Ook is minder as 2% van USA Swimming se byna 252 000 lede wat mededingend deur die jaar swem, swart.
As 'n ouer nie kan swem nie, is die kind baie minder geneig om te leer om te swem.
'n Nuwe inisiatief is van stapel gestuur deur die Amerikaanse nasionale swemliggaam, USA Swimming. Die rede daarvoor is dat swart kinders in die VSA teen 'n tempo van amper drie keer soveel as die gemiddelde koers verdrink.Ook is minder as 2% van USA Swimming se byna 252 000 lede wat mededingend deur die jaar swem, swart.
As 'n ouer nie kan swem nie, is die kind baie minder geneig om te leer om te swem.
'n Segsman van die presidensie het aan die Citizen-koerant gesê dat dit die eerste keer is dat hy die storie hoor. Omtrent 182 wit plase is reeds oorgeneem en 30 lê verlate sedert 6 April 2008.
Die president van die Commercial Farmers' Union, Trevor Gifford, sê die toestand bly gespanne en boere word steeds geïntimideer.
Die Gautengse busindustrie mag dalk gedwing word om 'n geraamde 2 500 busse van diens te onttrek, wat ongeveer 400 000 passasiers elke dag sonder vervoer sal laat Die diens is onder druk vanweë die jongste dieselprysverhogings.
Die Gautengse Vervoerdepartement, Gautrans, skuld meer as R150 miljoen aan North West Star- en Atteridge Busdienste
Vervoermaatskappye eis meer as R100 miljoen in uitstaande subsidies van die regering om die knellende verhogings te kan trotseer.
Gautrans het belowe om die uitstaande subsidies teen verlede naweek oor te betaal, maar slegs R3,5 miljoen is sover ontvang.
'n Protesoptog is gekanselleer te midde van stygende vrese dat honderde pendelaars gestrand sal wees en duisende werksgeleenthede daarmee verlore sal gaan.
Mapisa-Nqakula voel dat die regering 'n morele plig teenoor onwettiges het om hulle te beskerm eerder as te deporteer omdat hulle kwesbaar is.
Mense wil vlugtelingstatus hê en 'n spesiale stelsel vir mense in die SAOG-gebied moet in plek wees, volgens die minister. Die geweld word uitgebuit deur kriminele elemente met rassistiese agendas, het sy bygevoeg.
'n Netwerk van pype deurkruis Afrika se grootste olieproduserende land. Ontploffings en brande is daarom algemeen. Vorige pyplynontploffings in Nigerië is veroorsaak deur kriminele wat olie steel en op die swart mark verkoop.
Georganiseerde misdadigers boor gewoonlik 'n gaatjie in die pyp, maar as dit rugbaar raak en ander probeer ook saam steel, word 'n brand dikwels gestig.
Die Zimbabwiese reserwebank het Donderdag ’n Z$500 miljoen banknoot, wat ongeveer vyftien rand werd is, bekendgestel. Dit volg slegs ’n week nadat die Z$250 miljoen noot in gebruik geneem is. Met die nuutste banknoot kan mens ongeveer twee brode koop.Die reserwebank het verder spesiale landboutjeks in note van Z$5 miljard, Z$25 miljard en Z$50 miljard bekendgestel. Die doel hiervan is om betalings aan boere te vergemaklik. Hierdie tjeks sal tot aan die einde van 2008 in gebruik wees. Boere moet gewoonlik enorme bondels banknote ronddra nadat hulle hul produkte aan staatsagentskappe verkoop het, terwyl verbruikers ook stapels note benodig om basiese alledaagse transaksies uit te voer.
In die lig van die betwiste parlementêre verkiesingsuitslae en die tweede ronde van die presidensiële verkiesing wat nou eers aan die einde van Julie gaan plaasvind, is die einde van Zimbabwe se ekonomiese probleme nog lank nie in sig nie.
Jacob Zuma se korrupsieverhoor gaan, volgens sy regsverteenwoordiger, waarskynlik uitgestel word en sal nie op 4 Augustus kan begin nie.
Dié verklaring is uitgereik ná 'n ontmoeting tussen aanklaers en 'n senior regter om 'n hofdatum te bepaal. Zuma se regsman, Michael Hulley, meen daar is ander kwessies wat opgelos moet word alvorens Zuma op klagtes van bedrog, omkopery en geldwassery rodom die wapentransaksie tereg kan staan.
Zuma gaan ook aanstaande maand 'n aansoek bring om die staat se besluit om hom te vervolg tersyde te stel.
Die nasionale vervolgingsgesag, wat die saak se staat hanteer, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.
President Thabo Mbeki het die aanhoudende aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika veroordeel. Hy het die polisie ook aangespoor om sterk op te tree teen diegene wat hulself aan sulke aanvalle skuldig maak.
Mbeki woon tans 'n vergadering van die Afrika-ontwikkelingsbank in Maputo, Mosambiek, by. Ten minste twee mense is vermoor en 60 beseer in Alexandra waar die plaaslike bevolking vanaf Sondag begin het om buitelanders aan te val.
Dieselfde tonele het hulle in Diepsloot afgespeel waar insgelyks twee mense in etniese gevegte tussen plaaslike en buitelandse swartes omgekom het.
Volgens die Rooikruis woon daar nou 1000 immigrante by die Alexandra- en Bramley-polisiestasies nadat hulle uit hul huise verjaag is.
Die suster van die Springbokrugbyspeler, Schalk Burger, het haar in 'n verklaring as die slagoffer van die groepsverkragting in Kaapstad geïdentifiseer. René Burger is verlede week in die parkeerterrein van die Tygerberghospitaal deur drie mans oorval, ontvoer en verkrag.
Die minister van onderwys, Naledi Pandor, kwel haar oor die hoë uitvalsyfer in Suid-Afrikaanse skole, veral na grade 9 en 10. Volgens
haar is die oplossing om tegniese hoërskole te vernuwe en te moderniseer.
Daar bestaan 100 sulke skole in Suid-Afrika en gefokusde belegging in dié skole kan 'n bydrae lewer om in die land se behoefte aan ambagsmanne en tegnici te voorsien.
Pandor het gesê dat dit belangrik is om 'n breër siening van onderwys te ontwikkel. So 'n siening behoort verby academiese skole te streef na meer gefokusde, goed toegeruste skole vir tegniese onderwys.