Jeugliga lê klag teen burgemeester

Die ANC-jeugliga het ‘n klagte teen die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, gelê, het ‘n lid van die party gesê. 

“Ons het ‘n saak by die Khayelitsha-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Xolisa Hlwempu gesê.

“Ons sal die media inlig oor wanneer die burgemeester in hegtenis geneem sal word, sodat hulle daar kan wees om dit te sien.”

Volgens Chumile Sali, woordvoerder vir die Jeugliga se Dullah Omar-tak, is daar klagtes van beskadiging van eiendom en aanhitsing van geweld teen Plato gemaak.

Rulleska Singh, woordvoerder vir Plato, het gesê die burgemeester het deur die media van die klagte verneem.

“Wanneer die polisie die saak ondersoek sal hulle met die burgemeester self praat,” het Singh gesê.

Dít kom nadat lede van die ANCYL die toilette in Khayelitsha afgebreek het, omdat sinkplate in plaas van bakstene gebruik is om dit te bou.

игры для девачекФільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae