Die Israelse weermag het Sondag aangevoer dat vyf aktiviste van verskillende nasionaliteite aan boord van die Turkse vaartuig wat verlede week aangeval is, verbind kan word met Hamas en Al-Kaïda.
Die vyf mense was na bewering aan boord van die Mavi Marmara, die grootste skip in die vloot van ses noodlenigingsvaartuie met meer as 700 internasionale aktiviste wat na Gasa onderweg was toe dit deur Israeliese magte aangeval is op 31 Mei.
Vlootsoldate wat die Mavi Marmara betree het is deur aktiviste met onder andere ysterstawe aangeval. Dis egter nie duidelik of die vyf aan die aanval deelgeneem het nie.
Onder die vyf tel Fatimah Mahmadi, ‘n Amerikaanse burger van Iranese afkoms, wat elektroniese komponente na die Gasastrook gesmokkel het en ook voorheen met die organisasie Viva Palestine saamgewerk het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.