Die kans is skraal dat die omstrede sakeman, Sandile Majali, selfmoord gepleeg het, het sy prokureur, John Ngcebetsha, Maandagaand gesê.
“Daar is geen bewyse wat daarop dui dat Majali selfmoord gepleeg het nie. Dit is heel onwaarskynlik op hierdie stadium,” het Ngcebetsha gesê.
Die 48-jarige sakeman se lyk is Sondagoggend in die Sandton Quatermain-hotel in Johannesburg gevind.
Volgens Ngcebetsha was Majali se familie “baie bekommerd” oor die omstandighede van sy dood.
“Die familie het ook ‘n onafhanklike patoloog aangestel om Majali se lyk te ondersoek,” het Ngcebetsha bygevoeg.
Na bewering het Majali “asemhalingsprobleme” die afgelope tyd ervaar. Hy het in die hotel gebly sodat hy kon rus en die nodige mediese sorg ontvang.
Die familie het ‘n beroep op die media gedoen om “weg te bly en hom toe te laat om in vrede te rus”.
Hy was betrek by ‘n sogenaamde olieskandaal ná onthullings in 2005 gemaak is dat PetroSA ’n voorskot van R15 miljoen aan Majali se Imvume Management betaal het, het Die Burger berig.
Imvume het vier dae ná hy die voorskot ontvang het en op die vooraand van die algemene verkiesing in 2004, ’n skenking van R11 miljoen aan die ANC gemaak.
Hy is in Oktober in hegtenis geneem nadat die direkteurskap van Kalahari Resources van Brian Amos Mashile en Daphne Mashile-Nkosi na ‘n groep van agt individue, insluitend Majali, verander het.
Die Sunday Times het op 23 Augustus 2008 berig Majali het transaksies met Irak aangegaan op ’n wyse wat VN-sanksies teen die vorige Irakse leier, Oudpres. Saddam Hoesein, oortree het.

Op ‘n koue, reënrige dag in die Vrystaat het ‘n groep PRAAG-betogers vandag voor die landdroshof in Lindley betoog waar die ses verdagtes in die grusame Potgieter-moordsaak in die distrik aansoek om borg
‘n Groep van 15 PRAAG-aktiviste het vanmiddag net ná vieruur in spitsverkeer die hele Rustenburg se verkeer lamgelê deur ‘n oorbrug oor die N4-snelweg naby die vernaamste winkelsentrum met motors en bakkies te blokkeer.
Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het gesê: “Hierdie, hoewel baie suksesvol, was net ‘n oefenlopie en ‘n eksperiment. Ons is besig om ook in die groter sentra te organiseer en wil uiteindelik die hele Gauteng op ‘n gegewe dag tot stilstand bring om die wêreld bewus te maak van die diskriminasie, volksmoord en aanhitsing tot volksmoord wat daar teen Afrikaners in Suid-Afrika gepleeg word.”
Lede van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het vanoggend voor die landdroshof op Koster betoog teen die volksmoord en geweld teen Afrikaners. Die aangeklaagdes in die moord op mev. Marthie Erasmus het aansoek om borg gedoen. Die 63-jarige mev. Erasmus is begin Desember op haar bed vasgemaak en met ‘n 16-pondhamer tereggestel.