‘Groter eenheid binne ANC’

Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê.

“Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n woordvoerder, gesê.

Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.

“Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het…”

Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by ‘n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.

Die party het oudpres. Nelson Mandela ook ‘n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in ‘n hospitaal in Pretoria opgeneem is.

topcargo отзывы сотрудников

Duitse tydskrif kondig Bush se afsterwe aan

Die gerspekteerde Duitse weeklikse nuustydskrif Der Spiegel het per ongeluk ‘n doodsberig van oudpres. George H.W. Bush gepubliseer.

Die onvoltooide berig het Sondag vir enkele minute op die publikasie se webtuiste verskyn voordat dit verwyder is.

Die tydskrif se New York-korrespondent, Marc Pitzke, het die oudpresident as ‘n “kleurlose politikus” beskryf, wie se beeld slegs verbeter het toe dit later met sy seun, George W. Bush, se presidensie vergelyk is.

Bush sr. (88) is op 23 November vir ‘n brongitisverwante hoes in die hospitaal opgeneem. Hy is ‘n maand later na die intensiewesorgeenheid geskuif nadat hy koorsig geraak het.

‘n Familiewoordvoerder sê die oudpresident is die naweek na ‘n gewone hospitaalkamer geskuif nadat sy toestand verbeter het.

Фильчаков прокуратура харьков

Verkeersboetes? Watwou!

Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag.

Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig.

Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart 2012 R980 miljoen se boetes ontvang, maar slegs R86 miljoen se boetes (nege persent van die totale waarde) is betaal.

Tshwane en Johannesburg is die enigste metro munisipaliteite wat deelgeneem het aan die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Verkeersoortredings (Aarto) se proeffase.

Uit die 1,8 miljoen boetes wat in die afgelope finansiële jaar in die Johannesburg en Tshwane munisipaliteite uitgereik is, is slegs 251 125 (14%) betaal.

лобановский александр отзывы

Zuma: SA gaan vooruit

Pres. Zuma het Suid-Afrikaners Maandag ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens, en gesê die land sal sy doelstellings bereik as die hele bevolking saamwerk om ‘n veilige samelewing te skep.

“Ons het in 2012 baie vooruitgang gemaak soos ons voortgegaan het met ons poging om ‘n verenigde, nierassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou,” het hy in ‘n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, gesê.

“Soos ons voortbeweeg na daardie mylpaal, moet ons vinniger werk om sosio-ekonomiese vryheid te verkry,” het hy bygevoeg.

Die president het na die 2011 Sensus verwys, en gesê die data dui daarop dat die regering besig is om vooruitgang te maak in gebiede soos basiese dienste en onderwys.

“Terselfdertyd dui die Sensus ook op ‘n groot inkomstegaping. Dit het byvoorbeeld gewys die inkomste van ‘n wit huishouding is ses keer dié van ‘n swart huishouding.”

Hy het ook na die geweld by Marikana verwys, en gesê probleme moet vreedsaam opgelos word.

“Ons moet ‘n samelewing skep waarin vroue en kinders vry en veilig voel, met geen vrees van mishandeling, verkragting of enige vorm van geweld nie, en ‘n samelewing waarin diere, veral die renoster, veilig is van ongenaakbare stropers. Dis moontlik om daardie samelewing te skep deur hard saam te werk.

“Ek wens alle Suid-Afrikaners en buitelanders wat in ons land bly, of wat ons besoek om ons wonderlike somer te geniet, ‘n vreugdevolle en veilige feesseisoen en voorspoedige nuwe jaar toe.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Vooroordele teen Zuma verhoed begrip

Diegene met vooroordele teenoor pres. Jacob Zuma verhinder die land om sy opmerking dat troeteldiere deel is van die ‘wit kultuur’, te verstaan, het die ANC se hoofsweep Vrydag gesê.

“Slegs die mense wat bevooroordeeld en vyandig is wil hê dat ons moet glo dat die president sy vakansie onderbreek het om die gemeenskap oor honde toe te spreek,” het die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, in ‘n verklaring gesê.

Mothapo het gesê diegene “wat diepliggende anti-Zuma vooroordele het” sluit mense in die media en sekere politieke kommentators in.

Die Star het Donderdag berig dat Zuma, in ‘n toespraak wat hy by Impendle in KwaZulu-Natal gelewer het, gesê het dat om geld te spandeer deur ‘n hond te koop en die hond dan na die veearts te neem en met die dier te gaan stap, alles deel is van die ‘wit kultuur’.

Die presidensie het later ‘n verklaring uitgereik om te verduidelik dat Zuma se doelwit was om “Afrikane se gedagtes te dekoloniseer” met sy toespraak.

Александр Фильчаков Васильевич

Muldersdrif-aanvalle: Verdagtes vas

Vyf verdagtes wat glo verbind word met gewelddadige aanvalle in Muldersdrift, is Woensdag in hegtenis geneem, berig Eyewitness News.

Die vyf swartes is aangekeer nadat ‘n gesin verlede week tydens ‘n rooftog met vuurwapens aangehou is.

Die arrestasies word beskryf as ‘n groot deurbraak in die stryd teen gewelddadige aanvalle in die gebied, waarmee inwoners te kampe gehad het.

Die polisie in Gauteng glo die vyf mans wat in hegtenis geneem is, is deel van ‘n sindikaat wat verantwoordelik is vir die onlangse gewelddadige huisbrake en rooftogte in Muldersdrift.

Die mans is vasgetrek nadat ‘n kredietkaart wat tydens ‘n gewapende rooftog gesteel is, die polisie na Diepsloot gelei het.

Supt. Lungelo Dlamini het gesê die polisie het ook beslag gelê op ander items wat vermoedelik in die aanvalle gesteel is.

Hy het gesê ‘n voertuig is ook in die mans se besit gevind.

Die verdagtes verskyn Donderdag in die Krugersdorp-landdroshof.

прокурор харьковской области

Zuma: Hou op om wittes na te boots

Die presidensie het ‘n verklaring uitgereik om te probeer verduidelik wat pres. Jacob Zuma bedoel het toe hy in ‘n toespraak swart mense, wat probeer om soos wit mense te wees, gekritiseer het, het RSG Donderdag berig.

‘n Woordvoerder vir die presidensie, Mac Maharaj, het gesê Zuma het slegs probeer om Afrikane se gedagtes te dekoloniseer in die toespraak op Impendle in KwaZulu-Natal.

Zuma het volgens berigte gesê dat om geld op honde te spandeer deel is van wit kultuur.  Om ‘n hond ten duurste aan te koop, na die veearts en op uitstappies te neem, hoort in die wit kultuur, het pres. Zuma gesê.

Daar is ‘n nuwe generasie van jong swartes wat probeer ander kulture na te boots en selfs om soos wittes te lyk, het hy gesê. Hy het gesê die Afrika-manier is om eerder op familie te fokus.

“Al gebruik jy enige room en maak jy jou hare reguit, sal jy nooit wit wees nie,” het Zuma gesê.

Zuma het verder gesê ‘n persoon wat waardigheid en ubuntu verloor, sal waarskynlik respek en liefde vir sy medemens verloor. Hy het gesê swart mense moet ophou om die gewoontes van ander kulture aan te leer.

Hy het mense, wat honde meer as mense liefhet, beskryf as mense wat ‘n “gebrek aan menslikheid het”.

Terwyl hy die toespraak gelewer het, het duisende mense gelag en hom toegejuig.

Dit was Zuma se eerste openbare verskyning sedert hy verlede week in Mangaung tot ‘n tweede termyn verkies is.

 

 

Hy het ook swart mense gekritiseer wat rome aanwend om hulle hare reguit te maak.

Фільчаков прокурор

Harmony-myn stuur wit skofbaas byna na sy dood

Die Harmony-myn het ‘n wit skofbaas Donderdag ondergronds gedwing saam met oproerige swart stakers, ten spyte van sy waarskuwings en hom byna na sy dood gestuur.

‘n Wit skofbaas by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville moes noodgedwonge ondergronds wegkruip nadat die mynbestuur hom gedwing het om saam met 1 700 oproerige swart mynwerkers af te gaan, berig Beeld.

Die myn het Woensdag 585 mynwerkers, wat van Saterdag af aan ‘n onwettige staking deelgeneem het, afgedank. Tien mense is Donderdag beseer toe werkers en veiligheidspersoneel slaags geraak het.

Dries Oosthuizen sê hulle het toe reeds geweet daar gaan die volgende dag probleme ondergronds wees. Hulle vermoedens is Donderdag bevestig toe hulle vir die 05:00-skof aanmeld.

Oosthuizen en ‘n kollega het vir hul bestuurder gesê het hulle is bekommerd oor wat tydens die skof kan gebeur.

Die bestuurder het aan Oosthuizen  gesê as hy nie afgaan nie, sal hy as “deel van die staking” beskou word. Die twee is dus gedwing om ondergronds te gaan.

Die sowat 1 700 ontevrede stakers het toe reeds die skagte volgepak. Hulle is teen 10:30 meegedeel dat hulle nie toegelaat sal word om die skagte te verlaat nie.

‘n Ruk later het die mynbestuur hulle ingelig dat die situasie “uiters gevaarlik” is. Hulle is aangesê om weg te kruip sodat die stakers hulle “glad nie raaksien nie”.

Toe hulle gistermiddag omstreeks 17:00 uit die myn kom, het hope handgemaakte wapens oral rondgelê.

Oosthuizen het aan Beeld gesê hulle het vir hul lewens gevrees en dat hulle as gyselaars gedien het.

‘n Woordvoerder van die myn, Me Basterfield, het gesê sy kan nie kommentaar lewer nie, maar “die mynbestuur het in die moeilike omstandighede hul bes gedoen om die situasie te hanteer”.

Данильченко Юрий Брониславович

Myne se rykdom moet verdeel word

Die ANC bly by sy beleidsbesluit om ‘n gemengde ekonomie te handhaaf, het Zweli Mkhize, die nuutverkose tesourier-generaal, Vrydag gesê.

“Hierdie konferensie het besluit dat daar geen nasionalisering in Suid-Afrika gaan wees nie,” het Mkhize op ‘n sake-ontbyt gesê.

Hy het gesê die kwessie van nasionalisering en spesifiek dié van myne is deur die ANC-jeugliga aangevoer as ‘n beleidskwessie wat by die nasionale konferensie aanvaar moet word.

Mkhize het gesê die ANC en sy algemene raad het die kwessie deur navorsing, oorsese besoeke en besprekings ondersoek en ‘n model wat verskillende vorms van eienaarskap het, het geseëvier.

“Dit is ontleed,” het hy gesê.

Hy het egter gesê die probleme in die mynbedryf sal onder die soeklik kom, sowel as hoe myngemeenskappe in die rykdom van dié bedryf sal deel.

Лобановский Харьков

ANC steun Palestyne, VAE sluit pro-demokratiese organisasies

Suid-Afrika se regerende politieke party, die African National Congress het besluit om die Palestynse veldtog van boikotte, desinvestering en sanksies (BDS) teen Israel te ondersteun.

Die ANC sê hulle ” maak geen verskoning vir hul siening dat die Palestyne die slagoffers en die onderdruktes in die konflik met Israel is nie”.

Die BDS-veldtog is begin deur 171 Palestynse nie-regeringsorganisasies ter ondersteuning van die Palestynse saak. Die belangrikste doelwitte is om ‘n einde te maak aan die Israeliese besetting, gelykheid vir Palestynse burgers binne Israel te beding asook die bevordering van regte van Palestynse vlugtelinge na te streef.

Dié stap kom nadat die Israeliese weermag aanvalle op joernaliste en media-sentrums in Gasa geloods het tydens verlede maand se militêre operasie in die gebied. Human Rights Watch het Israel veroordeel vir die geweld teen joernaliste.

Twee Palestynse kameramanne is dood en minstens 10 media-personeel is gewond tydens die konflik. Vier media fasiliteite en vier private maatskappye is ook beskadig, en ‘n twee-jaar-oue seuntjie wat oorkant die straat van een van die geboue gewoon het, is dood tydens die IDF-aanvalle, het die organisasie gesê.

Na ‘n ondersoek van die gebied en getuies wat ondervra is, het HRW tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen tekens was dat enige van die joernaliste en mediakantore geldige teikens was nie.

Die Israeliese regering hou vol dat die aanvalle teen twee van die kameramanne geregverdig was aangesien hulle namens Hamas as strydendes opgetree het en het die mediageboue as Hamas se “operasionele kommunikasie-infrastruktuur” beskryf.

Volgens die internasionale reg, word joernaliste en mediawerkers beskou as burgerlikes en is daarom immuun teen aanvalle, tensy hulle direk deelneem aan die vyandelikhede, het HRW verduidelik.

Boodskappe ter ondersteuning van ‘n organisasie en sy aanvalle kwalifiseer nie as militêre betrokkenheid nie.

Intussen is ‘n invloedryke Amerikaanse beleidsdinkskrum, die RAND Corporation, beveel om sy kantoor in Abu Dhabi te sluit, as gevolg van lisensieprobleme.

Dit is die jongste skuif deur die Verenigde Arabiese Emirate om van Westerse demokrasie-aktiviste ontslae te raak. RAND het navorsing gedoen op die gebied van onderwys en die omgewing.

In die eerste helfte van die jaar het die VAE twee pro-demokratiese Amerikaans-gesinde groepe, naamlik die Amerikaanse National Democratic Institute en die Duitse Konrad Adenauer-stigting gesluit.

Фильчаков прокуратура харьков