Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!
Sien ook die verwante Items:
ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ‘Tshwane’
Ope brief aan Mbeki oor ‘Tshwane’
Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!
Sien ook die verwante Items:
ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ‘Tshwane’
Ope brief aan Mbeki oor ‘Tshwane’
Die Suid-Afrikaanse Polisie is besig om op te tree teen vrywillige plaaswagpatrollies in die Noord-Transvaal, waarskynlik omdat hulle onlangs die polisie se onvermoë of onwilligheid om enigiets aan die toestroming van onwettige Zimbabwiërs te doen, ontbloot het.
Volgens mnr Gideon Meiring van TLU-veiligheid in die Soutpansbergomgewing, is daar op 24 Julie ’n hoësigbaarheidsoefening van plaaswagte gehou as gevolg van die grenskrisis wat tans heers en waartydens duisende Zimbabwiërs daagliks die gebied binnekom. Tydens sulke oefeninge word Zimbawiërs gearresteer en aan die SAPD oorhandig.
In dié geval het die polisie egter twee en ’n halfuur geneem om onwettige Zimbabwiërs wat in hegtenis geneem is, noord van die Soutpansberg te kom afhaal. Terseldertyd het die SAPD egter suid van die berg ’n klopjag op plaaswagte uitgevoer, tot die ontsteltenis van een boer, mnr. Doors le Roux.
“Ek ervaar dit as kwaadwillig. Mnr. Mbeki het immers self onlangs gevra, ‘wat doen jý om misdaad te voorkom?’ Ons doen vrywillig patrollies omdat die staat nie sy grondwetlike plig om ons te beskerm, kan nakom nie. Nou word ons geteiken.”
Le Roux wou ook weet “van wanneer af die polisie verkeersboetes uitskryf. Boonop het ons voertuig nie eens gery nie. Hy was langs die hek geparkeer. Die polisie het ook aan die verkeerde kant van die pad geparkeer, met hul ligte in die rigting van die aankomende verkeer, iets wat self ’n verkeersoortreding verteenwoordig.”
Op die kaartjie van R300 wat hy ontvang het, word geen spesifieke oortreding aangedui nie. Daar is ’n bestaande ooreenkoms met die polisie dat plaaswagpatrollies van groen ligte gebruik mag maak, om juis verwarring met die polisie se blou ligte te voorkom.
Volgens TLU-veiligheid “is daar al menigte gesprekke op hoëvlak gevoer tussen die regering en TLU-SA se nasionale voorsitter veiligheid, Gideon Meiring, met betrekking tot die gebruik van die groen ligte. Die boeregemeenskap voel en staan vas by die feit dat terwyl die regering onbevoeg bly om misdaad te bekamp en die golf van onwettige immigrante te stuit, is dit ons plig om in eie geledere ons gebiede te domineer en ons mense en eiendomme te beveilig en beskerm.”
In ’n verklaring het Meiring voorts gesê: “Tog wil dit voorkom asof daar ’n paar individue in die SAPD is, wat om persoonlike redes, die poging wil ondermyn. Dit wil voorkom asof sekere polisiemanne, wat betrokke was by misdadige aktiwiteite, deur die ‘groen polisie’ (soos die boere onder die bevolking bekend staan) gestuit is. Rondom misdaad word hul bewegingsvryheid en hul aktiwiteite ingeperk (ons begin domineer).
Tweedens, die onwettige immigrante is vir die polisie ’n bron van inkomste hetsy in voertuie, hetsy as voetgangers.”
In die hele Noord-Transvaalse gemeenskap heers daar tans groot ontsteltenis oor die polisie wat eerder wetsgehoorsame burgers teiken as misdadigers of indringers vanuit Zimbabwe. Sommige lede van die gemeenskap vergelyk selfs sulke optrede met dié van die Gestapo in Nazi-Duitsland of die optrede van die Zimbabwiese polisiediens tydens die plaasbesettings in daardie land.
Guéant het bygevoeg dat daar baie werk nog is om te doen oor die aangeleentheid en dat dit Franse ingenieurs ten minste drie weke sal neem om die besonderhede en implikasies van die onderneming te bestudeer. Dit is nietemin ‘n "sterk politieke sein dat lande wat die internasionale reëls oor kernenergie nakom, soos Libië, die toerusting wat nodig is […] kan bekom", het Guént gesê.
Sarkozy is na sy aankoms direk na die paleis van Bab Azizia, ‘n uitgebreide kompleks waar Ghadaffi graag tent opslaan as hy in Tripoli is. Die Franse president moes daarna die Libiese leier vergesel na ‘n gebou wat deur die Amerikaners in 1986 in puin gelê is. Ghadaffi was in wit en swart uitgevat met ‘n reusagtige borsspeld van die kontinent op sy uitrusting vasgespeld vir die geleentheid.
Die kompetisie sal oop wees vir alle lede tussen 16 en 25 jaar en sal in September in KwaZoeloe Natal afskop. Dit sal daarna na die res van die land se provinsies uitgebrei word en die finaal sal in 2008 plaasvind. Die IVP is ‘n Zoeloe etniese party waarvan die steun in die landelike ooste van die land gesetel is.
In die plaaslike verkiesings verlede jaar het die IVP 37% in KwaZoeloe Natal behaal. Nasionaal doen die party egter heelwat swakker; in 2004 het hulle maar 7% van die stemme getrek.
Gerugte wil dit hê dat Themba Mathyolo dalk besluit het om homself as toordokter te bekwaam en dat hy daarom nie meer by die werk opdaag nie. Landdroskommissiesekretaris Danie Schoeman het pas aanbeveel dat Mathyolo geskors word sonder vergoeding totdat die saak opgeklaar word. Sy afwesigheid het die belastingbetaler reeds R125 000 uit die sak gejaag.
Alle pogings om hom te kontak en op te spoor was tot dusver vrugteloos. By die hof heers daar groot frustrasie oor die man se verdwyning omdat die oorvol hofrolle nog verder oorlaai is en nuwe sake nou ophoop. Regslui kon nie datums vir verskynings vir hierdie jaar bekom nie en wag ongeduldig op uitsprake wat nie gelewer is nie.
‘n Suid-Afrikaanse regter het die media daarvan beskuldig dat hulle valshede oor Zimbabwe versprei. Dié nuus is onlangs deur die Herald-koerant in Harare bekend gemaak.
Die berig wat op 27 Junie verskyn het, haal die regter aan waarin hy kla oor Suid-Afrikaanse koerante asook ander gedrukte media se verslaggewing.
Die Verenigde Nasies se vlugtelingekommissie het gister ’n beroep op die wêreld gedoen om 48 miljoen dollar te skenk om Somaliese vlugtelinge mee te help. Daar is nou sowat 500 000 vlugtelinge wat hulle wonings in Somalië verlaat het om aan die geweld daar te ontkom. Sedert Februarie vanjaar word geraam dat 1 000 mense in die konflik dood is.
Verlede week alleen het amper 10 000 Somaliërs uit Mogadisjoe gevlug. Die vlugtelinge steek die grens oor na Kenia, Djiboeti, Ethiopië en Jemen. Die VN verwag dat die getal vlugtelinge hierdie jaar nog meer gaan styg. Moslem-ekstremiste veg tans teen regeringstroepe, wat deur Ethiopië gesteun word. Geweld in die Somaliese hoofstad het ironies genoeg dramaties toegeneem ná die aanvang van die nasionale versoeningskonferensie op 19 Julie.
Sowat 1 000 verteenwoordigers van verskillende faksies in Somalië vergader tans in Mogadisjoe om vrede in die land te probeer bewerkstellig. Die Moslem-rebelle is veral gekant teen die rol wat Ethiopië speel om die Somaliese regering te steun en verwys in hierdie verband na Ethiopië as “die Israel in Afrika.“ Op dié wyse poog hulle om plaaslike steun asook ondersteuning in die Midde-Ooste te werf. Volgens die Moslem-rebelle se jeugbeweging, moet elkeen wat die huidige versoeningskonferensie bywoon, besef dat “hy tot die dood veroordeel word.“ Sowat twaalf mortierbomme is dan ook al sedert 19 Julie op die konferensielokaal afgevuur.
Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, is bekommerd dat die teiken van tien miljoen toeriste teen 2010 nie bereik gaan word nie, tensy die regering “die oorlog teen misdaad” met meer ywer aanpak.
Van Schalkwyk het Maandag, tydens die opening van die plaaslike konferensiebedryf se nasionale konferensie, openlik oor die impak van misdaad op die toerismebedryf gepraat. “Navorsing wat deur SA Toerisme uitgevoer is, het aangedui dat, alhoewel Suid-Afrika in baie opsigte ’n aantreklike toerismebestemming verteenwoordig, vrees vir misdaad moontlik potensiële besoekers kan afskrik,” het hy gesê.
Naas waarde vir geld, is veiligheid die tweede belangrikste kriterium vir Suid-Afrika se potensiële toeristemark. Dit is vasgestel in die studie wat SA Toerisme in 2005 oor hierdie onderwerp laat doen het. Volgens Van Schalkwyk voer sy departement tans samesprekings met die departement van veiligheid en sekuriteit met die doel om een polisiebeampte per stasie beskikbaar te stel vir toerismeverwante misdade. Die polisie se begroting is verder vermeerder en teen 2010 behoort daar sowat 190 000 polisiebeamptes op straat te wees.
Van Schalkwyk meen ook dat dit nie net die polisie en justisie is wat misdaad moet beveg nie. In hierdie verband het hy verwys na wanpraktyke in die plaaslike toerismebedryf, soos die gebruik van onwettige toeriste-kredietkaarte en ongelisensieerde toeroperateurs.
Na aanleiding van Sapa se beriggewing oor die minister se toespraak, het sy kantoor ’n verklaring uitgereik om hom van Sapa se berig te distansieer, aangesien die verslaggewer nie genoeg klem gelê het op die aksies wat die regering beplan om misdaad te bekamp nie.
Dié ooreenkoms is die vrug van George W. Bush se projek om ontwikkelende lande wat demokrasie aanvaar, ‘n redelike ekonomiese politiek handhaaf en beslis teen korrupsie optree, van hulp te wees.
Woordvoerders het aangedui dat die ooreenkoms met Lesotho oor vyf jaar sal strek om watertoevoer vir huishoudelike en industriële gebruik te verbeter, swak gesondheidsorg vir pasgeborenes, Vigs- en tuberkulosepasiënte op te knap en om die faktore wat internasionale beleggers afskrik uit die weg te ruim.
Of demokrasie werklik Lesotho se erns is, is sterk te betwyfel. Politieke onrus het onlangs ernstig toegeneem in die land met wegbreekfaksies uit die weermag wat aanvalle op regeringsministers loods.
Volgens die leier van die opposisie, die All Basotho Convention (ABC), Thomas Thabane, dra die aanvallers wapens waartoe net weermaglede toegang het. Ketumile Masire van Botswana moes inderhaas ‘n byeenkoms reël om die oplaaiende geskille tussen opposisiepartye en die regering by te lê.
Thabo Thakalekoala, ’n joernalis wat van hoogverraad aangekla is omdat hy die regering tydens ‘n uitsending van die Harvest FM-radiostasie vir onder meer korrupsie gekritiseer het, se aanklag is blykbaar ondertussen na "ondermyning" verander. Ondersteuners, sowat 4000, het by die hof saamgetrek met sy verskyning om teen die aanvanklike aanklag beswaar te maak.
Suid-Afrika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), Dumisani Khumalo, is oor die naweek vanaf Jan Smuts-lughawe na ’n huis in Greenside agtervolg, waar hy aangeval en beroof is. Khumalo was in die land om sy kleinseun se verjaarsdagpartytjie by te woon.
Dit is die tweede keer dat Khumalo beroof word.
Khumalo was die afgelope paar maande in die nuus met kontroversiële uitsprake en besluite in sy hoedanigheid as Suid-Afrikaanse ambassadeur, wat in ’n nie-permanente hoedanigheid op die VN se Veiligheidsraad dien.
In Januarie het Khumalo verhoed dat die Veiligheidsraad ’n resolusie oor menseregte in Myanmar aanvaar. Hy het hom in Maart die toorn van menseregte-aktiviste op die hals gehaal toe hy geweier het dat hulle die Veiligheidsraad inlig oor die verslegtende situasie in Zimbabwe. Hy het waarnemers en die media verder verstom toe hy later dieselfde maand sy bes gedoen het om te verhoed dat sanksies teen Iran ingestel word. Dit het gevolg op dié land se weiering om sy kernprogram te staak. “Ek kelder nie die resolusie nie,” was Khumalo se gewraakte woorde, ter verontskuldiging. “Ek verbeter dit net.“
Khumalo was tydens die apartheidsjare ’n sleutelfiguur wat sanksies teen Suid-Afrika gepropageer het. Dit is grootliks weens sy aktivisme in die VSA dat 26 state en 90 stede destyds ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika ingestel het.