Dokter in hospitaal verkrag

‘n Swart man en ‘n seun wat na bewering ‘n vroulike dokter in ‘n hospitaal in Bloemfontein aangerand en verkrag het, is Saterdag in hegtenis geneem, het die polisie in die Vrystaat gesê.

Die 16-jarige seun, sy 24-jarige makker en nóg ‘n man het na bewering die dokter Saterdag in die vroeë oggendure by die Pelonomi-hospitaal oorweldig.

Een van die mans het die 35-jarige dokter met ‘n baksteen oor die kop geslaan. Hulle het haar toe in ‘n saal, wat opgeknap word, verkrag.

Die groep het gevlug, maar die polisie het hulle in hegtenis geneem nadat leidrade opgevolg is.

Hulle sal Maandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

куплю свитер на мальчика берегите белыхданильченко юрій броніславович компромат

Hoërskool Parys in rasseoorlog

Die webblad van die Afrikanervolksparty berig dat die Hoërskool Parys in die Vrystaat in ‘n “rasseoorlog” gewikkel is. Tydens die skoolpouse gisteroggend het 50 leerlinge handgemeen geraak in ‘n rassevoorval. Hier volg die volledige berig:

Hoërskool Parys het gister en vandag net die puntjie van die ysberg gesien toe rassekonflik tussen leerlinge tot uitbarsting gekom het. ‘n AVP-verteenwoordiger het vandag in ‘n onderhoud met van die leerlinge en ouers van die skool bevestig dat hierdie skool ‘n vulkaan is wat reeds so bietjie-vir-bietjie rooiwarm lawa bo uitspuug en dat dit net die begin is.

Nagenoeg 50 leerlinge van die skool het mekaar vanoggend tydens die skoolpouse bygedam nadat rassespanning vanaf gister hoogty vier op die skoolgronde. Hierdie uitbarsting het volgens een Blanke leerling met wie ons gesels het ‘n baie lang aanloop en bevestig weer dat daar nie so iets soos vredevolle rasse-integrasie bestaan nie.

Angsbevange onderwysers en ‘n paar leerlinge kon net hulpeloos toekyk toe die rassespanning tot uitbarsting kom en Swart en Blanke leerlinge mekaar vandag met mening gepak het. Van die Swartes het met skêrre op die terugvegtende Blankes toegesak. Sommige leerlinge het die voorval as ‘n oorlog tussen Swart en Blank beskryf, wat dit inderdaad ook was en nie heeltemal ten einde sal kom na nuwe dreigemente vir more nie.

Een leerling het aan ons verteenwoordiger gesê dat die hitte van die stryd reeds gister begin het toe vyf Swart leerlinge een Wit seun op die skoolterrein bespring en probeer aanrand het.

Net daarna het ‘n soortgelyke geval buite die terrein plaasgevind toe Swartes (nogal almal van die vroulike geslag) ‘n dreigende kring rondom ‘n ander Blanke gr 8 seun gevorm het, dít nadat hulle eers genoeg skêrre onder mekaar uitgeruil het.

Die arrogansie van die Swart leerlinge gaan glo alle verstand te bowe, dit het die onderwysers ook beleef. Een onderwyseres het dit gewaag om ‘n Swart leerling wat in die klas aanmekaar met sy selfoon besig was, te gebied om dit aan haar te oorhandig waarop hy botweg geweier en selfs ‘n dreigende houding ingeneem het. Sy moes maar die aftog blaas.

Vanoggend se oorlog tydens pouse het begin toe vyf Swartes ‘n derde Blanke seun en weer onbetrokke by die vorige voorvalle, dreigend omkring het waarop sy maats hom te hulp gesnel het. Soos dit met die Swart nasie gaan was daar in ‘n ommesientjie honderde Swartes rondom hierdie geveg wat lustig ingeklim het waarop die meerderheid Blanke seuns in die skool toe besluit het om ook te gaan help. Volgens een graad 10 leerling is daar ongeveer 500 leerlinge in die skool waarvan Swart ‘n baie groot deel uitmaak, en het dit gelyk asof amper die hele skool in die geveg betrokke was.

Hoe die spul uitmekaargemaak is, is nie heeltemal duidelik nie maar die dreigemente van die Swartes dat hulle ná skool vir die Wit kinders buite die skoolterrein sou wag het gemaak dat onderwysers en ook die hoof self by die skooluitgang tydens huistoegaantyd waggestaan het om te probeer voorkom dat geweld nie weer uitbars nie.

‘n Swart seun wat vroeër vandag ook van die Blanke meisies aangerand het sal glo more verhoor word. Volgens die meisies behoort hy onmiddellik geskors te word maar of geregtigheid sal seëvier is ‘n ander saak.

Een van die meisies het aan die AVP-verteenwoordiger gesê dat hulle ernstig bekommerd is oor more en al die dae hierna omdat hierdie spanning oor ‘n baie lang tyd opgebou het en nie sommer sal gaan lê nie.

влагостойкий светодиодный светильниктопкарго развод

Kopskuif sal Afrika voedsel-selfonderhoudend maak

“In 1960 het Afrika 8% bygedra tot die wêreld se landbouproduksie, vandag is dit slegs 2%. Berekende vennootskappe tussen regerings en die privaatsektor, universiteite, georganiseerde landbou en burgerlike organisasies is nodig om landbou weer winsgewend in Afrika te kry,” het dr. Pieter Mulder, Suid-Afrikaanse adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye in Lilongwe, Malawi gesê.

Dr. Mulder het gepraat by die konferensie van landbou-ministers van Afrika wat deur die Afrika Unie oor voedselsekerheid in Malawi aangebied word. Dr. Mulder lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die konferensie.

“Jaarliks voer Afrika $22 miljard se voedsel vanaf ander kontinente in. Met ‘n berekende kopskuif kan Afrika selfonderhoudend raak wat voedsel betref. Maar dan moet Afrika-leiers aanvaar dat landbou nie ‘n welsynsaktiwiteit van die staat is nie, maar ‘n sake-onderneming wat winsgewend moet wees,” het dr. Mulder bygevoeg.

Die konferensie is gereël na aanleiding van dr. Bingu Wa Mutharika, president van Malawi en voorsitter van die Afrika Unie se oproep dat “geen kind in Afrika oor vyf jaar honger bed toe moet gaan nie”. Dr. Mutharika het hierdie oproep Februarie vanjaar, tydens die veertiende sitting van Afrika-staatshoofde in Addis Abeba, gedoen.

Die ministerskonferensie in Malawi duur nog tot Saterdag.

поршневой масляный компрессорОлександр Фільчаков прокурор

SA se verslag oor tronkmishandeling nog nie ingedien

Suid-Afrika se verslag oor sy verbintenis tot die beëindiging van marteling en ander vorme van mishandeling in polisieselle en korrektiewe instellings, is nog steeds nie afgehandel nie.

Suid-Afrika is een van die 82 lande wie se verslae laat ingedien is. Die land het die Verenigde Nasies se Konvensie teen marteling in 1998 onderteken, maar dit nog nie ingevolge die wet tot ‘n misdryf verklaar nie.

Suid-Afrika se aanvanklike verslag is vyf jaar ná die sperdatum in 2005 ingehandig. Die Komitee teen Marteling het gevolglik dringende terugvoering oor ‘n aantal kwessies aangevra.

Die sperdatum hiervoor was drie jaar gelede. Die land moes verder ‘n periodieke verslag aan die einde van 2009 inhandig, maar nie die terugvoering óf die verslag is ingedien nie.

для аккумулятораФильчаков прокурор отзывы

Aksieplan met China onderteken

‘n Landbou-ooreenkoms en gesamentlike Aksieplan is gister in Pretoria tussen die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Departement van Landbou van die Chinese Volksrepubliek onderteken.

Dit het gevolg na ‘n bilaterale gesprek gister tussen dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en mnr. Wei Chaoan, Senior Vise-Minister van die Chinese Departement van Landbou. Die twee ministers is bygestaan deur senior amptenare van hulle departemente.

Die ondertekening van die gesamentlike Aksieplan volg op samesprekings wat in Augustus in Beijing tussen me. Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Bosbou en Visserye en haar Chinese ampsgenoot, minister Han Changfu, gehou is. ‘n Gesamentlike werkskomitee tussen die twee lande het na aanleiding van hierdie gesprek tussen die ministers die Aksieplan opgestel.

Die Aksieplan omskryf die verdere samewerking tussen Suid-Afrika en China ten opsigte van die vestiging van akwa-kultuur projekte in Suid-Afrika. Dit maak ook voorsiening vir die opbou van sekere skaars vaardighede in Suid-Afrika deur dit moontlik te maak vir Suid-Afrikaanse studente om onderwerpe soos akwa-kultuur in China nagraads en tot op doktorale vlak te kan studeer.

Omdat Suid-Afrika in die Suidelike- en China in die Noordelike halfrond val, verskil die landbouseisoene van die twee lande. Dit maak dat die beskikbaarheid van sekere landbouprodukte aanvullend en nie kompeterend tot mekaar is nie. In die gesprek tussen die twee adjunkministers is dit as moontlike prioriteit vir toekomstige onderhandelinge en ooreenkomste uitgelig.

Die Chinese vise-minister en sy afvaardiging word vanaand deur me. Tina Joemat-Pettersson, Suid-Afrikaanse minister van Landbou, Bosbou en Visserye, in Kaapstad onthaal.

куплю медицинскую справкуФильчаков прокурор отзывы

Landdroshof in brand verwoes

Die dak van die ou Pretoriase landdroshof het inmekaargetuimel terwyl brandweerdienste Woensdag steeds onverpoos gewerk het om die vlamme te blus.

Die gebou moes dadelik ontruim word.

Volgens Johan Pieterse, woordvoerder vir die Pretoria-nooddienste, het die brand omstreeks 13:45 begin. Teen 17:00 was die boonste vloer van die gebou heeltemal verwoes.

Rookwolke het oor die stad gehang terwyl brandweermanne met gasmaskers probeer het om die vlamme onder beheer te kry.

Niemand is in die voorval beseer nie. Een brandweerman is egter na die hospitaal geneem weens rookinaseming.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die nuwe landdroshof-gebou is nie deur die brand geraak nie.

Beide Pretorius- en Schubartstraat is tydelik gesluit. Na bewering was daar sowat nege brandweervoertuie op die toneel.

Bollywood Storyтопкарго кидалы

Wit Zimboer geskiet

Een van die oorblywende wit boere in Zimbabwe, Kobus Joubert, is tydens ‘n rooftog op sy plaas wes van Harare doodgeskiet.
Die 67-jarige Joubert was ‘n voormalige president van Zimbabwe se tabakvereniging.

Die adjunkpresident van die kommersiële boere-unie – die CFU – Charles Taffs, sê die moord is ‘n aanduiding van die vyandige omgewing waarmee boere in die land te kampe het.

Taffs sê rowers het Joubert Maandagnag doodgeskiet en met $10 000, twee pistole en ander waardevolle artikels gevlug.

Die polisie het die voorval bevestig en sê ‘n soektog na die verdagtes is gelas.

Joubert is een van sowat 400 wit boere wat nog in Zimbabwe woon, tien jaar nadat president Robert Mugabe ‘n gewelddadige grondhervormingsplan geloods het.

100 лОлександр Фільчаков прокурор

Boer wreed vermoor, vrou oorleef

‘n Boer is Dinsdagaand vermoor in sy huis op sy plaas naby Warden. Christiaan van Wyngaard (43) van die plaas Goedehoop is na bewering herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Sy vrou Marie (55) het die voorval oorleef maar moes vir skok behandel word.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê plaaswerkers het die lyk van die slagoffer Woensdagoggend ná 7:00 ontdek.

Volgens Mophiring is niks gesteel nie en was daar geen aanduiding van ‘n inbraak nie. Van Wyngaard se beursie en selfoon en ander waardevolle items is nie uit die huis geneem nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie vir die moord nie.

Enigiemand met inligting, word versoek om die naaste polisiekantoor of die Crime Stop-nommer by 08600-10111 te skakel.

светодиодные светильники москвалобановский харьков

Vrae oor regering se nuwe ekonomiese plan bly

Die minister van Finansies, mnr. Pravin Gordhan, het tot ‘n groot mate daarin geslaag om ‘n balans te handhaaf tussen die finansiële beperkinge wat die resessie veroorsaak het en die eise wat aan staatsuitgawes gestel word. Die verwagtinge wat gewek is dat daar groter duidelikheid oor die regering se nuwe ekonomiese groeiplan gaan kom, is egter teleurgestel.

Waar die minister vroeër vanjaar ‘n groeikoers van 2,3% vir Suid-Afrika voorspel het, is die groeikoers vooruitsigte nou na ‘n 3% groeikoers aangepas. Dit is positief en dui aan hoe die land stadig uit die resessie begin beweeg. Om egter 5 miljoen nuwe werksgeleenthede in die volgende tien jaar te skep, soos die minister onderneem het, is ‘n groeikoers van 6% nodig. In die minister se toespraak was daar geen aanduidings hoe die groeikoers van 3% na 6% gaan verdubbel ten einde hierdie doelwitte te bereik nie.

Die minister maak voorsiening vir die 7,6% salarisaanpassing van die staatsdiens na vroeër vanjaar se staking. Waar ‘n salarisverhoging hoër as die inflasiekoers is, moet dit gepaard gaan met groter produktiwiteit om te verhoed dat dit inflasie aanblaas en tot ‘n afskaling van die hoeveelheid poste lei. Die vraag is of die staatsdiens se produktiwiteit gaan verhoog. As dit nie gebeur nie, sal die hoeveelheid poste verminder moet word ten einde te verhoed dat staatsuitgawes op salarisse onnodig styg. In hierdie opsig word die beoogde maatreëls om korrupsie in die staatsdiens te beveg asook die pogings om die onnodige groei van die staatsdiens deur onnodige administratiewe personeel te beperk, verwelkom.

принцип работы пескоструйногоЛобановский

Skokkende feite oor nuwe Wiskunde-kurrikulum

‘n Studie deur die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (Academy of Science of South Africa) het skokkende feite aangaande die nuwe kurrikulum vir Wiskunde asook die ander wetenskapvakke soos Skeinat bekend gemaak. Hierdie studie toon duidelik dat studente aan universiteite wat in 2008 gematrikuleer het, se prestasies baie swakker as die van hul voorgangers is. Dit volg op die afskaffing van hoër- en standaardgraadvraestelle en die instelling van wiskundige geletterdheid.

Bykomend hiertoe het die Nasionale Adviesraad (National Advisory Council on Innovation) verklaar dat die nuwe nasionale sertifikaat die standaard van wiskunde verlaag het en dat ‘n slaagsyfer van 60% en 70% in die nuwe kurrikulum in 2009 gelykstaande is aan ‘n 50% slaagsyfer in 2008 op hoërgraad.

“Die verlaging in standaarde, veral Wiskunde, kan die land duur te staan kom en skep dit veral probleme in beroepe waar daar reeds ‘n tekort aan opgeleide persone oor ‘n breë spektrum in Suid-Afrika bestaan soos aptekers, dokters, geoktrooieerde rekenmeesters, ingenieurs en ander wetenskaplikes”, het dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-woordvoerder oor Onderwys, gesê.

Die Vryheidsfront Plus versoek die minister van Basiese Onderwys om hierdie aangeleentheid met erns te ondersoek en om die nodige stappe te neem om te verseker dat die verbetering van die standaard van onderrig en die eksaminering van Wiskunde in die kurrikulum die nodige aandag sal geniet.

Die Vryheidsfront Plus doen voorts ‘n beroep op die minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, om die goeie bestuur van sy departement te verseker en om die nodige stappe te neem om te voorkom dat nog meer senior personeel die departement verlaat.

Ondervinding en vaardigheid is nie maklik om te vervang nie en daar behoort eerder gepoog te word om senior personeel te behou. Dit is egter kommerwekkend dat die persepsie bestaan dat die minister self verantwoordelik is vir ‘n heksejag in sy departement en dat enige kritiek as teenstand teen hom beskou word.

“Mediaberigte die afgelope week skets ‘n somber prentjie van die gebeure in die departement. Suid-Afrika kan nie die agteruitgang van hoëronderwys bekostig nie en tans blyk dit dat die akademiese onafhanklikheid van universiteite die enigste wyse is waarop gehalte hoëronderwys wat steeds internasionaal mededingend is, verseker kan word,” het dr. Elizabeth Snyman-Van Deventer, VF Plus-woordvoerder oor Onderwys, gesê.

портал для камина из гипсокартона фотоФильчаков прокурор