartheidsikoon Nelson Mandela.
  
Visser se stiefpa, het Johan Lemmer, het gereageer op die ontslag van haar aansoek om verlof tot appèl op haar skuldigbevinding, het gesê sy moet oorweeg om haarself as “‘n Nelson Mandela” te beskou.
  
“Net soos mnr Mandela, gaan Cezanne nou tronk toe omdat die stelsel haar gefaal het,” het Lemmer aan Beeld gesê.
  
Visser moet Maandag aanmeld vir ‘n sewe-jaar termyn tronkstraf nadat sy skuldig bevind is aan 11 seksverwante klagtes, insluitende die onsedelike aanranding van twee tienermeisies.

miomare yachtingлобановский класс харьков

Miljoene pendelaars van Maandag gestrand

Metrorail se voorstedelike pendeldiens gaan van Maandag landwyd ook begin staak. Dit sal grootskaalse ontwrigting veroorsaak omdat ten minste 2 miljoen pendelaars sonder vervoer sal sit.
Die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu) het aangekondig deur die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), Metrorail se beheerliggaam, dat hulle ook gaan deelneem.

Die staking deur Transnetwerkers, wat treine en hawens raak, duur nou reeds vyf dae.

Tinzi Lubabalo, nasionale koördineerder van Satawu, sê hulle eis salarisverhogings van bykans 16%. Die huidige aanbod is ’n verhoging van 5%.

Geweld en intimidasie word glo by taxistaanplekke verwag.

тамбов установкиданильченко юрій броніславович компромат

ET as vark uitgebeeld

Skilderye wat die vermoorde AWB-leier, Eugene Terreblanche, as ’n vark uitbeeld word tans by die Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad tentoongestel.

Die kasteel word uitgehuur aan Good Hope Art, ’n organisasie wat werksessies aan agtergeblewe kunstenaars bied. Die organisasie word deur Truworths geborg.

Die bestuurder van Kasteel de Goede Hoop, kapt. Francois Morkel, was heeltemal uit die veld geslaan toe hy oor die skilderye ingelig is, berig die Volksblad.

Die skilder, Ayanda Mabulu, is onbeïndruk deur die kritiek wat sy werke intussen uitgelok het.

Lees meer.

постройкалобановский класс харьков

Jeugliga gaan militêr opgelei word

Die ANC-Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee, gelei deur hul leier Julius Malema, sal in September militêre opleiding ontvang, is Donderdag aangekondig.

Lindiwe Sisulu, die minister van verdediging, het ooreengekom om die nodige reëlings te tref, het die Jeugliga en die departement in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Hierdie ooreenkoms is gemaak terwyl Sisulu die ANC-Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee toegespreek het en diensplig voorgestel het vir die werklose jeug, het hulle gesê.

Sisulu het die voordele van die program uitgelig en het insette van die Jeugliga ontvang oor hoe diensplig geïmplementeer moet word.

“Die diensplig sal werklose jongmense basiese militêre opleiding en belangrike vaardighede leer om hulle toe te rus vir hul toekoms,” het sy gesê.

“Terwyl hulle twee jaar se basiese militêre opleiding in een van die Suid-Afrikaanse verdedigingsmag se dienste – SA weermag, SA lugmag, SA vloot of SA mediese dienste – ondergaan, sal hulle ook verskeie vaardighede leer en praktiese werkservaring opdoen wat hulle in die toekoms kan gebruik.

Sisulu het bygevoeg dat die program deur tersiêre instellings erken sal word.

кабина хамам для домаДанильченко Юрий отзывы

Polisie meen terreurdreigemente hou geen gevaar in

Die Suid-Afrikaanse polisie dra geen kennis van enige terreur-dreigemente wat op die Wêreldbeker-sokkertoernooi gemik is nie, het Bheki Cele, die polisiekommissaris Donderdag gesê.

“Ons weet van geen dreigemente nie.  Ons is reg om ons besoekers te beskerm,” het hy gesê.

Cele het verslaggewers by die King Shaka Internasionale Lughawe toegespreek gedurende ‘n geleentheid waar die polisie hul bevoegdheid voor die toernooi gedemonstreer het.

Hy het gesê beweerder terreur-dreigemente wat glo deur ‘n groep in Noord-Afrika gemaak is, is deeglik ondersoek en hanteer.

“Die dreigement is opgevolg en ons het gevind dat daar niks is om oor bekommerd te wees nie,” het Cele gesê.

Hy het gesê daar is beweer dat die groep daarvan sal hou om te sien hoe die stadion waar die Amerikaanse span sal speel, opgeblaas word.

Hy het ook gesê hulle gaan alle risiko-lande fyn dop hou.

Talle polisie-eenhede het gewys hoe hulle lewensgevaarlike situasies soos vliegtuig-kapings en gyselaarsdramas gedurende die Wêreldbeker sal hanteer.

Talle eenhede soos die bomeenhede, reddingseenhede, skerpskutters en gyselaar-onderhandelaars was op die toneel teenwoordig.

slotлобановский александр игоревич класс