Eskom waarsku Frankfort

Eskom het Dinsdag die munisipaliteit van Mafube, beter bekend as Frankfort, ‘n verlenging van vyf werksdae gegee om sy uitstaande elektrisiteitsrekeninge te betaal. 

Dit kom nadat dié munisipaliteit nie die afsnydatum vir betalings gehaal het nie.

“Eskom kondig met genoegdoening aan dat munisipaliteite in die Vrystaat se uitstaande elektrisiteitsrekeninge vereffen is behalwe vir die van die munisipaliteit van Mafube, wat ‘n addisionele vyf werksdae het om dit af te handel, ” het dié maatskappy in ‘n verklaring gesê.

Eskom het nie dié munisipaliteit se elektrisiteit afgeskakel nie, ten spyte daarvan dat dit nie die betyds opgedok het nie.

Eskom het vroeër hierdie maand gedreig om elf munisipaliteite se elektrisiteit af te sny indien hulle nie hul agterstallige skuld teen 20 Julie betaal nie.

free moneyФильчаков Александр Васильевич

McBride dalk Pretoria se volgende metropolisiehoof

Robert McBride, eertydse terroris en bomplanter, asook voormalige metropolisiehoof van Ekurhuleni aan die Oos-Rand, is een van die gunstelinge vir die pos van strategiese uitvoerende hoof vir gemeenskapsveiligheid vir Pretoria.
Hy is op ‘n kortlys van vyf kandidate waaruit Pretoria se nuwe metropolisiehoof gekies sal word.
 
Benewens sy geskiedenis van terreur teen burgerlikes, staan hy nog steeds tereg op meer onlangse aanklagte van bedrog, dronkbestuur en regsverydeling ná ‘n ongeluk in Desember 2006. 
Die Ekurhuleni-metroraad het McBride in 2008 ná dié voorvalle afgedank nadat sy regskostes die raad ten minste R10miljoen uit die sak gejaag het.  

Volgens ‘n berig in Die Burger, meen ‘n senior amptenaar wat ten nouste betrokke is by die aanstellingsproses, “speel Tshwane met vuur”.

“Net een kandidaat op die kortlys, Pinkie Mathabathe, voldoen aan al die wetlike vereistes om dié belangrike pos te beklee,” het hy aan die dagblad gesê.

Die vorige hoof, komm. Mpho Mmutle het vroeër vanjaar bedank nadat hy glo verbind is met ongerymde transaksies in Pretoria se Tetra-tender van meer as R100 miljoen. Niks het sedertdien van die aantygings gekom nie.

игрушки трансформерыДанильченко Юрий отзывы

SA-bevolking groei met halfmiljoen in een jaar

Suid-Afrika se bevolking het met 530 000 toegeneem in die afgelope 12 maande sedert Junie verlede jaar, het Statistiek SA Dinsdag gesê. 

Die aantal inwoners in die land staan dus in die middel van dié jaar, 2010, op 49.99 miljoen.

Volgens Statistiek SA sluit hierdie getal al die mense van die land in vir die middel van 2010, gebaseer op die jongste beskikbare inligting.

Sowat 51% (25.66 miljoen) van die Suid-Afrikaanse bevolking is vroulik.

Die grootste persentasie inwoners, sowat 11.19 miljoen (22.4%), is in Gauteng geregistreer. Hierop volg KwaZulu-Natal met 10.65 miljoen (21.3%) mense.

In die Noordkaap woon slegs 1.10 miljoen (2.2%) van die bevolking.

Byna een-derde (31.0%) van die bevolking is jonger as 15 en 7.6% (3.8 miljoen) was 60 jaar of ouer.

Die gemiddelde lewensverwagting vir Suid-Afrikaanse mans is 53.3 jaar en 55.2 jaar vir Suid-Afrikaanse vroue.

іграшкитопкарго отзывы

Nuwe vigsdeurbraak deu SA-navorsers

‘n Deurbraak deur Suid-Afrikaanse vigsnavorsers is Dinsdag bekend gemaak met ‘n smeermiddel wat MIV-oordrag onder vroue kan halveer. 

Dié uitvinding kan 2,5 miljoen vroue in 73 arm lande se lewens na raming red. 

Altesaam 889 vroue van Durban en landelike gebiede het aan die drie jaar lange studie deelgeneem.

Volgens dr. Koleka Mlisana van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) gebeur “só ‘n deurbraak in die loopbaan van ‘n wetenskaplike  net een keer in ‘n leeftyd”.

Die smeermiddel bevat 1% tenofovir, ‘n antiretrovirale middel wat dikwels in kombinasie met ander soortgelyke medisyne toegedien word in die behandeling van vigs. Tenofovir word deur die vel opgeneem.

Die smeermiddel word met ‘n buis binne 12 uur vóór en 12 uur ná seks toegedien.

In die opname het die smeermiddel in 39% van die gevalle MIV-oordrag voorkom en 51% kon besmetting deur genitale herpes (HSV-2) vermy.

Prof. Salim Abdool Karim en sy vrou, Quarraisha, wat die projek gelei het, is Dinsdag by die Wêreld-vigskonferensie in Wene, Oostenryk, staande toegejuig toe die deurbraak wêreldkundig gemaak is.

Die bevindings sal binne twee tot drie jaar deur onafhanklike navorsing bevestig kan word.

кухни цена украинаФільчаков прокурор

NAACP bevorder naakte rassisme

Breitbart, ‘n bekende Amerikaanse webwerf het ‘n video gepos van ‘n toespraak deur Shirley Sherrod, USDA se Landelike Ontwikkelingsdirekteur van die deelstaat Georgia, waar sy by die swart aktivistegroep, die NAACP (National Association for the Advancement of Colored Peoples} se 20ste jaarlikse Vryheidsbanket wit boere bykom.  

Die video toon Sherrod waar sy sê rasse-oorwegings was ‘n faktor in haar besluit om ‘n wit boer wat by haar aangeklop het vir hulp, nie te help nie

“Die eerste keer dat ek te make gehad het met ‘n wit boer wat wou gehad het dat ek sy plaas moes help red, het hy ‘n lang tyd gepraat, maar hy het probeer om my te wys hy is beter as ek. Ek weet wat hy gedoen het, maar hy het na my gekom vir hulp. Wat hy nie geweet het nie was dat terwyl hy al die tyd probeer om te wys hy is beter as ek met sy pratery, het ek probeer om te bepaal hoeveel hulp ek hom wou gee,” het Sherrod gesê.

Haar anti-wit opmerkings is met ‘n goedkeurende “dis reg!” uit die gehoor begroet.

“Ek sukkel met die feit dat soveel swart mense hul plaasgrond verloor het, en hier het ek te make met ‘n wit persoon wat wil hê ek moet hulle grond red. Dus het ek hom nie die volle krag van wat ek kan doen aangebied nie. Ek het net genoeg gedoen,” het Sherrod gesê, “dat wanneer hy – ek aanvaar dat die Departement van Landbou hom na my gestuur het, of die Georgia Departement van Landbou – teruggaan om verslag te doen, ten minste [vir hulle] sal sê dat ek probeer het om hom te help.”

In die video, het Sherrod ook gesê sy het die wit boer verwys na ‘n wit prokureur, denkende dat laasgenoemde meer simpatiek sou wees as gevolg van ras. “Ek het hom na ‘n wit prokureur wat van die opleiding wat ons verskaf het vir bankrotskap […] bygewoon het, gestuur. Ek het gedink as ek hom na een van sy eie stuur, dat sy eie soort vir hom sou sorg.”

Die NAACP wou Maandag nie dadelik kommentaar lewer nie.

и мозаикаФільчаков прокурор

Zuma paai Ghadaffi

President Jacob Zuma het sy ampsbesoek aan Libië afgesluit. Zuma het tydens sy besoek met die Libiese leier, Moeammar Ghadaffi, vergader.

Die fokus van die vergadering was volgens die Suid-Afrikaanse afvaardiging die komende naweek se Afrika-Unie staatshoofberaad in Oeganda.

Volgens wat berig word het Zuma Ghadaffi egter gaan paai nadat die Libiese leier gedreig het om die beraad te boikot, omdat dit nie in sy land gehou word nie.

‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse president het dit ontken en sê daar is gepraat oor verskeie belangrike kwessies wat verband hou met die Afrika-Unie.

бра интернетлобановский александр игоревич класс

Polisie verjaag plakkers vir De Beers

Die polisie het versterkings na Jagersfontein in die Vrystaat gestuur, nadat swart inwoners  ‘n mynstortingsterrein van De Beers, wat in onbruik is, beset het.

Die diamantreus, het reeds in Maart besluit om die eiendom van die hand te sit. Die inwoners beweer dat hulle by De Beers aansoek gedoen het om die grond te koop.

‘n Woordvoerder, Tom Tweedy, sê sy maatskappy is steeds besig om deur koopaansoeke te gaan. Volgens Tweedy behoort die tender-proses teen September afgehandel te wees.

‘n Woordvoerder van die ANC-Jeugliga in die Vrystaat, Thabo Meeko, sê die gebied is onontbeerlik vir die arm swart gemeenskap se oorlewing.

how to promote your businessОлександр Фільчаков прокурор

Meer as 9 000 KZN-wetenskaponderwysers onopgelei

Meer as 9 000 wetenskaponderwysers in KwaZulu-Natal is nie opgelei om die onderwysposte wat hulle beklee te vul nie, het die Inkatha-Vryheids-party (IVP) Maandag gesê. 

“Sowat 9 229 uit die provinsie se 34 968 wetenskaponderwysers het tans nie formele kwalifikasies om wetenskap as vak aan te bied nie,” het Roman Liptak, IVP-LPW, gesê.

Dié party sê 1 130 van hierdie onderwysers het slegs matriek geslaag, terwyl 925 oor matriek met slegs een of hoogstens twee jaar se naskoolse opleiding  beskik.

Die provinsie se onderprestasie in wetenskap en wiskunde kan aan die gebrek aan opgeleide personeel tiegeskryf word. Die grootste aantal onopgeleide onderwysers is in Vryheid.

купить детский гольф для мальчикаФильчаков Александр Васильевич

Xenofobiese aanval ‘gewone roof’

‘n 19-jarige Somaliese winkelassistent is Maandagoggend tydens ‘n mislukte rooftog in Nyanga in die gesig geskiet, het die polisie in die Wes-Kaap gesê.

Volgens kapt. Ntomboxolo Sitshitshi, polisiewoordvoerder, is die jong man deur twee verdagtes genader om die sekuriteitshek van die winkel, waar hy gewerk het, oop te maak.

“Terwyl hy na die sleutels gesoek het, het die verdagtes op hom losgebrand en hom doodgeskiet.”

Die mans het op die vlug geslaan.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om die Nyanga-polisiestasie te kontak by (021) 380 3320.

Na bewering is die Somaliese eienaar van die winkel nie tydens die voorval beseer nie.

Sitshitshi het bygevoeg dat hierdie voorval slegs as ‘n gewone rooftog ondersoek word en nie as ‘n xenofobiese aanval nie.

детский игры для девочекОлександр Фільчаков прокурор

Clinton glo Bin Laden leef nog

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Maandag in Islamabad tydens ‘n televisie-onderhoud gesê sy glo Osama bin Laden is steeds in Pakistan.

“Ek glo hy (Bin Laden) is hier in Pakistan en dit sal baie help as ons hulle almal (Al-Kaida-leiers) kan uitvat,” het sy gesê.

Leon Panetta, hoof van die CIA, het in Junie gesê dat die hoof van Al-Kaida êrens diep wegkruip.

Bin Laden het nege jaar gelede verdwyn nadat die VSA op 11 September 2001 aangeval is.

гостиная с камином в загородном домеданильченко юрій Харків