Duitsland en Rusland vat hande

Rusland en Duitsland het ingestem tot groter internasionale samewerking.

President Dmitri Medwedef en sy Duitse ampsgenoot, kanselier Angela Merkel, se ontmoeting in die weelderige Barok-gastehuis, die kasteel Meseberg 40 km noord van Berlyn, sal lei tot nouer bande tussen die twee lande.

Merkel het gewys op die Europese Raad se Komitee vir Politiek en Veiligheid wat geskep is vir die doel om kwessies wat albei lande raak, te hanteer.

Die twee lande skakel tans dmv  ‘n Russies-EU-komitee op ambassadeursvlak, maar het onderneem om skakeling tussen die onderskeie ministers van buitelandse sake, mnr. Sergei Lawrof en me. Catherine Ashton, te hê.

Die ontmoeting, wat Merkel as nie-bilateraal beskryf het, kom slegs ‘n week nadat die EU en Rusland se spitsberaad in Rostov-on-Don gehou is. Die EU het tydens die beraad Rusland se versoek om visums vinniger uit te reik, verwerp. Die EU het egter in ‘n verklaring ingestem om te help om Rusland se ekonomie te moderniseer.

Rusland is klaarblyklik tydens die Meseberg-vergadering oorreed tot ‘n nuwe aanslag met betrekking tot Iran en sal voortaan nie sy vetoreg in die Veiligheidsraad gebruik om sanksies teen dié Moslemland af te weer nie.

Merkel is vol hoop dat China, wat ook oor vetoreg beskik, Iran ook sal teenstaan by die volgende Veiligheidsraadvergadering oor sy kernprogram. Sy het die media na afloop van die Duits-Russiese ontmoeting toegespreek.

прожектор сдоФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae