ANC gaan Inligtingswet deurdruk

Die ANC het genoeg van ‘n meerderheid om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting deur te stoomroller, sonder verdere konsultasie met die “linkse demokrate”, soos teenstanders van die wetsontwerp graag na hulself verwys.

Die regerende party het die wetsontwerp in September onttrek om buite die parlement met mediabelangegroepe daaroor te onderhandel.

Die Nasionale Vergadering (NV) sal egter volgende week oor die wetsontwerp stem sonder dat ‘n ad hoc-komitee sekere aspekte van die wetsontwerp kon wysig. Drukgroepe soos Right2Know, het gehoop dat konsultasie sou lei na die oprigiting van so ‘n ad hoc-komitee.

Murray Hunter, nasionale koördineerder van die organisasie, het Maandag aan Die Burger gesê hulle is ongelukkig omdat “die wet terug is sonder dat enige veranderings aangebring is.”

Die Mail & Guardian se redakteur Nic Dawes het ook sy kommer uitgespreek oor die wetsontwerp wat terug is na die Nasionale Vergadering. “Dit is verbasend, want die ANC het gesê daar gaan ‘n verdere konsultasieproses buite die parlement wees, wat duidelik nie gebeur het nie,” het hy gesê.

Hy het egter bygevoeg: “Om eerlik te wees, dink ek baie van ons was ambivalent oor daardie proses omdat ons … wou hê dat meer mense se stemme oor die wetsontwerp gehoor word, maar dit was ongemaklik om dit buite die parlementêre proses te doen en in iets wat nie noodwendig die graad van strengheid en openheid van die parlementêre proses thet nie.”

Die hoofbeswaar is dat joernaliste wat geklassifiseerde staatsinligting openbaar maak, geen beskerming onder die wet het nie en dat dit daarom ongrondwetlik is.

Volgens die nuwe wet kan diegene wat in besit is van geklassifiseerde staatsinligting dit wel vóór publikasie aan ‘n regter voorlê om te besluit of die bekendmaking in openbare belang is.

Фильчаков Александр Васильевич

Sarkozy se diversiteit ‘n fiasko

Die Franse president, Nicolas Sarkozy, se diversiteit is in die moeilikheid.

By die regerende UMP-beweging se soveelste konferensie oor nasionale identiteit, is Jeannette Bougrab, een van sy diversiteitsaanstellings glo diep “seergemaak” deur die voorstelle Donderdag, 10 November deur sommige lede van die “regse populistiese groep” binne die party.

Dié dogter van ‘n Harki, ‘n Arabiese groep wat die Franse kolonialiste in Algerië ondersteun het, en daarna vervolg is deur hul eie mense, is deur swaargewig Alain Juppé bevorder tot nasionale sekretaris van die UMP in 2002. Volgens Bougrab het UMP-lede haar toegang tot Franse burgerskap bevraagteken omdat haar vader, nie Frans kan skryf of praat nie.

Jeannette Bougrab is ‘n jaar gelede baie strategies as staatsekretaris vir die jeug in die regering van François Fillon aangestel. Frankryk gaan gebuk onder vlae van jeugopstande waar swart en Arabiese jeugdiges motors aan die brand steek in voorstede en ‘n skrikbewind teen die polisie voer.

Diversiteit in die aanstellings van die staat was dus een van Sarkozy se prioriteite. Selfs onder linkse regerings was die Franse staat wit, aangesien die eksamens wat staatsamptenare in Frankryk moet slaag, geweldig mededingend is en ‘n grondige kennis van Frans vereis.

Met die toetrede van Rachida Dati en Rama Yade in die regering, het Nicolas Sarkozy vinniger en verder as die linkses in die bevordering van politieke immigrante beweeg. Hy het ‘n groot slag teen die Sosialiste geslaan en gewys dat hy, ten minste in hierdie gebied is, die man is wat “breek” met tradisie.

Die resultate is egter rampspoedig. Met Dati wat in ‘n oop oorlog teen die eerste minister gewikkel is en Yade wat ‘n kruistog teen ‘n UMP-lid Borloo voer, het die twee ikone van Sarkozy nie as ‘n bate vir die meerderheidsparty uitgedraai nie, maar ‘n las. Die twee Arabiese nuwelinge, Nora Berra en Bougrab, is grootliks deur die kiesers geïgnoreer, totdat rassisme binne Sarkozy se politieke tuiste die twee in die nuus gekry het.

Nicolas Sarkozy se ambisie was om die immigrante van Noord-Afrikaanse oorsprong te oortuig dat hulle geen rede het om nie UMP te stem nie. Nou gee sy eie party hulle blykbaar genoeg rede.

Jeanette Bougrab het verlede Donderdag uitgeloop, omdat die sprekers van die UMP-konferensie in wanhoop gekla het dat hulle “te veel van Afrika en nie genoeg van François die Eerste” in Frankryk hoor nie.

“My pa kan nie lees of skryf nie maar hy is waarskynlik meer Frans as jy. My pa sal, môre, November 11, die vlag dra. Hy is deel van die Reserves,” het Bougrab woedend geantwoord.

Op 14 Mei, in Besancon, het sy inderhaas ‘n streeks-opleidingsessie van UMP-aktiviste verlaat, nadat een deelnemer gekla het dat hy sat is vir “bougnoules”, ‘n skelwoord vir Arabiere. Die deelnemer was ongelukkig oor die moontlike befondsing van moskees tot nadeel van die herstelwerk aan katedrale.

Dieselfde probleem het opgeduik met Nora Berra, die ewe diskrete staatsekretaris vir seniors.

In Desember 2009, tydens ‘n oop debat oor die Burqa het ‘n voormalige minister van justisie opgemerk dat “die dag wanneer daar meer minarette as katedrale in Frankryk is, dit nie langer Frankryk sal wees nie.” Nora Berra het toe uit die vergadersaal gestorm: “Dit is ‘n voormalige minister van justisie wat hierdie kommentaar in ‘n anti-sekulêre plek lewer, ‘n simbool van die Republiek, die Nasionale Vergadering! Dit is ondraaglik! Is dit demokrasie?” Berra is nooit voor stok gekry vir haar uitbarsting nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Nuwe handelsblok wat EU verdwerg

Terwyl die VSA en Brittanje die Europese Unie onder geweldige druk plaas om te ontbind, het Barack Obama beheer geneem van sy plan om die grootste vryehandelsone in die wêreld te skep.

Hy het Sondag in Honolulu by ‘n beraad van die Asië-Stille Oseaan lande gepraat. Obama, ‘n boorling van Hawaii wat lief is om homself voor te stel as die eerste Amerikaanse president gebore in die Stille Oseaan, het aangekondig dat Kanada en Mexiko ook by die beoogde Trans-Stille Oseaan-vennootskap (TPP) sal aansluit. Vrydag het Japan ingestem.

Hierdie vryehandelsone, wat saam byna 800 miljoen verbruikers en byna 40% van die globale ekonomie beslaan, sal die grootste ekonomiese eenheid in die wêreld wees, groter as die Europese Unie wat maar ‘n kwart van die globale rykdom produseer. “Ons het nou die geleentheid om te beweeg na ons uiteindelike doel voor oë: ‘n streeksekonomie sonder hindernis,” het Obama gesê aan sy 20 vennote by die Forum vir Asië-Stille Oseaan Ekonomiese Samewerking (APEC).

Die Amerikaanse president het Saterdag aangekondig dat nege lande (Australië, Brunei, Chili, Maleisië, Nieu-Seeland, Peru, Singapoer, Viëtnam) ooreengekom het oor ‘n “raamwerk” vir die projek, wat teen volgende jaar na die eerste “regsformulering” moet lei. Maar kenners twyfel oor hierdie spertyd, gegewe die weerstand in verskeie lande, insluitend Japan, oor die vooruitsig van oop grense.

Obama is desperaat om werkloosheid te verminder in die Verenigde State, ‘n jaar van die volgende presidentsverkiesing, en wil voordeel trek uit sterk groei in Asië terwyl Europa sukkel. Sondag het Obama die boodskap herhaal: “Die Asië-Stille Oseaan-streek is absoluut noodsaaklik vir ekonomiese groei in Amerika. Ons dink dit is ‘n prioriteit,” het hy gesê.

Net soos ‘n eggo, het die uitvoerende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde, aan die deelnemers gesê dat “alle lande hul rol moet kan speel om te help om die globale ekonomie te herbalanseer.”

China word direk geraak deur hierdie oproepe. Die Weste wil die waarde van sy geldeenheid verhoog sien ten einde invoere te baat. In hierdie verband het Obama volgehou dat China nog steeds nie “genoeg” doen nie ten spyte van ‘n “effense verbetering”.

“Selfs indien die yuan aansienlik gestyg, sal dit nie die oplossing vir die probleme waarmee die Verenigde State worstel wees nie,” het die Chinese premier Hu Jintao, volgens die Chinese ministerie van buitelandse sake, geantwoord. China sal voortgaan om sy wisselkoersregime te liberaliseer, maar net geleidelik.

Daar is egter ‘n toegewing gemaak deur Beijing aan APEC met ‘n verlaging van tariewe op “groen” produkte, soos sonpanele. Invoerbelasting daarvan behoort nie meer as 5% teen 2015 te behels nie. Die besluite van APEC is egter nie bindend nie.

Фильчаков Харьков

ANC kla oor ‘vals’ nuus

Die ANC se nasionale woordvoerder, Jackson Mthembu, sê die party sal waarskynlik die persombudsman sowel as die mediaraad raadpleeg oor wat hy “valse berigte” in ‘n Sondagkoerant noem.

Volgens die berigte het die ANC se nasionale tugkomtee ‘n lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee, Tokyo Sexwale, oor die vingers getik oor getuienis wat op hoorsê gegrond is en ‘n gebrek aan begrip vir die ANC se grondwet.

Daar word ook beweer dat senior ANC-amptenare ongelukkig is oor ‘n aankondiging deur die voorsitter van die party, Baleka Mbete, dat meer as 100-miljoen rand vir die ANC se 100-jarige bestaansviering bestee gaan word.

Mthembu sê die party glo dat die berigte nie die waarheid is nie.

Фильчаков

Sexwale waarsku dat Malema se mag nie onderskat moet word nie

ANC-swaargewig Tokyo Sexwale, minister van menslike nedersettings het prontuit gewaarsku dat die party se leierskap nie die mag en invloed van die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema en sy uitvoerende raad moet onderskat nie.

President Alfred Xuma wat geweier het om na die Jeugliga te luister, het nie lank gehou nie, het Sexwale gesê.

Sexwale se waarskuwing kom nadat Malema en sy uitvoerende raad besluit het om teen die skorsings te appelleer omdat dit te fel is.

Sexwale, wat tydens die dissiplinêre verhore vir Malema getuig het, het gepraat by ‘n gala-dinee in die Oos-Kaap, georganiseer deur die dr AB Xuma-Stigting.

In wat blyk ‘n kwalik versluierde aanval op President Jacob Zuma te wees, het Sexwale gewaarsku dat niemand herverkiesing tot ‘n partyposisie as gewaarborg moet beskou nie.

Xuma was ANC-president tussen 1940 en 1949, maar is uitgewerk toe hy in onguns verval het by Nelson Mandela se ANC-jeugliga deur botweg te weier om Mandela se voorstel vir militante aksie te ondersteun.

Hy is vervang deur ‘n Jeugliga-kandidaat, James Moroka, wat slegs ure voor sy verkiesing aangesluit het by die party.

 

Данильченко Юрий прокурор

Malema staan vas by ANC

Die geskorste leier van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, sal die regerende party nooit hof toe vat nie, het hy in ‘n onderhoud met Carte Blanche gesê wat Sondag uitgesaai is.

“Ek sal appelleer by die NDK (Nasionale Dissiplinêre Komitee)… en as ek verloor, sal ek appelleer by die ANC NUK (Nasionale Uitvoerende Komitee)… of as dit misluk, sal ek ‘n petisie loods in die nasionale kongres van die ANC,” het Malema in die onderhoud, wat vóór die aankondiging van sy skorsing Donderdag opgeneem is, gesê.

“Ek het geen probleem nie… ek het al die regte kanale gevolg… ek sal nooit die ANC hof toe vat nie… indien die appèl misluk, sal ek aanvaar dat dit die einde van my politieke loopbaan is.”

Malema is as leier van die Jeugliga geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ernstige verdeeldheid binne die ANC gesaai en die party se naam in oneer gebring het.

“My bloed is swart, groen en goud. Selfs al word ek geskors, sal ek ‘n lid en ‘n lojale ondersteuner van die ANC bly. Ek is as ‘n ANC-lid gebore,” het hy gesê.

Hy het gesê die aanklagte teen hom is “ongeregverdig” en dat al wat hy kan doen is om ‘n goeie saak voor die komitee te lê.

Hy het ook gesê hy is nie in stryd met President Jacob Zuma nie en dat hy homself nie as ‘n omstrede figuur beskou nie.

“Ek is nie in stryd met Zuma nie. Ek sal nooit wees nie.”

Sy opmerkings in onlangse jare dat hy sou “moor vir Zuma” is buite konteks aangehaal, het hy gesê.

“Toe ek dit gesê het, was dit nie oor my persoonlike verhouding met hom nie… ek is nie sy spesiale vriend nie… ek het nie eens sy selfoonnommer nie.”

Malema het gesê hy het geen voorneme om die President van Suid-Afrika te word nie.

“Daardie posisie is baie gekompliseerd… selfs as die beweging my ‘n mandaat gee om dit te doen… laat ek nie dislojaal teenoor die beweging wees nie… ek sal sê hierdie is te groot vir my.”

Hy het gesê hy wou altyd in die ANC wees om mense te help en te lei.

Die politikus, wat onlangs as een van die mees invloedryke jongelinge in Afrika deur Forbes aangewys is, het gesê hy baklei daarvoor dat die minerale hulpbronne in Suid-Afrika verdeel moet word.

“Die werklike vyand is wit monopolie-kapitaliste… wit diktatorskap is wat vandag gebeur… sê vir my ek is verkeerd… dan sal ek dit aanvaar.

“Die gaping tussen ryk en arm word groter. Dit is rasgedrewe en seksisties… dit is net wit mans wat ryker word, nie eens wit vroue nie… dit sal nooit toegelaat word nie,” het hy gesê.

Gevra of hy witmense haat, het Malema gesê: “Nee… hulle het ‘n spesiale plek in ons harte. Hulle het ‘n bydrae om te lewer in hierdie land.”

Malema staan ook die onteiening van grond sonder vergoeding voor.

“Ons wil… die grond onteien en aan die publiek gee… die regering het ‘n reg om te onteien. Ons het hierdie grond nodig.”

Hy het ook toegegee dat nasionalisering nie ANC-beleid is nie.

“Wie het gesê dit is ANC-beleid… as dit ANC-beleid was, sou ons [die Jeugliga] dit nie voorgestel het nie.”

Die kwessie van nasionalisering sal volgende jaar by die ANC se konferensie in Mangaung bespreek word, het hy gesê.

Oor die kwessie van tenders het Malema gesê hy het nog nooit tenders gemanipuleer nie. “Ek is ‘n politikus. Ek ken die spel. Die Openbare Beskermer het al maatskappye waarmee ek verbind word, ondersoek. Ek het niks verkeerd gedoen nie. As daar ‘n bewering van korrupsie is, laat die spel oop wees.”

Фільчаков прокурор

FW de Klerk glo betrokke by wapenskandaal

FW de Klerk, voormalige staatshoof, was glo ten nouste betrokke by die wapenskandaal. Dié kwessie het weer onder die soeklig gekom met pres. Zuma se aankondiging enkele weke gelede dat ‘n nuwe kommissie van ondersoek aangestel sal word oor die skandaal asook die verskyning van ‘n opspraakwekkende nuwe boek.

Vlootadmiraal Anthony Howell skryf in sy boek The Devil in the Detail: How the Arms Deal Changed Everything dat De Klerk,Thabo Mbeki en Chippy Shaik, vlootkontrakte in ‘n bepaalde rigting gestuur het.

Paul Holden is medeskrywer van die boek.

Howell en ander militêre offisiere het in 1995 die Spaanse bod aanbeveel en voorleggings aan oudpres. Nelson Mandela en De Klerk, toe adjunkpresident, in dié verband gedoen. De Klerk het glo die Duitse bod teen die vloot se aanbevelings, verkies.

“Die Duitse owerhede het ‘n betaling ondersoek van $22 miljoen [van die Duitse konsortium] aan ‘n Libiese frontmaatskappy, Mallar Inc., en dié geld het regstreeks na Suid-Afrikaanse amptenare en kabinetslede gevloei … Die man agter Mallar Inc. was na bewering ene mnr. Tony Georgiades,” lui die verwysing in Howell se boek.

“Georgiades het glo sy noue bande met die apartheidsregering gebruik om ‘n netwerk te vestig om die oliesanksies teen die apartheidsregime te verbreek.

“Sy noue band met oudpres. FW de Klerk is alombekend.

“De Klerk het in die vroeë 1990’s, ten aanskoue van die media, verlief geraak op Georgiades se vrou (Elita) en is later met haar getroud.” De Klerk se eerste vrou Marike is daarna op raaiselagtige wyse in haar woonstel vermoor.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, het namens De Klerk ontken dat hy by Georgiades se wapentransaksie-handelinge betrokke was. 

Александр Фильчаков

Godsell nie bekommerd oor nasionalisering

‘n Bekende gesig van die mynhuise en Suid-Afrikaanse sakefiguur het kommer oor die nasionalisering van die myne in Suid-Afrika Donderdag afgemaak as onnodig. Bobby Godsell het gepraat kort nadat die land se regerende party ‘n belangrike voorstander van die idee geskors het.

By ‘n geleentheid wat georganiseer is deur die Kanadese en Suid-Afrika Sakekamers, het Godsell gesê die kans dat die myne genasionaliseer word, is so onwaarskynlik as wat die Tea Party in die Verenigde State in staat sou wees om die VSA se Federal Reserve af te skaf.

Hy het gesê die jeugliga van die ANC het onrealistiese en onuitvoerbare antwoorde op sommige absoluut noodsaaklik vrae ontwikkel. Godsell is die voormalige uitvoerende hoof van AngloGold Ashanti en ‘n lid van Suid-Afrika se Nasionale Beplanningskommissie.

Hy het gesê as vergoeding vir die myne in ag geneem word, sal dit triljoene dollars wees, wat die Suid-Afrikaanse regering nie het nie.

“En om dit te doen sonder vergoeding, het jy nodig om ons Handves van Menseregte te verander, en daarvoor het jy ‘n 75% meerderheid in die Suid-Afrikaanse parlement nodig, en ek kan absoluut geen kans sien dat die meerderheid ooit behaal sal word nie.”

Suid-Afrika is een van die wêreld se top-platinum- en goudprodusente en Malema se oproepe vir die nasionalisering van die myne om armoede en ongelykheid te verminder, het die beleggers in Brittanje en Amerika ontstig.

Godsell het gesê die omvang van armoede, werkloosheid en ongelykheid in Suid-Afrika is groot, maar die antwoorde wat deur Malema en sy ondersteuners voorgehou word, is onhoudbaar.

Godsell het integrasie voorgehou as die oplossing vir Suid-Afrika.

“Dit is nie moontlik om ‘n behoorlike geïntegreerde samelewing te bou met hierdie vlakke van ekonomiese uitsluiting nie, so daar moet iets gedoen word, dis vir my heeltemal duidelik,” sê Godsell, wat steeds optimisties is oor die vooruitsigte vir groei in beide Suid-Afrika en die hele vasteland.

Данильченко

Ondersoek oor nasionalisering voltrek

‘n Span onafhanklike navorsers wat aangestel is om die lewensvatbaarheid van die nasionalisering van Suid-Afrikaanse myne te ondersoek, het sy werk voltooi en sal na verwagting die bevindinge Vrydag aan die ANC se beleidskomitee oorhandig.

Die ondersoekspan, wat onafhanklike navorser Paul Jordaan, die Universiteit van die Witwatersrand se navorser Pundy Pillay en Margaret Chitiga-Mabugu van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, insluit, het pas teruggekeer uit China.

Keith Khoza, ANC-woordvoerder, sê die navorsers sal hul bevindings aan die ANC se beleidskomitee oorhandig, wat onder voorsitterskap van Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling staan.

“Hulle het hul navorsing voltooi, en sal hul bevindings aan die beleidskomitee deurgee,” het Khoza gesê.

Die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe het gesê die ondersoekspan het al die lande wat deur die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geïdentifiseer is, soos Zambië, Namibië en Botswana, ondersoek. Die span het ook besoek aan Chili, Brasilië en Venezuela asook Swede, Noorweë en Finland gebring.

“In Australasië het hulle navorsing gedoen in Maleisië, Australië en China,” het Mantashe gesê.

Die navorsing is in opdrag van ‘n resolusie by die party se nasionale algemene raadsvergadering in Durban verlede jaar onderneem. Daar is ‘n mandaat deur die NUK toegestaan om navorsing te doen oor staatsbetrokkenheid in die ekonomie en “aan die beleidskonferensie te rapporteer sodat ‘n besluit by die nasionale konferensie daaroor in 2012 geneem kan word”.

Sommige teenstanders van die beleid van nasionalisering sê dit is nie ‘n resep vir ontwikkeling nie en sal broodnodige direkte buitelandse belegging afskrik. 

Hoe dit ookal sy, staan Europa sowel as die VSA nou ironies genoeg bakhand vir Chinese investering, die rykste kommunistiese land in Asië, waar ‘n debat oor nasionalisering ongetwyfeld nie dieselfde beroering as in die VSA, die baken van kapitalisme, sal veroorsaak nie.

Олександр Васильович Фільчаков

11-11-11

Vandag hou besondere belang in vir numeroloë wat daarop wys dat dit die 11de van die 11de maand 20-11 is en 11-uur kom 48 keer oor die wêreld se 24 tydsones voor.

Maar dit is ook Wapenstilstanddag, wanneer die slagoffers van veral die Eerste Wêreldoorlog in die Statebondslande in herinnering geroep word met die dra van rooi papawers.

Dié oorlog is om elfuur op 11 November 1918 beëindig. In ander lande word slagoffers van alle oorloë gedenk. In Suid-Afrika word Wapenstilstanddag Sondag met militêre parades herdenk.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор