Boer lê volksmoordklag in Den Haag

‘n Boer van Rustenburg het Julius Malema by die internasionale strafhof in Den Haag van volksmoord en misdade teen die mensdom aangekla.

Dié man, wat intussen landuit is, se naam is nie bekend nie, maar het by monde van sy regverteenwoordiger met Die Burger geskakel.

Hy het uitgebreide boerderybelange, het sy prokureur, Fanie van der Walt, Maandag aan die koerant gesê. Hy sal na Suid-Afrika terugkeer en sy identiteit bekend maak sodra die hof in Den Haag sy veiligheid kan waarborg.

Malema word in die dokument daarvan beskuldig dat hy in die nasionale sowel as internasionale media ‘n oproep gedoen het met sy “Skiet die Boere” liedjie tot volksmoord teen Afrikanerboere.

Die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika word as dekmantel vir volksmoord en misdade teen die mensdom gebruik, lui die dokument.

Volgens die Statuut van Rome van die Verenigde Nasies wat in Julie 2002 in werking getree het, kan selfs opsweping tot volksmoord as volksmoord geklassifiseer word.

Die afgelope 16 jaar is 2 380 Afrikaners vermoor. “Vroue is verkrag en mense is sonder enige rede gemartel.” Van der Walt sê die ANC ontken die erns hiervan.

Misdade teen die mensdom ingevolge internasionale reg sluit onder meer in moord, verkragting, slawerny, onwettige deportasie, onregmatige ontneming van persoonlike vryheid, marteling en gedwonge prostitusie.

полиграф защиталобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae