President Jacob Zuma het sy ampsbesoek aan Libië afgesluit. Zuma het tydens sy besoek met die Libiese leier, Moeammar Ghadaffi, vergader.
Die fokus van die vergadering was volgens die Suid-Afrikaanse afvaardiging die komende naweek se Afrika-Unie staatshoofberaad in Oeganda.
Volgens wat berig word het Zuma Ghadaffi egter gaan paai nadat die Libiese leier gedreig het om die beraad te boikot, omdat dit nie in sy land gehou word nie.
‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse president het dit ontken en sê daar is gepraat oor verskeie belangrike kwessies wat verband hou met die Afrika-Unie.
