praag.co.za

Forlan is speler van die toernooi

Uruguay se doelskopper, Diego Forlan, het die Goue Bal-toekenning as speler van die toernooi gewen nadat hy vyf doele in sewe wedstryde tydens die Wêreldbekersokkertoernooi aangeteken het. 

Uruguay het vierde geëindig nadat hulle Saterdag 3-2 teen Duitsland verloor het.

Spanje het Nederland 1-0 gewen om Sondag die Wêreldbekertrofee by Soccer City in te palm.

Duitsland se Thomas Mueller het die Goue Stewel-toekenning gekry nadat hy ook vyf doele in die toernooi geskop het.

Behalwe vir Forlan, het David Villa van Spanje en Wesley Sneijder van Nederland ook vyf doele aangeteken.

Die 20-jarige Mueller is as die beste jong speler gekies, terwyl Iker Casillas van Spanje as die doelwagter van die toernooi benoem is.

вертолетики на пульте управленияФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply