Spanje is die nuwe Wêreldbekersokkerkampioen. Dié land het die eindstryd gewen toe hulle Nederland in ekstra tyd met 1-0 by die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het.
Spanje, die Europese kampioene, was die gunstelinge om die toernooi in te palm.
Alhoewel die wedstryd deur geel kaarte gekenmerk is – 12 van hulle – was dit ‘n futlose vertoning deur albei spanne. Nederland moes ná ‘n rooi kaart met 10 spelers klaarkom.
Bykans 85 000 toeskouers het die geleentheid bygewoon.
Ekstra tyd is toegestaan nadat die wedstryd in die toegelate tyd doelloos geeïndig het.
Die wendoel is uiteindelik deur Andres Iniesta aangeteken om die Oranje span tweede te laat eindig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.