Boer lê volksmoordklag in Den Haag

‘n Boer van Rustenburg het Julius Malema by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom aangekla.

Dié man, wat intussen landuit is, se naam is nie bekend nie, maar het by monde van sy regverteenwoordiger met Die Burger geskakel.

Hy het uitgebreide boerderybelange, het sy prokureur, Fanie van der Walt, Maandag aan die koerant gesê. Hy sal na Suid-Afrika terugkeer en sy identiteit bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.

Malema word in die dokument daarvan beskuldig dat hy in die nasionale sowel as internasionale media ‘n oproep gedoen het met sy “Skiet die Boere” liedjie tot volksmoord teen Afrikanerboere.

Die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika word as dekmantel vir volksmoord en misdade teen die mensdom gebruik, lui die dokument.

Volgens die Statuut van Rome van die Verenigde Nasies wat in Julie 2002 in werking getree het, kan selfs opsweping tot volksmoord as volksmoord geklassifiseer word.

Die afgelope 16 jaar is 2 380 Afrikaners vermoor. “Vroue is verkrag en mense is sonder enige rede gemartel.” Van der Walt sê die ANC ontken die erns hiervan.

Misdade teen die mensdom ingevolge internasionale reg sluit onder meer in moord, verkragting, slawerny, onwettige deportasie, onregmatige ontneming van persoonlike vryheid, marteling en gedwonge prostitusie.

полиграф защиталобановский депутат

Jeugliga lê klag teen burgemeester

Die ANC-jeugliga het ‘n klagte teen die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, gelê, het ‘n lid van die party gesê. 

“Ons het ‘n saak by die Khayelitsha-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Xolisa Hlwempu gesê.

“Ons sal die media inlig oor wanneer die burgemeester in hegtenis geneem sal word, sodat hulle daar kan wees om dit te sien.”

Volgens Chumile Sali, woordvoerder vir die Jeugliga se Dullah Omar-tak, is daar klagtes van beskadiging van eiendom en aanhitsing van geweld teen Plato gemaak.

Rulleska Singh, woordvoerder vir Plato, het gesê die burgemeester het deur die media van die klagte verneem.

“Wanneer die polisie die saak ondersoek sal hulle met die burgemeester self praat,” het Singh gesê.

Dít kom nadat lede van die ANCYL die toilette in Khayelitsha afgebreek het, omdat sinkplate in plaas van bakstene gebruik is om dit te bou.

игры для девачекФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zuma sê hy kan nie vervolg word nie

President Jacob Zuma het Maandag in hofdokumente aangevoer dat hy nie krimineel vervolg mag word nie, omdat dit hom sal verhinder om sy werk te doen. 

Dit kom nadat die DA Maandag ‘n aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien het wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) versoek om hulle “irrasionele en arbitrêre” besluit, om Zuma nie te vervolg nie, te verduidelik.

Zuma, tesame met die NVG, het Maandag die DA se aansoek teengestaan en gesê dat enige kriminele vervolging van die president hom sal verhoed om sy werk te doen.

Volgens Zuma sal dit beide sy plaaslike en internasionale verhoudinge affekteer en Suid-Afrika in ‘n swak lig plaas gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die DA het versoek om toegang te verkry tot Zuma se hofdokumente, maar die NVG hou voor dat dit nie aan dié politieke party oorhandig moet word.

“Aan die einde van die dag is daar belangriker goed om te doen as om miljoene dokumente deur te gaan, wat heel moontlik slegs vir akademiese doeleindes gebruik sal word,” het die NVG se regsverteenwoordiger, Paul Kennedy, gesê.

Beide die NVG en Zuma het die hof versoek om nie toegang tot die dokumente aan die DA te verskaf nie. Hulle wou selfs nie eers hê dat die DA toegang verkry tot ‘n verkorte weergawe van die verslag nie, wat glo “vertroulike” inligting oor Zuma en verskeie ander figure bevat.

интернет магазин играФільчаков прокурор

Volskaalse aanvalle ná WB, sê koerant

Die Zimbabwe Mail beweer Suid-Afrikaanse regeringsamptenare is besig met ‘n komplot om geweld aan te blaas teen wit boere en swart uitlanders. Volgens die koerant word volskaalse aanvalle en gewelddadige plaasbesettings beplan net ná die Sokkertoernooi.

Zimbabwiese ‘oorlogsveterane’ en weermaglede word glo ingespan om die ANC te help en leiding te verskaf met ‘n voorlinie-aanval. ‘n Geheime komitee bestaande uit ANC- en regeringsagente is reeds bedrywig met die identifisering van teikens en die gebruik van aanvalsgroepe, sogenaamde “hit squads”.

ANC-Jeugligalede het pas hul intense opleiding aan ‘n Zimbabwiese militêre kollege voltooi en word in alle provinsies in Suid-Afrika ontplooi vir fyn-beplande en gewelddadige xenofobiese aanvalle, grondroof en plaasbesettings wat glo deur die media as “spontane uitbarstings” beskryf sal word.

Die koerant berig ook dat Tendai Mtawarira, die rugbyster, nie meer vir Suid-Afrika sal speel nie aangesien hy nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie. Hy is blykbaar een van die manne wat deur die Jeugliga “gemerk” is.

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gukule Nkwinti, het wit boere vroeër daarvan beskuldig dat hulle die grondhervormingsplan ondergrawe deur pryse van grond kunsmatig hoog te hou. Hy het gesê swart boere se geduld is op.

Twee jaar gelede, in 2008, is buitelanders in ‘n golf van vreemdelinghaat wat Suid-Afrika oorspoel het, aangeval. Berigte van nuwe geweld ná afloop van die Wêreldbeker word tans uit alle oorde ontvang.

Cormsa, ‘n oorkoepelende liggaam wat Amnestie Internasionaal, die Rooikruis en die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening insluit, sê dié soort dreigemente is volop en diegene wat dreig glo dat hulle die ondersteuning van senior politieke figure het.

Dosyne Zimbawiese vroue wat in Hillbrow deur die Britse koerant, die Guardian, genader is, sê hulle word geïntimideer deur opsigters en mans wat buite hul geboue wat in die nag voor hulle wonings saamtrek.

Ethel Musonza, 32, ‘n moeder van vier, sê die mans beweer dat buitelanders doodgemaak gaan word ná die Wêreldbeker. Sy sê die polisie gaan ook nie ingryp as die aanvallers tot aksie oorgaan nie.

In ‘n plakkerskamp aan die Oosrand, sê aanvallers wat in 2008 aan die geweld teen buitelanders deelgeneem het, dat vlugtelinge en immigrante teen 11 Julie weg moet wees.

 

free slots bonusтопкарго отзывы

Iran dreig om hulpskepe te vergesel

Iran het gewaarsku dat sy Rewolusionêre Wag hulle marine-eenhede sal ontplooi om hulpskepe te vergesel wat die Israeliese blokkade van Gasa probeer breek – ‘n skuif wat Israel vir seker sal uitdaag.

Enige sodanige Iranse betrokkenheid, wat vandag deur ‘n aide van die hoogste leier Ayatollah Ali Khamenei, bekend gemaak is, sal ‘n ernstige eskalasie van die reeds hoë spanning met Israel veroorsaak. Teheran word reeds verdink daarvan dat hulle ‘n kernwapen wil bou asook steun gee vir Hamas, die Islamitiese beweging wat Gasa beheer.

“Iran se Rewolusionêre Wag se vlootmagte staan gereed om die vredes- en vryheidskonvooie wat humanitêre hulp vir die weerloses en onderdrukte mense van Gasa bring, met al hulle krag te vergesel,” het Hojjatoleslam Ali Shirazi, Khamenei se persoonlike verteenwoordiger by die wagte se korps belowe.

Die dreigement volg op die Israeliese premier, Netanyahu se verwerping ‘n VN-voorstel vir ‘n internasionale kommissie om verlede week se kommando-aanval, waarin nege mense gesterf het, te ondersoek. Nog ‘n hulpvaartuig, die Rachel Corrie, wat Ierse en ander aktiviste aan boord gehad het, is rustig Saterdag deur Israeliese troepe deursoek, vergesel na die hawe van Asdod en sy passasiers is daarna gedeporteer.

Netanyahu het Israel se reg om die blokkade te verdedig bevestig deur aan te voer dat Gasa ‘n “Iranse hawe” sal word en dat Hamasmissiele Tel Aviv en Jerusalem sal bereik indien Israel versuim om dit te doen. Israel se onverklaarde doel is om die vyandige Hamas-regering te verswak of heeltemal uit te skakel.

Iran se minister van buitelandse sake, Manuchehr Mottaki het ‘n VN-resolusie aangevra om Israel te veroordeel. Die Veiligheidsraad bespreek tans die instelling van nuwe sanksies teen Iran as gevolg van sy versuim om aan internasionale vereistes oor sy kernprogram te voldoen.

Iran en Israel het geen diplomatieke betrekkinge meer sedert die 1979-revolusie nie en president Mahmoud Ahmadinejad voorspel gereeld die verdwyning van die Joodse staat.

Israel se onverbiddelike houding jeens konvooie gaan weer getoets word nadat twee Libanese organisasies aangekondig het dat hulle bote gaan stuur na Gasa in die volgende paar dae. Verslaggewers sonder Grense gaan probeer om 25 Europese aktiviste en 50 joernaliste saam te stel vir ‘n boot vanaf Beiroet. Die Bevry Palestina Beweging beplan om ‘n soortgelyke poging.

George Galloway, die stigter van Viva Palestina, het in Londen bekend gemaak dat twee gelyktydige konvooie “een oorland deur Egipte en die ander via die see” in September die Gasa-blokkade gaan probeer breek. Die seekonvooi van tot 60 skepe sal in die Middellandse See skepe, vrag en vrywilligers byeenbring.

Egipte het ondertussen aangekondig dat alle Egiptiese burgers wat met Israeli’s getroud is, hulle burgerskap sal verbeur.

 

ten play appпрокурор Фильчаков

Passasiers van Turkse skip met Hamas en Al Kaida verbind

Die Israelse weermag het Sondag aangevoer dat vyf aktiviste van verskillende nasionaliteite aan boord van die Turkse vaartuig wat verlede week aangeval is, verbind kan word met Hamas en Al-Kaïda. 

Die vyf mense was na bewering aan boord van die Mavi Marmara, die grootste skip in die vloot van ses noodlenigingsvaartuie met meer as 700 internasionale aktiviste wat na Gasa onderweg was toe dit deur Israeliese magte aangeval is op 31 Mei.

Vlootsoldate wat die Mavi Marmara betree het is deur aktiviste met onder andere ysterstawe aangeval. Dis egter nie duidelik of die vyf aan die aanval deelgeneem het nie.

Onder die vyf tel Fatimah Mahmadi, ‘n Amerikaanse burger van Iranese afkoms, wat elektroniese komponente na die Gasastrook gesmokkel het en ook voorheen met die organisasie Viva Palestine saamgewerk het.

игры для девочикыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Israel sê Turke was voorberei vir konfrontasie

Israel se premier het Sondag gesê die Turkse aktiviste wat verlede week met Israeliese vlootkommando’s slaags geraak het, was voorbereid vir die konfrontasie. 

Hulle het hulself glo eers georganiseer en toegerus voordat hulle afsonderlik aan boord gekom het.

In Turkye het die Turkse Islamitiese liefdadigheidsgroep IHH se hoof, mnr Bulent Yildirim, Israel se weergawe ontken.  Hy het gesê al die passasiers het in die Turkse hawe Antalya aan boord gegaan.

Benjamin Netanyahu se stelling is die jongste in ‘n Israeliese veldtog om sy aanval verlede Maandag op ‘n flottielje na die Gasastrook, waarin nege aktiviste dood is, te regverdig. Die operasie het fel kritiek internasionaal uitgelok en Israel se betrekkinge met Turkye ernstig geskaad. Dit het ook gelei tot hernude druk om die driejaar-oue sluiting van die Gasastrook op te hef.

Netanyahu het aan sy kabinet gesê “dosyne rampokkers” van ‘n “ekstremistiese terroriste-organisasie” het hulle vir die vlootkommando’s voorberei.

“Volgens die inligting wat ons tans het, het hierdie groep apart aan boord gegaan in ‘n ander stad. Hulle het afsonderlik georganiseer en onder ander prosedures aan boord gekom,” het hy gesê. “Hierdie vyandige groep wou duidelik ‘n gewelddadige konfrontasie met ons soldate ontketen.”

Netanyahu wou nie die bron van sy inligting verskaf nie. Israeliese militêre beamptes het egter gesê daar is sterk bewyse dat die Israeliese soldate deur huursoldate aangeval is.

Videos wat deur die weermag vrygestel is, wys ‘n groep mans wat verskeie vlootkommando’s aanval terwyl hulle vanuit ‘n helikopter aan boord gaan. In die video word die soldate met kolwe en ander voorwerpe getakel. Die weermag het ook foto’s van messe, slingervelle en metaalstawe gewys wat van die skare gekonfiskeer is. Ander videos wat van verslaggewers en die sekuriteitskameras aan boord van die skip gekonfiskeer is, toon ‘n groep jong mans met kolwe en ander wapens voor die aankoms van die soldate.

Die geveg het op die Mavi Marmara, onder die Turkse vlag, plaasgevind en die oorledenes sluit agt Turke en ‘n Turks-Amerikaanse man in.

 

МильстримЛобановский

De Lille kom vir Vavi op

Patricia de Lille, leier van die Onafhanklike Demokrate, het Sondag Cosatu se algemene sekretaris, Zwelinzima Vavi, verdedig nadat hy twee ministers van korrupsie beskuldig het. 

“Die ANC se poging om hom stil te maak en te dissiplineer is veral onregverdig omdat hy een van die min leiers in die alliansie is wat nie die gewoonte van bevrydingspartye het om teenstanders stil te maak nie,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Vavi het ‘n herrie veroorsaak toe hy gekla het omdat die president en sy kabinet nie aangedui het dat hulle bewerings van korrupsie onder ministers waaroor vroeër in koerante berig is, sal ondersoek nie.

Die vakbond Cosatu het hierdie week aangedui dat hy verneem het dat Vavi voor ‘n ANC-tugkomitee verhoor sal word oor sy opmerkings.

“Hierdie gewoonte om die boodskapper aan te val maar die boodskap self te ignoreer, is ‘n gewoonte wat die ANC al baie teen my probeer gebruik het,” het sy gesê.

“Vavi is een van die enigste mense in die alliansie wat braaf genoeg is om hom uit te spreek teen korrupsie en gierigheid. Dis reg van hom om te vra dat aksie geneem word,” het sy gesê.

траверсы длялобановский александр игоревич класс

Transnetbaas skuldig bevind

Die voormalige Transnetbaas Siyabonga Gama is skuldig bevind aan ‘n ernstige oortreding van bestuursvoorskrifte wat verband hou met die toekenning van twee kontrakte, het die maatskappy Sondag gesê. 

Die bevindings deur ‘n onafhanklike voorsitter in ‘n interne dissiplinêre verhoor teen Gama is Saterdag aangekondig, het John Dludlu, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Gama is laat verlede jaar geskors ná aanklagte wat verband hou met die toekenning van ‘n kontrak aan Sibanye Trade Services om 50 lokomotiewe te herbou. Dié maatskappy het na bewering nie ondervinding in die herbou van lokomotiewe nie.

Gama, wat slegs toegelaat is om kontrakte van minder as R10 miljoen toe te ken, het ook na bewering ‘n kontrak van R19 miljoen aan ‘n sekuriteitsmaatskappy toegeken wat glo bande het met die minister van kommunikasie, Siphiwe Nyanda.

“Mnr Gama is in ‘n 200-bladsy bevinding wat al die besonderhede van die saak bevat, skuldig bevind aan elk van die aanklagte teen hom, insluitend een wat verband hou met die onomkeerbare skade aan sy verhouding met Transnet,” het Dludlu gesê.

камины металлические дровяныеалександр лобановский супермаркет класс

Joods-Russiese aktivis sê steun aan Afrikaners toe

Die Russies-Joodse aktivis wat tans in Israel woon, Avigdor Eskin, het in ‘n YouTube-video sy steun vanuit Jerusalem aan Afrikaners in hul huidige vryheidstryd toegesê. Eskin het in 1995 bekendheid verwerf toe hy ‘n sogenaamde Pulsa diNura-vloek oor die toentertydse eerste minister van Israel, Yitzak Rabin, uitgespreek het nadat hy die Oslo-ooreenkoms met die Palystyne aangegaan het. Rabin is 32 dae later in ‘n sluipmoord doodgeskiet, waarna Eskin van “aanhitsing” aangekla is.

Avigdor Eskin is ook ‘n intellektuele geesgenoot van die Russiese intellektueel Aleksandr Doegin wat bande met Wladimir Poetin het en waaroor dr. Dan Roodt van PRAAG op 28 Augustus 2009 in Pretoria ‘n praatjie met as tema Afrikaners en Aleksandr Doegin se geopolitieke denke aangebied het.

потолочные светильники недороголобановский депутат