ANC-gesprek met Afrikaanssprekendes

Die ANC-gesprek vandag met lede van die Afrikaanse burgerlike-gemeenskap gaan meer oor die ANC se komende verkiesingskongres en die politieke oorlewing van mnr. Gwede Mantashe as wat dit ‘n werklike besorgdheid is oor minderheidsgroepe en Afrikaanse belange.

Voor die vorige ANC-kongresse in Polokwane (Pietersburg) was daar ook ‘n ernstige uitreik na Afrikaners. Die vraag kan met reg gevra word waarom nou skielik weer die belangstelling vanaf ANC kant? Terwyl Malema en ander ANC-leiers die afgelope drie jaar Afrikaners en Afrikaanssprekendes steeds verder met hulle uitsprake vervreem het, was daar geen poging van ANC-leiers om met gesprekke uit te reik nie.

Die VF Plus was nog altyd ten gunste van gesprekvoering en die konstruktiewe soeke na gesamentlike oplossings vir Suid-Afrika se probleme. Die party se geskiedenis van gesprekvoering met die ANC bewys dit. In die verlede het die VF Plus verskeie suksesvolle gesprekke met die ANC gevoer. Gesprekke met verskuilde agendas vertroebel egter verhoudinge, breek vertroue tussen groepe af en loop op niks uit nie. Die VF Plus het ook ervaring van sulke gesprekke.

As die gesprekke vandag daaroor gaan om vervreemding aan te spreek deur ernstige aandag aan die probleme van Afrikaanssprekendes te gee, is dit positief en steun die VF Plus dit graag. As die doel met die gesprekke is om minderhede se politieke ondersteuning vir die ANC te werf en om individuele kandidate se beeld met die oog op die ANC se verkiesingskongres te bou, is dit tot mislukking gedoem. Dit is laasgenoemde tipe gesprekke wat terugskouend telkens slegs beeldbou en media-oefeninge was.

Фильчаков прокурор харьков

Vrae oor Sanral-hoof se bedanking

“Die VF Plus het kennis geneem van die aankondiging vanoggend van die voorsitter van Sanral dat sy hoofuitvoerende beampte, mnr. Nazir Alli, gister bedank het. Die party spreek die hoop uit dat daar nou beter leierskap by Sanral sal kom wat met groter deursigtigheid met die publieke werk,” was adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer, se reaksie op die aankondiging.

“Mnr. Alli se bedanking laat die vraag ontstaan oor watter inligting hy beskik aangaande die e-tolhekstelsel se kontrakte wat aan internasionale maatskappye toegeken is en wat ook betrokke was by die wapenaankope-transaksie van die regering in 1999. Die feit dat hy nie meer die uitvoerende beampte van Sanral sal wees nie, onthef hom nie van die verantwoordelikheid om alle inligting oor die e-tolhekstelsel se kontrakte bloot te lê nie. Daar kan ook met reg gevra word of mnr. Alli nou deur die regering opgedis word as die enigste persoon wat aanspreeklik gehou kan word vir die e-tolstelsel-probleem,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus is hoopvol dat Sanral ‘n nuwe uitvoerende beampte sal aanstel wat sterker leierskap sal bied en met groter deursigtigheid en professionaliteit met die publiek sal skakel in die uitvoering van sy pligte. Dit is noodsaaklik dat mnr. Alli se plaasvervanger die e-tolhek-probleem so vinnig moontlik aanspreek en ‘n oplossing vind wat in die publiek se belang is en nie in belang van die regering of ‘n politieke party nie.

Олександр Васильович Фільчаков

EU vies omdat Argentinië oliereus nasionaliseer

Die Europese-Unie se handelshoof Karel De Gucht, het Maandag gesê die blok sal binnekort stappe neem teen Argentinië se regering, nadat hulle besluit het om beheer van die oliereus Repsol se YPF-filiaal te nasionaliseer.

“Ons sal binnekort vorentoe beweeg met ‘n reaksie op die Argentinië se optrede in die Repsol-geval, in die besonder,” het De Gucht sê in ‘n toespraak waartydens hy gekla het oor ‘n “groeiende tendens van proteksionisme regoor Latyns-Amerika.”

Argentynse President Cristina Kirchner het Vrydag ‘n wetsontwerp onderteken wat die onteiening van 51 persent van YPF se aandeel van Repsol, sy meerderheidsaandeelhouer, wettig en die land se handelsbande met Europa onder die soeklig geplaas het.

“Argentinië wil ook voortgegaan met ander handelsbeperkende beleidsrigtings, soos sy invoer- en lisensie-regime,” het De Gucht bygevoeg.

“En net verlede week het ons gesien Bolivia neem nog ‘n stap in die rigting van nasionalisering ten die koste van ‘n Spaanse firma.

“Hierdie soort optrede is natuurlik ‘n probleem vir Argentinië en Bolivia – wat sal vind dit is moeiliker om die internasionale beleggings te bekom wat hulle nodig het,” het hy beklemtoon.

Spanje se premier Rajoy het Maandag gesê dat die beslaglegging ‘n geweldige verlies in beleggersvertroue in die land sal veroorsaak, terwyl ander internasionale organisasies ook die maatreël gekritiseer het.

Kirchner het aangevoer dat die stap geregverdig was omdat Argentinië skerp stygings vir die invoer van olie beleef, en Repsol in gebreke gebly het soos ooreengekom is om beleggings wat nodig is om binnelandse produksie uit te brei, te maak.

YPF is verantwoordelik vir 34% van Argentinië se plaaslike olieproduksie, 25 persent van huishoudelike gasproduksie en 54 persent van huishoudelike raffinering, volgens die Argentynse Olie-Instituut.

Die Repsol het gesê hulle wil ten minste $10 miljard in vergoeding vir die onteiende aandele hê, sowel as internasionale arbitrasie wat sal poog om die eis te skik.

Argentinië sê Repsol skuld $9 miljard, terwyl hulle in net meer as ‘n dekade meer as $15,7 miljard verdien het, die meeste daarvan uit die land gestuur het en nie herbelê het nie.

President Obama is intussen gekritiseer omdat hy aangedui het dat hy neutraal teenoor Argentinië se aanspraak op die Falklande staan.

топкарго кидалы

TLU nie deel van Afrikaanses nie

Die landbou-unie TLU SA het Maandag gesê hy sal nie betrokke raak by vergaderings tussen die ANC-leierskap en Afrikaanses nie.

“Solank as die regering nie bereid is om met ons te praat oor landboukwessies nie, is ons nie werklik daarin geïnteresseerd om agter toe deure met enige ANC-rolspelers te praat nie,” het Louis Meintjies, president van TLU SA, in ‘n verklaring gesê.

“Om dit te doen, sal TLU SA van sy eie lede vervreem.”

ANC-leiers sal luidens berigte Dinsdag met ‘n groep Afrikaanses waaronder akademici, kerkleiers en verteenwoordigers van kulturele organisasies vergader.

TLU SA het gesê hy het met regeringsleiers probeer vergader om landboukwessies te bespreek.

Die unie het probeer om afsprake te maak met president Jacob Zuma, die minister van watersake, die minister van vervoer, met die polisie en met die polisiekommissaris.

“Ons pogings om enige afspraak te kry was tot dusver vrugteloos,” het Meintjies gesê.

“Dit skep onafwendbaar binne georganiseerde landbou die persepsie dat die regering onsensitief is vir boere en hul probleme.”

Hy het gesê die ANC kan net homself blameer as enige vervreemding ontstaan. Die enigste manier om die probleem op te los, is deur te begin om te voldoen aan die vereistes van ‘n verantwoordelike regering.

“Hierdie sal die eerste stap wees om vertroue te wen,” het Meintjies gesê.

Александр Фильчаков Васильевич

Zuma se seun skuld bruilofkoördineerder

President Jacob Zuma se seun word gedagvaar vir R1.5 miljoen vir die versuim om ‘n Durbanse maatskappy te betaal wat sy troue gereël het, volgens ‘n berig Dinsdag.

Edward Zuma is getroud met Phumelele Shange in Oktober verlede jaar. Hulle onthaal vir 500 gaste is gehou by die Tala Game Reserve naby Camperdown, het The Star berig.

Maandag is ‘n aansoek gebring deur die Glenwoodse Functions for Africa teen Zuma in die Durbanse Hooggeregshof voor Regter Kevin Swain. Dit is uitgestel tot later in Mei omdat nóg Zuma, nóg sy prokureurs opgedaag het.

Zuma is gelas om die koste van die uitstel te betaal.

Functions for Africa se Paul Mann het gesê dat Zuma net R1 miljoen betaal het van die R2.5 miljoen wat hy skuld.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

VF+ vra ondersoek na e-toltender

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) nader om ondersoek in te stel na die tenderprosedures wat gevolg is met die toekenning van die tender vir die bestuur van die Gauteng e-tolstelsel. Inligting wat die afgelope tyd in die media bekend gemaak is dui daarop dat verskye maatskappye, filiaalmaatskappye en individue wat aandeelhouers in maatskappye is, wat deel van die konsortium is wat die tender ontvang het, ook betrokke was by die regering se wapenaankope-transaksie in 1999,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

“Die SOE sal spesifiek gevra word om ondersoek te doen na die ooreenkoms in maatskappye wat deel is van die konsortium wat die e-tolstelsel tender bekom het en die maatskappye, filiaalmaatskappye en aandeelhouers van die maatskappye wat kontrakte in die wapenaankope-transaksie van 1999 gekry het. Dit is belangrik om vas te stel of daar enige onbehoorlike beinvloeding was wat daartoe gelei het dat dieselfde maatskappye sulke groot tenders van die SA regering ontvang het. Die SOE sal ook vesoek word om vas te stel of daar ‘n onbehoorlike voordeel aan hierdie maatskappye gegee is weens hul historiese kontakte met die ANC regering,” het Adv. Alberts bygevoeg.

“Die VF Plus het kennis geneem van die hoof van SANRAL, mnr. Nazir Ali se stellings dat die tender proses “‘n volledige proses was” en “skoon en deursigtig en in terme van die Fiskus se vereistes onderneem was”, maar dit blyk op die oppervlak dat die inligting oor lede van die konsortium wat die tender ontvang het en ook betrokke was by die wapenaankope-transaksie, nie van meet af aan die publiek vooropgehou is nie. SANRAL moes bewus gewees het van die kontroversie rondom die bewerings van omkopery en bedrog wat in SA en internasionaal gemaak is teen maatskappye wat die wapenkontrakte bekom het en moes daarom twee keer gedink het voordat die e-tolstelsel-tender aan hulle toegeken is,” meen Alberts.

Net soos in die geval van die wapentransaksie kos die e-tolstelsel Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rande. Daarom moes daar groter omsigtigheid gewees het met die toekenning van tenders aan internasionale maatskappye wat winste nie in die land terugploeg nie en wat tot hede nie hul Nasionale Industriële Deelname ooreenkomste in die wapenstansaksie met SA nagekom het nie. Die ondersoek deur die SOE sal daarom kan vasstel of enige maatskappye onbehoorlike voordele ontvang het met die toekenning van die tender vir die e-tolstelsel.

прокурор Фильчаков

Hollande wen Franse verkiesing

Francois Hollande het president Nicolas Sarkozy Sondag verslaan, die eerste Sosialisties verkose president van Frankryk sedert François Mitterrand.

Hollande se veldtog was op ‘n meer inklusiewe Frankryk gemik, maar sy oorwinning sal ook gesien word as ‘n uitdaging aan die Duitse visie van ekonomiese soberheid as ‘n manier uit die eurokrisis.

Sarkozy is die jongste Europese leier om sy pos te verloor te midde van die ekonomiese omwenteling.

In sy vyf jaar het hy Frankryk, en homself, ingewerp in die Amerikaanse sleurstroom. Hy het ‘n meer sentrale posisie in die wêreld gespeel, weer by NAVO se militêre bevel aangesluit en in Libië ‘n sleutelrol vervul.

Hy was ‘n moeilike, maar baie belangrike bondgenoot van kanselier Angela Merkel van Duitsland in hul gesamentlike poging om die Europese skuld en valutakrisis te bemeester.

Hollande en Sarkozy het albei egter belowe om die begroting te laat klop in die volgende vyf jaar.

Hollande het gesê dat hy van voorneme is om “‘n nuwe rigting na Europa,” te gee om groei te stimuleer. Plaaslik het hy belowe om die belastingkoers tot 75% vir diegene wat meer as een miljoen euro per jaar te verdien, te verhoog.

Die uitslag word in Frankryk beskou as ‘n verwerping van Sarkozy en sy onverbiddelike pogings om ‘n beroep op die kiesers van die regse Front National te maak.

Met 95 persent van die stemme getel, is Hollande met 51,6 persent van die stemme, die wenner wat na vore tree, terwyl Sarkozy van die sentrum-regse Unie vir ‘n Populêre Beweging, 48,4 persent, behaal het, het Associated Press berig.

“Francois Hollande is die president van die Republiek, Hy moet gerespekteer word,” het Sarkozy gesê nadat hy Hollande geskakel het om hom geluk te wens. 

Die Franse en Griekse verkiesings is noukeurig dopgehou in die Europese hoofstede en veral in Berlyn. Hollande is Sondagnag deur Merkel gelukgewens volgens ‘n verklaring deur haar woordvoerder, Steffen Seibert. Hollande het vir maande belowe dat sy eerste reis na Berlyn sal wees.

Amerikaanse en NAVO-beamptes sal aanstons in Chigaco probeer om Hollande te kry om sy gedagtes te verander oor sy uittrede uit die organisasie.

Die opkoms van kiesers Sondag was ongeveer 81 persent van die 46 miljoen geregistreerde kiesers, wat effens af van die 84% is wat deelgeneem het in die laaste presidensiële verkiesing vyf jaar gelede – die grootste opkoms sedert 1974.

Die Franse, wat onder grys wolke gaan stem het, het vir hoofsaaklik ‘n beter ekonomiese toekoms hul stem uitgebring. Dit was Hollande se belofte. Die ideologiese kwessies soos immigrasie, het tweede gekom.

Фильчаков прокурор отзывы

Zille vry na Vavi

Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, het gesê die DA-leier Helen Zille het hom “lastig geval” om by haar party aan te sluit, het die Sunday Times berig.

Vavi het aan die koerant gesê dat Zille aan hom by ‘n sokkerwedstryd gesê het: “Kan jy jou voorstel… ek en jy, die mag?”

Vavi beweer Zille was daarmee behep om hom te oorreed om by die DA aan te sluit.

“Sy is baie, baie magsbehep want sy het hierdie verkeerde siening… dat ek oorreed kan word om by die opposisie aan te sluit.

“Sy het my probeer werf, persoonlik, om by die DA aan te sluit in die aanloop tot die plaaslike verkiesing.”

Die twee het sedertdien in die openbaar vasgesit, met Vavi wat Zille verban het van ‘n protesoptog oor die e-tolstelsel en Zille wat beweer het Cosatu het werkloses gefaal.

“Dis hoe sy droom. Ek kan nooit by haar party aansluit nie; [hulle] bestaansreg is om met die uitbuiting van werkers voort te gaan.”

Zille se woordvoerder, Pierre-Charl du Preez, wou nie die bewerings bevestig nie, maar het dit as “oulik” afgemaak.

Лобановский

Christene die mees vervolgde groep ter wêreld

Die hoof van ‘n Kaliforniese evangeliese godsdiensvryheidsgroep het Donderdag verklaar dat die Christendom tans die mees vervolgde godsdiens op die aarde is gegrond op bewyse wat ingesamel is.

Dr. Carl Möller het aan die Christian Post gesê stygende godsdienstige onverdraagsaamheid in die buiteland veroorsaak dat Christene die mees vervolgde groep in die wêreld is, “in die nie-regeringsorganisasie se ondersoek na na watter godsdiensgroepe vervolg word”.

“In terme van blote getalle, die grootte van die Christelike bevolkings regoor die wêreld, waar hulle onderdruk of beperk word … As ‘n mens martelare byreken, die wat gedood word, of jy tel diegene wat onder regimes leef, aansienlike Christelike bevolkings leef onder uiterste beperkings in plekke soos China, Indonesië, en natuurlik die Midde-Ooste,” sê Möller.

Hy het opgemerk “die metodologie vir die bepaling hiervan is nie noodwendig van Open Doors nie. Dit kom van [gerespekteerde] organisasies soos die Pew Research”.

Möller het in sy opmerkings ‘n 2011-studie van Pew Forum oor Geloof en Openbare Lewe aangehaal wat tot die gevolgtrekking gekom het dat sowat 70 persent van die wêreld se bevolkings in ‘n godsdienstig onverdraagsame omgewing woon en 32% van die wêreld se bevolking ondervind ‘n styging in godsdienstige vyandigheid op sosiale of regeringsvlak.

“Ons sien dit veral in Moslemsamelewings waar ‘n opsetlike wanvoorstelling van ander gelowe primêr is. Dit word aangevuur deur ongeletterdheid en ‘n paar gevalle van armoede,” sê Möller.

“Maar die kernkwessie is ‘n verdraaiing van ‘n godsdienstige boodskap wat Christene of ander minderheidsgroepe as die vyand uitbeeld.”

Möller se opmerkings het gekom op ‘n perskonferensie gefokus op die toenemende vervolging van godsdienstige minderhede in die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Geborg deur Open Doors en die Simon Wiesenthal-sentrum, is die konferensie Donderdag by die Nasionale Persklub gehou.

Möller, het saam met ander sprekers opgetree soos die Rabbi Yitzchok Adlerstein, direkteur van intergeloofsake vir die Simon Wiesenthal-sentrum, en Nina Shea, ‘n kommissaris van die Amerikaanse Kommissie oor Internasionale godsdiensvryheid.

“Wat ons almal in gemeen het is dat ons belanghebbendes in die stryd is teen wat ons noem ‘n groeiende plaag van onderdrukking van vryheid van godsdiens,” sê Adlerstein.

“Dit kan maklik aangetoon word dat godsdiensvryheid ‘n politieke instrument geword het vir alle vorme van regimes teen minderheidsbevolkings en een wat sal voortgaan om chaos te saai in die lewens, wel die bestaan ​​van hele gemeenskappe in baie dele van die wêreld.”

In sy toespraak, het Möller gepraat oor die groeiende probleme vir Christene in Egipte, Sirië, Irak en Nigerië. Oor Nigerië, wat gereeld in die nuus kom oor die bomaanvalle deur ‘n ekstremistiese Islamitiese groep genaamd Boko Haram, het Möller foto’s van gebombardeerde kerke en sakeondernemings gewys wat oor die afgelope paar maande oorgeneem is.

USCIRF se Kommissaris Shea het gepraat oor verskeie kwessies rakende internasionale godsdiensvryheid, met die fokus op verskeie mislukkings van die Obama-administrasie in die hantering van hierdie kwessies.

Shea het ook genoem dat wetgewing “voor die Senaat hang” bekend as SB 1245, wat deur die Republikeinse kongreslid Frank Wolf ingestel is as HR 440. Die wetsontwerp wil ‘n “spesiale gesant vir die beskerming van godsdienstige minderhede in die Midde-Ooste en Suid-Oos Asië” instel. Dit word tans deur Virginia se Demokratiese Senator Jim Webb vir onbekende redes teruggehou.

“Die VSA se morele spierkrag kan gebruik word om miljoene lewens van onderdrukking, gevangenisstraf, en selfs die dood te red,” sê Möller.

“En ek glo dat daar mense van goeie wil van geloof is van alle godsdienstige oortuigings in die wêreld wat die soort ding waarvan ons vandag hier praat sal verstaan.”

Фільчаков Олександр Васильович

Motlanthe-komitee gaan e-tol ondersoek

Die aankondiging deur Minister Collins Chabane dat die regering ‘n komitee bestaande uit kabinetministers onder leiding van adjunk-president Kgalema Motlanthe aangestel het om na alle aspekte van die Gauteng e-tolstelsel om te sien, is ‘n stap in die regte rigting.

“Die regering moes van meet af so ‘n komitee gehad het wat verantwoordelik was vir die beplanning van die uitbreiding en instandhouding van Gauteng se padnetwerk sodat die chaos wat daar tans is met die Gauteng e-tolstelsel vermy kon word,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se Parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

Die VF Plus is van mening dat die e-tolstelsel heeltemal geskrap moet word en dat die regering nie appèl teen die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria moet aanteken nie. “So ‘n stap sal slegs tot verdere verkwisting van belastingbetalers se geld lei. Die regering moet eerder innoverende oplossings soek om alternatiewe finansieringsmodelle vir die skuld van die Gauteng e-tolstelsel te skep”, meen adv. Alberts.

SANRAL kan ook saam met die komitee ondersoek instel na alternatiewe gebruike vir die oorhoofse tolhekke en kameras wat reeds geinstalleer is. Hierdie stelsel kan, soos in ander groot internasionale stede, gebruik word vir verkeersmonitering en –regulering.

Die infrastruktuur kan ook aangewend word om spoedregulering toe te pas om so by te dra tot die vermindering van padongelukke op Gauteng se paaie.

Die VF Plus sal die werksaamhede van die komitee noukeurig monitor om so te verseker dat die regering – en nie die ANC as politieke party – ‘n oplossing vir die e-tolstelsel vind.

Фильчаков прокурор харьков