NAACP bevorder naakte rassisme

Breitbart, ‘n bekende Amerikaanse webwerf het ‘n video gepos van ‘n toespraak deur Shirley Sherrod, USDA se Landelike Ontwikkelingsdirekteur van die deelstaat Georgia, waar sy by die swart aktivistegroep, die NAACP (National Association for the Advancement of Colored Peoples} se 20ste jaarlikse Vryheidsbanket wit boere bykom.  

Die video toon Sherrod waar sy sê rasse-oorwegings was ‘n faktor in haar besluit om ‘n wit boer wat by haar aangeklop het vir hulp, nie te help nie

“Die eerste keer dat ek te make gehad het met ‘n wit boer wat wou gehad het dat ek sy plaas moes help red, het hy ‘n lang tyd gepraat, maar hy het probeer om my te wys hy is beter as ek. Ek weet wat hy gedoen het, maar hy het na my gekom vir hulp. Wat hy nie geweet het nie was dat terwyl hy al die tyd probeer om te wys hy is beter as ek met sy pratery, het ek probeer om te bepaal hoeveel hulp ek hom wou gee,” het Sherrod gesê.

Haar anti-wit opmerkings is met ‘n goedkeurende “dis reg!” uit die gehoor begroet.

“Ek sukkel met die feit dat soveel swart mense hul plaasgrond verloor het, en hier het ek te make met ‘n wit persoon wat wil hê ek moet hulle grond red. Dus het ek hom nie die volle krag van wat ek kan doen aangebied nie. Ek het net genoeg gedoen,” het Sherrod gesê, “dat wanneer hy – ek aanvaar dat die Departement van Landbou hom na my gestuur het, of die Georgia Departement van Landbou – teruggaan om verslag te doen, ten minste [vir hulle] sal sê dat ek probeer het om hom te help.”

In die video, het Sherrod ook gesê sy het die wit boer verwys na ‘n wit prokureur, denkende dat laasgenoemde meer simpatiek sou wees as gevolg van ras. “Ek het hom na ‘n wit prokureur wat van die opleiding wat ons verskaf het vir bankrotskap […] bygewoon het, gestuur. Ek het gedink as ek hom na een van sy eie stuur, dat sy eie soort vir hom sou sorg.”

Die NAACP wou Maandag nie dadelik kommentaar lewer nie.

и мозаикаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae