Minister moet haar by landbou bepaal

Minister Tina Joemat-Pettersson het die normale protokol, waarvolgens Ministers hulle streng by hulle portefeuljes bepaal, grof oortree met haar uitlatings oor grondsake.

Haar uitlatings, dat boere 40% van die aandele van hul plase aan swart aandeelhouers moet afstaan, is totaal onprakties en onimplementeerbaar.  Landbou leen hom net nie tot hierdie soort skemas nie.  Mnr. Werner Weber, VF Plus se woordvoerder oor grondsake, het met ongeloof gereageer op Joemat-Pettersson se uitlating.

“Die boeregemeenskap het sedert Joemat-Pettersson se aanstelling as Minister, ‘n besonder hartlike en openhartige verhouding met die Minister gehandhaaf.  Hierdie uitlating van die Minister kan hierdie verhouding egter in die gedrang bring,” het Weber gesê.  Die Minister behoort haar daarvan te weerhou om uitsprake oor swart ekonomiese bemagtiging te maak, en haar by landbou, haar portefeulje, te bepaal.

 

casino games freeФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae