Sakeman wil help om boerkaboetes te betaal

‘n Franse sakeman het aangebied om eiendomme te verkoop om Moslemvroue te help om hul boetes betaal wat hulle dalk opgelê mag word, indien hulle die boerka dra. 

Dít kom nadat Frankryk se parlement tans debateer oor die verbod op die dra van ‘n boerka.

Frankryk sal waarskynlik die verbod op die boerka Dinsdag goedkeur, en vroue sal met sowat R1 500 beboet word indien hulle die boerka in openbare plekke dra.

Rachid Nekkaz het in ‘n verklaring wat in verskeie koerante gepubliseer is gesê hy sal eiendomme verkoop en vroue help om enige boetes te vereffen.

металлокерамика протезированиеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Besnydenisdodetal styg

Die besnydenisdodetal in die Oos-Kaap het gestyg tot 41 nadat nóg swart seuns tydens tradisionele seremonies besny is, het die provinsiale departement van gesondheid Maandag gesê. 

“Die mees onlangse slagoffer was ‘n 19-jarige seun wat Vrydag gesterf het,” het Sizwe Kupelo, woordvoerder, gesê.

Hy was deel van ‘n inisiasieskool by die Nyanisweni-informele nedersetting in Bizana wat Saterdag aan die brand gesteek is.

Sowat 11 seuns is beseer toe die grashut waarin hulle gesit het aan die brand gesteek is.

“Die seuns is na die Nelson Mandela Akademiese Hospitaal geneem waar een gesterf het nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het,” het Kupelo gesê.

‘n Tweede slagoffer het ook later aan sy beserings beswyk.

“Die departement het die polisie gevra om die voorval te ondersoek nadat een van die inwoners glo iets op die hut se dak gegooi het. Die verdagte het glo uitgebars van die lag en toe op die vlug geslaan.”

online free casinoОлександр Васильович Фільчаков

Polisie skiet motoris vir verkeersoortreding dood

Vier polisiebeamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag ‘n motoris in Pretoria se middestad doodgeskiet het, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) gesê. 

Nkosinathi Ntuli (23) van Doornpoort het glo aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy doodgeskiet is, het Moses Dlamini, ‘n woordvoerder gesê.

Volgens Dlamini is die beamptes, wat ‘n kaptein, twee sersante en ‘n adjudant-offisier insluit, gearresteer, nadat geen bewyse gevind kon word wat aandui dat hul lewens in gevaar was nie.

Ten tye van die voorval het die beamptes in ‘n privaatmotor gery en die bestuurder van die motor het nie sy uniform aangehad nie. Die ander drie beamptes het hul uniforms aangehad.

Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

если десна воспалиласьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Somaliese rebelle verantwoordelik vir Kampala-aanvalle

‘n Somaliese militante groep wat bande met Al-Kaida het, het Maandag verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike bomaanvalle in Uganda se hoofstad tydens die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. 

Minstens 74 mense is in die aanval oorlede. Dit is deur rebelle van die Al-Shabaab by twee restaurante in Kampala geloods terwyl skares mense die eindstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk het.

Die aanvalle beteken ‘n verinternasionalisering van Somalië se burgeroorlog van 20 jaar.

“Ons het die aanvalle geloods omdat ons oorlog voer teen hulle,” het Mohamoud Rage, die Shabaab-groep se woordvoerder gesê.

Sy uitlating volg nadat Uganda troepe gestuur het namens die Afrika-Unie wat die Somaliese regering in die burgeroorlog ondersteun.

Volgens Kale Kayihura, ‘n plaaslike polisiehoof, het drie ontploffings die stad geskud. Een was glo as gevolg van plofstof wat in ‘n gebou geplant is, maar die ander twee was moontlik weens selfmoordbomaanvalle.

no depositФильчаков Александр Васильевич

Zuma sê vreemdelinghaat is net gerugte

Dreigemente oor die uitbreek van xenofobiese geweld in Suid-Afrika is steeds net gerugte, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê. 

“Ek is nie seker of daar al dreigemente van xenofobiese geweld was nie. Maar ek weet daar was gerugte wat aangemeld is,” het hy aan joernaliste in Sandton gesê.

Volgens hom het die regering ‘n ministriële kommissie op die been gebring om die situasie te hanteer.

“Die regering is in beheer van die situasie en ek is seker mense hoef nie bang te wees nie omdat ons na hulle veiligheid sal omsien.”

Zuma het gesê daar is nog nie konkrete bewyse van xenofobiese aanvalle nie.

Daar is egter Maandag berig dat daar aanvalle op immigrante in die Wes-Kaap was.

Altesaam 62 mense het in 2008 gesterf en 1500 is haweloos gelaat nadat xenofobiese geweld in Gauteng gewoed het.

casino games with bonusesлобановский александр досье

Wat is die verhouding tussen aardbewings en tsoenami’s?

‘n Groep wetenskaplikes meen hulle het nou bepaal hoekom sommige aardbewings tsoenami’s tot gevolg het, en ander nie.

Dié vraag het veral ontstaan nadat twee van die grootste aangetekende aardbewings naby mekaar ontstaan het, en die een ‘n verwoestende tsoenami tot gevolg het, en die ander nie.

Die eerste aardbewing, wat 9,1 op die Richterskaal geregistreer het, het op 26 Desember 2004 naby Sumatra ontstaan, en ‘n tsoenami van meer as dertig meter hoog tot gevolg gehad. Meer as ‘n kwart miljoen mense het omgekom.

Drie maande later het ‘n 8,7 aardbewing net suid van die vorige toegeslaan, en die veel kleiner tsoenami het tot 1 300 sterftes gelei. Die twee aardbewings het op verskillende segmente van dieselfde aardkorsfout voorgekom.

Die Christian Science Monitor berig geoloë van die Universiteit van Southampton in Engeland meen die eerste aardbewing het die seebedding veel meer laat beweeg as die tweede. Die water bokant die eerste aardbewing is as’t water deur ‘n groot plak gewiks.

Met die tweede aardbewing is die aardkors veel minder geklits.

Seismiese peilings het getoon dat die seebedding rondom die episentrum van die eerste skudding uit veel sagter materiaal bestaan as die tweede.

Intussen het die vraag wél opgeduik of vanjaar se baie, en sterk aardbewings, op iets dui.

Die vraag is veral gevra na Haïti, Chili en Taiwan binne ongeveer drie maande erge skade gely het, en daar in Haïti en Chili erge lewensverlies was. Kuo Kai-wen van Taiwan se seismologiese instituut het egter gemeen dat die erge skuddings niks ongewoons is nie, en dat die groot skuddings onverwant was.

Ander geoloë – hoewel hulle hul nie oor ‘n toename uitspreek nie – meen egter skuddings word wél “aangesteek.” Omdat skokgolwe ook deur die aarde trek, is dit nie noodwendig so dat die foutlyne naby mekaar hoef te wees nie. Spanning bou oor tyd op, en wanneer ‘n aardbewing iewers genoeg skokgolwe oplewer, is dit dalk nét die hupstoot wat nodig is om die spanning te ontlont, en ‘n aardbewing iewers is die gevolg.

Op ‘n lys van beduidende aardbewings vanjaar (die onlangse skuddings in die omgewing van Kakamas het nie die lys gehaal nie) is die skuddings van meer as 7 op die Richterskaal aangedui, en let op die skudding in Chili. Die skudding in Haïti wat die wêreld so met hulp laat reageer het, haal die swaarlys net-net, terwyl die een wat soveel skade in Taiwan veroorsaak het, nie die swaarlys haal nie.

Ander faktore as die sterkte van die skudding, soos bedenklike bouwerk, tsoenami’s en modderstortings bepaal dikwels die lewensverlies en skade.

En net om duiwelsadvokaat te speel, het die intensiteit van aardbewings toegeneem. Kyk maar self.

Bron vir aardbewings vanjaar: http://earthquake.usgs.gov/earthquakes/eqinthenews/2010/

медицинская справка 095уФильчаков прокурор харьков

‘Mbeki nooit verbied by SABC’

Die SABC het Sondag berigte dat die openbare uitsaaier televisie- en radiodekking van oudpres. Thabo Mbeki verbied het, as “vals” afgemaak.

“Die SABC verwerp die artikel ‘SABC-nuusbaas Molefe verbied Mbeki’, wat in vandag se uitgawe van die Sunday Times verskyn het, met die veragting wat dit verdien,” het Kaizer Kganyago, ‘n woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die artikel… is heeltemal vals, is daarop gemik om te mislei, en is ongegrond.”

Die Sunday Times het berig dat die ANC se hoofkantoor na bewering vir Molefe beveel het om geen onderhoude met Mbeki of enige berigte oor hom uit te saai nie.

Die SABC se nuushoof, Phil Molefe, het na bewering ‘n vergadering met senior nuuspersoneel byeengeroep, waar hy aan hulle gesê het Mbeki se verskyning op SABC-televisie is nadelig vir die ANC-leier, pres. Jacob Zuma.

“Daarom wil ons aandui dat daar nooit enige instruksie aan enigiemand gegee is of enige plan was om oudpres. Mbeki van ons platforms te verbied nie,” het Kganyago gesê.

Hy het gesê die SABC het geen instruksies van Luthuli-huis of van Mahlambandlovu ontvang nie.

Die SABC word gelei deur sy redaksionele beleid, en sal nooit enige instruksies van enige persoon of organisasie aanvaar nie, het hy gesê.

внутри фотопрокурор Фильчаков

Twee bomontploffings ruk Kampala

Minstens 23 mense is Sondag dood ná ontploffings in twee restaurante in Kampala, die hoofstad van Uganda, terwyl skares besig was om die die finaal van die Wêreldbeker-Sokkertoernooi te volg, het die polisie gesê 

Een van die ontploffings was in ‘n Ethiopiese restaurant in die suide van die hoofstad en die ander was by ‘n rugby-sportklub in die ooste van Kampala, het die polisiehoof Kale Kavihura aan verslaggewers gesê.

“Dertien mense is hier dood,” het hy met verwysing na die Ethiopiese restaurant gesê.

“Ek kan van tientalle sterftes praat,” het hy ná die ontploffing by die sportklub gesê.

“Hierdie bomme het beslis die Wêreldbekerykers geteiken,” het Kavihura gesê.

beyond polus отбеливаниеФильчаков прокурор

Man wat aansterk koelbloedig geskiet

‘n Man van Vanderbijlpark is Sondagoggend koelbloedig langs sy vrou in hul bed doodgeskiet deur twee swart rowers.

Neels Jansen van Roodia-kleinhoewes het tuis aangesterk na ‘n breukoperasie, berig Beeld. Jansen is glo in die maag geskiet.

Die boewe het haar belet om haar sterwende man by te staan.

Jansen se vrou is op die bed langs haar man vasgebind nadat die rowers deur ‘n venster in die huis ingebreek het.

Die rowers het hierna met kontant, drie selfone en ‘n voertuig van die gesin gevlug.

 

дровяные печи камины для домаФильчаков прокуратура харьков

Spanje is die nuwe SWB-kampioen

Spanje is die nuwe Wêreldbekersokkerkampioen. Dié land het die eindstryd gewen toe hulle Nederland in ekstra tyd met 1-0 by die Soccer City-stadion in Johannesburg geklop het. 

Spanje, die Europese kampioene, was die gunstelinge om die toernooi in te palm.

Alhoewel die wedstryd deur geel kaarte gekenmerk is – 12 van hulle – was dit ‘n futlose vertoning deur albei spanne. Nederland moes ná ‘n rooi kaart met 10 spelers klaarkom.

Bykans 85 000 toeskouers het die geleentheid bygewoon.

Ekstra tyd is toegestaan nadat die wedstryd in die toegelate tyd doelloos geeïndig het.

Die wendoel is uiteindelik deur Andres Iniesta aangeteken om die Oranje span tweede te laat eindig.

гра для дітейлобановский александр харьков