McBride dalk Pretoria se volgende metropolisiehoof

Robert McBride, eertydse terroris en bomplanter, asook voormalige metropolisiehoof van Ekurhuleni aan die Oos-Rand, is een van die gunstelinge vir die pos van strategiese uitvoerende hoof vir gemeenskapsveiligheid vir Pretoria.
Hy is op ‘n kortlys van vyf kandidate waaruit Pretoria se nuwe metropolisiehoof gekies sal word.
 
Benewens sy geskiedenis van terreur teen burgerlikes, staan hy nog steeds tereg op meer onlangse aanklagte van bedrog, dronkbestuur en regsverydeling ná ‘n ongeluk in Desember 2006. 
Die Ekurhuleni-metroraad het McBride in 2008 ná dié voorvalle afgedank nadat sy regskostes die raad ten minste R10miljoen uit die sak gejaag het.  

Volgens ‘n berig in Die Burger, meen ‘n senior amptenaar wat ten nouste betrokke is by die aanstellingsproses, “speel Tshwane met vuur”.

“Net een kandidaat op die kortlys, Pinkie Mathabathe, voldoen aan al die wetlike vereistes om dié belangrike pos te beklee,” het hy aan die dagblad gesê.

Die vorige hoof, komm. Mpho Mmutle het vroeër vanjaar bedank nadat hy glo verbind is met ongerymde transaksies in Pretoria se Tetra-tender van meer as R100 miljoen. Niks het sedertdien van die aantygings gekom nie.

игрушки трансформерыДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae