Forlan is speler van die toernooi

Uruguay se doelskopper, Diego Forlan, het die Goue Bal-toekenning as speler van die toernooi gewen nadat hy vyf doele in sewe wedstryde tydens die Wêreldbekersokkertoernooi aangeteken het. 

Uruguay het vierde geëindig nadat hulle Saterdag 3-2 teen Duitsland verloor het.

Spanje het Nederland 1-0 gewen om Sondag die Wêreldbekertrofee by Soccer City in te palm.

Duitsland se Thomas Mueller het die Goue Stewel-toekenning gekry nadat hy ook vyf doele in die toernooi geskop het.

Behalwe vir Forlan, het David Villa van Spanje en Wesley Sneijder van Nederland ook vyf doele aangeteken.

Die 20-jarige Mueller is as die beste jong speler gekies, terwyl Iker Casillas van Spanje as die doelwagter van die toernooi benoem is.

вертолетики на пульте управленияФильчаков прокурор

Brasiliaanse sokkerster voer opgekapte meisie aan honde

Bruno, die swart Brasiliaanse sokkerster, het glo sy eksmeisie Eliza Samudio wreed vermoor, haar liggaam in stukke opgekap en aan honde gevoer, berig die BBC. 

Hy is die doelwagter van ‘n Brasiliaanse ligasokkerspan wat ook die land se verdedigende kampioenspan is. Die Flamengo’s is tans die gewilde sokkerklub in Rio de Janeiro.

Samudio is vermoedelik in Belo Horizonte verwurg en daarna opgekap. Stukke van die 25-jarige model is daarna aan honde gevoer.

Die meisie was glo swanger en wou nie die swangerskap beëindig nie. Dit het glo aanleiding tot die struweling gegee.

Bruno het vroeër die week van owerhede gevlug toe die polisie sy huis omsingel het.

Hy het homself egter later gaan oorgee aan die polisie.

Hy het nie vanjaar deelgeneem aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie.

универсальный набор инструментовФильчаков прокуратура харьков

Polisielede geskors na seks met gevangene

Twee senior beamptes van Durban se Westville-gevangenis is geskors nadat ‘n polisieman klaarblyklik seks gehad het met ‘n vroulike gevangene. 

Die betrokke polisieman is in hegtenis geneem, het Manelis Wolesa, woordvoerder vir die Westville-gevangenes, gesê.

Die tronk se gebiedskommissaris sowel as die hoof van Westville se vroue-afdeling is die 23ste Junie geskors.

“Hulle is geskors sodat die ondersoek van onwettige seksuele omgang tussen ‘n polisieman van Pietermaritzburg en ‘n vroulike verhoorafwagtende, onbelemmerd kan voortgaan.

“Die departement neem hul onderneming om kwesbare groepe se veiligheid te verseker, baie ernstig op,” het Wolesa gesê.

Gerugte dat die verhoorafwagtende swanger is, kon nie bevestig word nie.

насосного оборудованияtopcargo кидалы

Mugabe, Mswati by WB-eindstryd

Nagenoeg 14 presidente uit Afrika, ‘n koning, koningin en ‘n prins sal na verwagting Sondag se Wêreldbeker-finaal tussen Spanje en Nederland bywoon, het Fifa Saterdag in ‘n verklaring gesê. 

Die gastelys sal koningin Sofia van Spanje en die uittredende eerste minister van Nederland, Jan Peter Balkenende, insluit wat die twee boonste spanne kom ondersteun.

Robert Mugabe sal ook die geleentheid bywoon. 

Die groot vraag bly steeds of voormalige president Nelson Mandela die finaal sal bywoon nadat hy die openingswedstryd op 11 Junie gemis het as gevolg van die dood van sy 13-jarige agterkleindogter in n motorongeluk.

Sepp Blatter, die president van Fifa, het sy hoop uitgespreek dat Mandela die finaal sal kan bywoon.

Volgens Fifa sal president John Atta Mills van Ghana, die enigste van ses Afrika-lande wat tot by die kwarteindronde deurgedring het, ook by dié laaste wedstryd teenwoordig wees.

Die lys kan nog verander, maar die volgende belangrike persone sal ook na verwagting by die finaal wees: President Robert Mugabe van Zimbabwe, Monaco se prins Albert, Sjeik Hamad bin Khalifa al-Thani van Katar, Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu en Spanje se Wimbledon kampioen, Rafael Nadal.

Koning Mswati van Swaziland sal na verwagting insgelyks teenwoordig wees.

Die Suid-Afrikaanse polisie het gewaarsku dat streng veiligheidsmaatreëls sal geld en paaie op die hoofpad wat na die Soccer City stadion lei, sal Sondagmiddag gesluit wees.

Die wedstryd begin om 20:30.

гидроаккумулятор минсклобановский александр

ET-moordverdagte verskyn vlugtig

Die 15-jarige verdagte wat van die moord op Eugene Terre’Blanche aangekla word, het dié week in die landdroshof op Ventersdorp verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag gesê. 

“Daar is niks belangriks in die hof gesê nie. Die seun was net in die hof vir sy 30-dae opvolg en die landdros het bevind dat sy toestand bevredigend is,” het Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder gesê.

Die saak is tot 6 Augustus uitgestel.

Volgens Mhaga was daar ‘n maatskaplike werker in die hof om die seun by te staan. Hy het egter nie enige klagtes gehad nie en is terug na die jeugsentrum gestuur.

Ná die seun se inhegtenisname is hy in ‘n plek van veilige bewaring geplaas, waar hy drie maaltye per dag kry, en vir die eerste keer op ‘n bed slaap.

Hy en sy medebeskuldigde, Chris Mahlangu het Terre’Blanche na bewering op 3 April in sy kamer op sy plaas doodgeslaan.

можжевельник веник фотопрокурор Фильчаков

Rowers vermom as polisielede beroof huis

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om toegang tot ‘n huis in Vanderbijlpark te verkry, het die polisie Donderdag in Gauteng gesê. 

Volgens kapt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, was die vier mans deel van ‘n groep van tien verdagtes wat ‘n man van Vanderbijlpark Maandag in sy huis beroof het.

“Die mans was in polisie-uniforms geklee en het sodoende toegang tot die slagoffer se huis verkry. Hulle het die slagoffer met vuurwapens aangehou,” het Kweza gesê.

Die verdagtes het met R2000 en ‘n Chrysler Voyager van die toneel gevlug.

“Danksy knap speurwerk is vier van die verdagtes in Katlehong vasgetrek. Die polisie het die motor en vuurwapens in hulle besit gevind.”

Verskeie polisie- en weermag-uniforms is ook gevind.

сколько стоит поставить брекеты ребенкуФильчаков прокурор

Misdaad neem merkbaar af tydens WB

Die besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, Clive Humphrey, het Donderdag gesê geweldsmisdaad in Pretoria het oral afgeneem.

Dié verskynsel is ook waarneembaar in Johannesburg. In sommige gevalle het misdaad met soveel as 70% afgeneem, berig Beeld.

Humphrey sê die suide van Pretoria en Centurion is merkbaar veiliger.

Die polisie het egter nog nie hulle misdaadstatistiek vir die duur van die Wêreldbeker vrygestel nie.

Sowat 55 000 bykomende permanente polisiebeamptes is aangestel in in aanloop tot 2010 en die reservistemag is ook versterk.

Volgens Roy Rawlins, ADT-hoof in Johannesburg, het misdaadvoorvalle met 70% in die weste van die stad afgeneem en in Johannesburg-Oos met 60%.

Rawlins skryf die verbetering toe aan die toename in sigbare polisiëring wat gepaard gegaan het met strategiese ontplooiing van hulpbronne vir die sokkertoernooi.

Dit is nie seker of verbeterde veiligheidstoestand gaan voortduur na afloop van die Wêreldbekersokkertoernooi nie.

куплю свитер на мальчика берегите белыхФильчаков прокуратура харьков

Chaos by Durban-lughawe ‘het vele oorsake’

Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het gister allerlei redes aangebied vir die chaos by die Koning Tsjaka-lughawe wat veroorsaak het dat honderde sokkergeesdriftiges die halfeindrondte van die wêreldsokkerbeker in Durban misgeloop het. ‘n Rekenaarstelsel, die weer en privaatstralers wat die parkeerruimtes beset het, is onder andere daarvoor geblameer.

Die sentrale lugruimbeheereenheid, wat die beweging van vliegtuie na en van lughawes beheer, het Woensdag tussen 16:00 en 20:00 foutief geraak, wat veroorsaak het dat lugbeheerdienste gleuwe na gelang van eerste aankoms begin toeken het, het ‘n woordvoerder vir Acsa, Solomon Makgale in ‘n verklaring gesê.

Die stelsel het tot Woensdag “volmaak” gefunksioneer.

“Privaatoperateurs het die situasie uitgebuit en in sekere gevalle gleuwe opgeneem wat nie aan hulle toegeken was nie…”

Soos wat lugverkeer gedurende die dag toegeneem het, is vliegtuie wat rondom 12:00 namiddag wou land, vir 20 minute vertraag weens lae wolke, wat die sig belemmer het.

Die gevolglike toename in lugverkeer in die Durbanse lugruim was so hoog dat kontroleurs teen 14:00 besluit het om lurgruimbeperkings in te stel. Dit het beteken dat geen vliegtuie na Durban vir 30 minute kon opstyg nie.

Toe beperkings rondom 17:00 opgehef is, het agt privaatvliegtuigoperateurs wat geland het in gebreke gebly om instruksies na te kom om na ander lughawens in die omgewing te vertrek.

“Dit het dit onmoontlik gemaak vir ander vliegtuie om na die lughawe te vlieg aangesien die vliegtuigparkeerruimtes beset was.

150 meer as gewoonlik

Gevolglik is ses geskeduleerde vlugte – van SAL, Kulula en British Airways – gedwing om hetsy na hul basis terug te keer, hetsy na ander lughawens te vlieg, wat ongeveer 600 passasiers verhoed het om by die sokkerwedstryd tussen Duitsland en Spanje by die Moses Mabhida-stadion uit te kom.

Die bedryfshoof van Acsa, Themba Maseko, het gesê dat daar op ‘n normale dag omtrent 100 vliegtuie by die Koning Tsjaka-lughawe land. Woensdag was daar egter 250.

Die vlieëniers van privaatvliegtuie, waarvan vele BBP’s aan boord had, het geweier om die vasgestelde prosedure te volg om hul passasiers af te laai voordat hulle na die ou Durbanse Internasionale Lughawe moes vertrek om te parkeer.

“Ek blameer nie die BBP’s nie. Die mense wat die probleem veroorsaak het, was die mense wat die vliegtuie gevlieg het,” het Maseko gesê.

Volgens hom het die vlieëniers begin om hul vliegtuie te verskuif toe Acsa met optrede teen hulle begin dreig het, maar toe was dit al te laat.

Die besturende direkteur van Acsa, Monhla Hlahla, het Suid-Afrikaners en geesdriftiges wat die wedstryd wou sien om verskoning gevra.

“Dit spyt ons dat hierdie voorval die heuglike bui in die land bederf het en ‘n vlek gelaat het op die uitmuntende pogings wat in die voorbereiding en fasilitering van lugverkeer gedurende dié luisterryke toernooi aangewend is.”

Sowel die wêreldsokkerliggaam FIFA as die 2010-organiseringskomitee het Donderdag hul hande in onskuld oor die chaos gewas.

Die voorsitter van die plaaslike organiseringskomitee, Irvin Khoza, het gesê sy liggaam neem geen verantwoordelikheid vir die chaos by die lughawe nie.

Die sekretarisgeneraal van FIFA, Jerome Valcke, het tydens ‘n mediakonferensie in Sandton, Johannesburg, gesê: “Ek wil dit duidelik maak dat dié probleem niks met FIFA te make het nie.”

Khoza het bygevoeg: “Dit was nie ons fout nie. Ons is jammer dat dit gebeur het maar kan nie verantwoordelik gehou word vir vliegtuie wat nie in Durban kon land nie.”справка о болезнипрокурор харьковской области

Sokkereindstryd ‘n muishondparade

“‘n Muishondparade. Dit is moeilik om ‘n ander indruk te vorm teen die agtergrond van sommige van die staats- en regeringshoofde wat genooi is om die eindstryd van die sokkerbertoernooi by te woon.”

Die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP), ds. Theunis Botha, het gereageer op die nuus dat pres. Robert Mugabe en die koning van Swaziland onder diegene tel wat die eindstryd gaan bywoon.

“Die regering het hard probeer om ‘n trots in die kontinent aan te wakker, en kom skiet dan die hele konsep in die voet deur die kontinent se swart skape te vereer,” sê Botha, wat ook waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA) is. “Dit is nie die mooiste boodskap om aan potensiële beleggers uit te stuur nie.”

casino онлайнФильчаков прокурор отзывы

Nederland se goue era

In Nederland is die kleur van goud oranje. Byna letterlik, as ‘n hoogleraar se stellings waar sou wees.

Dié Hoogleraar, José Bloemer van die Radboud Universiteit in Nijmegen, meen die Nederlandse ekonomie kan ‘n bykomende hupstoot van ‘n half persent kry as Nederland die sokker-wêreldbeker omhoog sou hou.

Hy baseer sy mening op die aanname dat meer mense in so ‘n geval Nederlandse produkte sal wil koop, en meer mense sal Nederland wil besoek.

Moontlik is Bloemer bietjie deur die euforie oorweldig wat hy self beskryf as: “Dat is gigantisch in deze tijd.”

Hy meen dat selfs sonder die wêreldbeker Nederland se ekonomie steeds sal baat. Supermarkte en kroeë skep meer winste, maar ook ander sektore proe aan die oranje-goud. Maar alles wat oranje blink, is ook nie goud nie. Restourante tel onder die bedrywe wat nou noustrop trek, met meer mense wat die sokker tuis op TV volg in plaas van om uit te gaan.

Na berig word het 8,5 miljoen Nederlanders die halfeindstryd teen Uruguay op TV gekyk. Bron: Trouw

деревянные светильникиФільчаков Олександр Васильович прокурор