Die bevindings deur ‘n onafhanklike voorsitter in ‘n interne dissiplinêre verhoor teen Gama is Saterdag aangekondig, het John Dludlu, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
Gama is laat verlede jaar geskors ná aanklagte wat verband hou met die toekenning van ‘n kontrak aan Sibanye Trade Services om 50 lokomotiewe te herbou. Dié maatskappy het na bewering nie ondervinding in die herbou van lokomotiewe nie.
Gama, wat slegs toegelaat is om kontrakte van minder as R10 miljoen toe te ken, het ook na bewering ‘n kontrak van R19 miljoen aan ‘n sekuriteitsmaatskappy toegeken wat glo bande het met die minister van kommunikasie, Siphiwe Nyanda.
“Mnr Gama is in ‘n 200-bladsy bevinding wat al die besonderhede van die saak bevat, skuldig bevind aan elk van die aanklagte teen hom, insluitend een wat verband hou met die onomkeerbare skade aan sy verhouding met Transnet,” het Dludlu gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.