Nuwe vigsdeurbraak deu SA-navorsers

‘n Deurbraak deur Suid-Afrikaanse vigsnavorsers is Dinsdag bekend gemaak met ‘n smeermiddel wat MIV-oordrag onder vroue kan halveer. 

Dié uitvinding kan 2,5 miljoen vroue in 73 arm lande se lewens na raming red. 

Altesaam 889 vroue van Durban en landelike gebiede het aan die drie jaar lange studie deelgeneem.

Volgens dr. Koleka Mlisana van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) gebeur “só ‘n deurbraak in die loopbaan van ‘n wetenskaplike  net een keer in ‘n leeftyd”.

Die smeermiddel bevat 1% tenofovir, ‘n antiretrovirale middel wat dikwels in kombinasie met ander soortgelyke medisyne toegedien word in die behandeling van vigs. Tenofovir word deur die vel opgeneem.

Die smeermiddel word met ‘n buis binne 12 uur vóór en 12 uur ná seks toegedien.

In die opname het die smeermiddel in 39% van die gevalle MIV-oordrag voorkom en 51% kon besmetting deur genitale herpes (HSV-2) vermy.

Prof. Salim Abdool Karim en sy vrou, Quarraisha, wat die projek gelei het, is Dinsdag by die Wêreld-vigskonferensie in Wene, Oostenryk, staande toegejuig toe die deurbraak wêreldkundig gemaak is.

Die bevindings sal binne twee tot drie jaar deur onafhanklike navorsing bevestig kan word.

кухни цена украинаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae