Metropolisie stoot krotbuurt plat sonder slag of stoot

Meer as 200 polisielede het teruggekeer na Marlboro naby Johannesburg Donderdag om krotbewoners te dwing om te skuif. Inwoners het geen kennisgewing ontvang dat ‘n stootskraper hul huise gaan platvee nie, en honderde swartes, vroue en kinders, is teen gisternag in die ysige koue dakloos gelaat.

Die meeste inwoners wat sedert 1996 daar woon, het van die werk tuisgekom om hul tuistes gesloop te vind en die inhoud van hulle krothuise gesteel. Een man het sy ID en ‘n stapel van vullis sakke onder die rommel uitgekrap. Hy het ‘n sak gebruik om wat oorgebly het, kussings, brood en eiers, in te stop.

Dis nie meer die gehate apartheidsregering wat ‘n heenkome vir die plakkers beskikbaar gestel het nie, maar die ANC wat geen simpatie toon vir die inwoners se lot nie.

Daar het gisteraand ontevredenheid geheers, maar dit het nie tot oproerigheid gelei nie. Inwoners was te besig om hul karige besittings te probeer red.

Sommige inwoners is toegelaat om in die puin vir hul besittings te krap. Sommige wou hul ID’s terugkry, ander kos.

Johannesburg Metro Polisie se woordvoerder, Wayne Minnaar het gesê dat ‘n hofbevel nie nodig is om die inwoners uit te sit nie. Die grond is in privaatbesit en hulle oortree, het hy gesê. Minnaar sê dat, omdat die polisie net die verordeninge afdwing, is dit nie nodig om inwoners kennisgewing of tydelike skuiling te gee nie.

Die organisasie Abahlali baseMjondolo – Zoeloe vir “die mense van die krotte” – het in 2009 in die Grondwethof ‘n beslissende oorwinning behaal teen KwaZulu-Natal se Krotbuurtvoorkomingswet, wat massa-uitsettings in informele nedersettings sedertdien ongedaan maak.

Dié organisasie was egter nie Donderdag teenwoordig nie. Praag kon nie vasstel aan wie die stuk grond behoort nie, maar volgens berigte behoort dit aan die Stad Johannesburg.

данильченко юрій броніславович

Geweld breek by Benoni uit

Geweld het gisteraand uitgebreek by die Zenzele plakkerskamp buite Daveyton naby Benoni aan die Oosrand, berig RSG.

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Dit volg nadat oproerige betogers weer begin het om paaie te versper.

Hulle eis dat drie gemeenskapslede vrygelaat word, wat vroeër die week tydens diensleweringbetogings in hegtenis geneem is.

Hulle het beloof dat daar Vrydag geen werk of skool in Zenzele sal wees nie.

Фильчаков Харьков

Kofi Annan onttrek uit Siriese bemiddeling

Kofi Annan sê die voortgesette militarisering op die grond in Sirië en die duidelike onenigheid in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het die omstandighede vir sy suksesvolle bemiddeling in Sirië verander.

Die VN en die Arabiese Bond se spesiale gesant vir Sirië het die opmerkings gemaak na hy aangekondig het dat hy aan die einde van Augustus uit die amp gaan tree.

Intussen is berigte ontvang van swaar geweervuur in Salaheddine, suidwes van Aleppo, waar hewige gevegte die afgelope week plaasvind. Swaar gewapende regeringsmagte probeer ‘n paar duisend rebelle uit die stad verdryf.

Die uitslag van die konflik word as ‘n moontlike keurpunt in Sirië beskou. Aleppo het vir lank die geweld vrygespring, maar die sowat twee-komma-vyf miljoen inwoners word nou meegesleur in die konflik en voedsel-, brandstof- en watertekorte kom wyd voor.

In New York sal die VN se Algemene Vergadering na verwagting vandag stem oor ‘n resolusie wat deur Saoedi Arabië opgestel is, wat die rebelle steun.

China het Vrydag sy spyt uitgespreek oor Kofi Annan se bedanking as internasionale bemiddelaar vir Sirië en sê hy sal aanhou werk om ‘n ” politieke oplossing” vir die konflik te vind.

Annan het Donderdag het ook uitgevaar oor die “aanhoudende vingerwysery en naamnoemery” by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad, wat volgens hom gekoördineerde optrede om die bloedvergieting te beëindig, verhoed het.

Annan se bedanking het ook ‘n nuwe ronde verwyte onder die vyf permanente lede van die VN se veiligheidsraad veroorsaak. Washington blameer Beijing en Moskou se afkeur van drie afsonderlike resolusies oor die Siriese konflik.

Beijing, wat deurgans gekant was teen internasionale ingryping in die Siriese konflik, het gesê hy verstaan die uitdagings waardeur Annan in die gesig gestaar is en sal aanhou werk vir ‘n “politieke oplossing” vir die kwessie.

“China spreek sy spyt uit oor Annan se bedanking. Ons verstaan die moeilikheid van Annan se bemiddelingswerk en respekteer sy besluit,” het Hong Lei, woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake, in ‘n verklaring gesê.

“China ondersteun die VN in die belangrike taak wat hy verrig om ‘n gepaste oplossing vir die Siriese kwessie te vind.”

Олександр Фільчаков прокурор

NRP ontken politiek speel rol in oproer

Die meeste betogings oor dienslewering word gedryf deur ‘n behoefte aan dringende ingryping deur die regering, het die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) se voorsitter, Mninwa Mahlangu gister gesê.

“Betogings vind plaas weens verskeie redes”, het hy aan verslaggewers gesê na ‘n seminaar oor plaaslike regering in Kaapstad.

“Sommige van die verslae wys hierdie is ware protes, waar dit regtig duidelik is dat mense nie die dienste wat hulle nodig het kry nie, of dit nou water, die kwessie van paaie of tariewe of so is. Hulle betoog oor hierdie dinge,” het Mahlangu gesê.

Mahlangu se kommentaar volg nadat die Wes-Kaapse Premier, Helen Zille, en Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, ‘n klag van intimidasie teen die ANC-jeugliga en vyf ander organisasies aanhangig gemaak het nadat die liga gedreig het om die Wes-Kaap onregeerbaar te maak.

“Die dreigement kom teen die agtergrond van ‘n aantal gewelddadige betogings oor dienslewering wat plaasgevind het in die stad in die laaste dae,” het Zille gesê.

Vrydag het die Jeugliga van die Dullah Omar-streek  ‘n memorandum aan Zille se kantoor namens hulself, die ANC, die ANC se Vroueliga, die Kaapse geamalgameerde taxivereniging, en die Kongres van die Demokratiese taxiverenigings oorhandig.

Zille het gesê die memorandum bevat ‘n dreigement op die vyfde bladsy wat lees: “Ons eis dat die bogenoemde eise positief angespreek word binne sewe werksdae. Versuim om dit te doen, en die jong mense en die bogenoemde rolspelers sal hierdie stad en die provinsie onregeerbaar maak. Amandla! “

Zille se woordvoerder, Zak Mbhele gesê die organisasies het betoog oor ‘n verskeidenheid van kwessies wat onder andere onderwys, die jeugloonsubsidie, vervoer, en grond insluit.

In Mei het die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Richard Baloyi gewaarsku dat politiek ‘n rol speel in sommige betogings oor dienslewering.

Фильчаков

FW Stigting klim onder swart skole in

Onderwys in Suid-Afrika is in die moeilikheid, het die FW de Klerk Stigting Donderdag gesê.

“‘n Swak onderwysstelsel lê aan die wortel van die meeste van Suid-Afrika se probleme, soos werkloosheid, armoede en ongelykheid,” lui die verklaring.

“Sonder ‘n dramatiese verbetering in die onderwys, sal die skeure in die Suid-Afrikaanse samelewing verdiep. Onderwys is ‘n skuldlas wat die huidige geslag aan toekomstige geslagte dra.”

Onderwys word algemeen aanvaar as ‘n katalisator vir ekonomiese en menslike groei en is ‘n basiese mensereg wat demokrasie en politieke stabiliteit raak.

Die onlangse Limpopo-handboekskandaal is net ‘n simptoom van ‘n ​​veel wyer malaise. Die onderwys-krisis is daarbenewens ook nie die gevolg van ‘n ​​gebrek aan hulpbronne nie, sê die Stigting.

In 2011 was Suid-Afrika se besteding aan onderwys ses persent van die BBP (Bruto Binnelandse Produk). In die 2012/13 finansiële jaar, sal opvoeding byna R207 miljard kos, het hulle gesê.

Suid-Afrika se onderwysstelsel is as nommer 133 uit 142 lande in die wêreld by die Wêreld Ekonomiese Forum aangedui, het die stigting gesê.

Die stelsel versuim reeds om die basiese standaarde van gesyferdheid en geletterdheid van graad drie tot ses te lewer.

Een van die belangrikste faktore wat die sukses of mislukking bepaal, is die gehalte van onderwysers en skoolhoofde, het die stigting gesê.

“Miskien is die mees verdoemende statistiek deur die Nasionale Beplanningskommissie, dat onderwysers in swart skole ‘n gemiddeld van slegs 3,5 uur per dag klasgee, in vergelyking met 6,5 uur ‘n dag in die voormalige wit skole.”

Александр Фильчаков Васильевич

Beste Sanlam…

Beste Sanlam,

Ek weet nie wie die skrywe onder aangeheg opgestel het nie, maar sal u asseblief so vriendelik wees om die betrokke persoon op sy skokkende taalfoute te wys?

Wat op dees aarde is “Vroueday”? Die vakansiedag heet “Vrouedag” in Afrikaans. Dit lyk of dit ‘n soort Kaapse(?) “pidgin”-Afrikaans – kom ons noem dit Kafrikaans – is wat Sanlam hier besig.

So ook sou fliekvoordeel een woord in korrekte Afrikaans wees, maar ek sien in Sanlam se Kafrikaans word dit los gespel.

Ek verkies dit eweneens om as “Beste Anton” aangespreek te word wanneer ek ‘n skrywe in my eie taal ontvang, en nie in Kafrikaans as “Dear Anton” aangespreek te word nie.

Die skrywe bevat growwe taalfoute wat ek as ‘n spreker van Afrikaans beledigend vind, omdat dit spreek van Sanlam se minagting vir my en my taal. Dit is ‘n hartseer dag wanneer ‘n organisasie wat dekades gelede deur Afrikaners gestig is, homself na die tipiese NSA-fatsoen getransformeer het in ‘n soort NSA-bende van diegene wat sukkel om nie te verval in Kafrikaans wanneer hulle met Sanlam se klandisie wil kommunikeer nie.

Anton Barnard

 

From: Sanlam Reality <info@reality.co.za>
Date: 2012/8/2
Subject: Geniet Vroueday met jou nuwe fliek voordeel

Dear Anton

Fantastiese nuus! Van hierdie maand af kan jy nog meer spaar met
splinternuwe voordele net vir jou:

• Kry twee Nu Metro-fliekkaartjies vir net R30! Koop hier.

• Nou kan jy landwyd 15 tot 20% afslag op jou gimfooie kry by Virgin Active-
en Planet Fitness-gimnasiums. Reality+ Gym lede kry nog steeds tot R300
terugbetaling. Vind meer uit.

• Reality-inkopies – ons aanlyn-webwerf gee jou toegang tot ‘n wye
verskeidenheid produkte, vuurwarm winskopies, spesiale aanbiedinge en meer.

• Dial-a-teacher – hierdie groep toegewyde onderwysers sal jou kinders help
met skoolvakke, projekte en huiswerk. Lees meer

прокурор харьковской области

Nog ‘n goud vir SA-roeispan

Die Die Suid-Afrikaanse roeiers Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith and James Thompson het Donderdag ‘n derde goue Olimpiese medalje gewen.

Dit was ‘n reuse-verrassing om in die eindronde vir liggewig-viermanspanne eerste te eindig.

Die roeiers het veral oor die laaste 500 m van dié 2 000 m-resies uitgehaal om voor die spanne van Brittanje (2de) en Denemarke (3de) te eindig.

Vroeër het Chad le Clos (200 m-vlinderslag) en Cameron van der Burgh (100-borsslag) ook goue medaljes vir Suid-Afrika gewen.

Le Clos, wat hom aan die eindronde van die 200 m- individuele wisselslag op die Olimpiese Spele in Londen onttrek het om op die 100-vlinderslag te konsentreer, het Donderdag in dié item vir die halfeindronde gekwalifiseer.

Олександр Фільчаков прокурор

Clinton verkoop ‘Oorlog teen Terreur’ aan Afrika

Afrika, die wêreld se stowwerige agterplaas, is die jongste afsetgebied vir konflik. Alhoewel Hillary Clinton sê sy is hier om demokratiese instellings te versterk, vertel haar reisplan ‘n ander storie. Clinton sal tien dae deur Afrika toer om Amerika se gevolmagtigde oorlog teen terrorisme in Afrika te ondersteun.

Sy het eerste in Senegal aangedoen, Amerika se beste vriend in die Franssprekende wêreld, om nuutverkose president Macky Sall te gaan gelukwens.

Daarna sal sy in Suid-Soedan, Oeganda, Kenia, Malawi, Suid-Afrika en Ghana, aandoen, almal op die voorpunt van die stryd teen Moslemterreur.

Die Amerikaners sê hulle soek “verantwoordelike vennote vir ontwikkeling”, ‘n bedekte maar onmiskenbare waarskuwing aan Afrika-leiers om hul verhouding met China te heroorweeg. 

Soos die Washington Post in Junie berig het, het Amerika se geheime intelligensie-operasies in Afrika snel toegeneem. ‘n Netwerk van klein, ongemerkte vliegtuie monitor reeds militante organisasies in Mali, Nigerië, Somalië en Oeganda.

Sommige amptenare van Clinton se departement het egter hul voorbehoude oor die militarisering van die Amerikaanse buitelandse beleid op die vasteland uitgespreek, sê die verslaggewer Craig Whitlock in sy artikel. “Hulle het aangevoer dat die meeste terroristeselle in Afrika besig is om plaaslike doelwitte, nie globale nie, na te streef en dit hou nie ‘n direkte bedreiging vir die Verenigde State in nie.”

Die potensiaal vir ‘n gewilde teenreaksie teen die VSA is daar soos in die Midde-Ooste en erger nog, dit sal die potensiaal vir geweld in Afrika verhoog. Grense is reeds wankelrig, en eise en aansprake neem oral toe soos mededinging dit toelaat.

Die Los Angeles Times van 29 Julie, het ook intussen ‘n insiggewende berig oor Amerika se rol in die Somaliese konflik gepubliseer. Ná die Black Hawk-fiasco, het Washington besluit om byna alles anders te doen, en verskaf toerusting en opleiding vir duisende swart soldate om oorlog te voer teen die Shabaab, ‘n sogenaamde Al Kaida-bondgenoot.

Amptelik veg die troepe onder die vaandel van die Afrika-Unie. Maar in der waarheid is die 15.000 soldate uit vyf Afrika-lande grootliks ‘n skepping van die State Department en die Pentagon, wat opgelei word deur die Amerikaanse regering en afgetrede militêre personeel wat aangewend word deur privaatkontrakteurs.

Die Afrika-Unie se ingryping in Somalië is ‘n Afrika-oplossing vir ‘n Afrika-probleem, maar met Amerikaanse steun. Oeganda en Kenia het die grootste deel van die troepe in Somalië voorsien wat die VSA ‘n nuwe verleentheid bespaar het. Afrika is egter goed geskool in anti-Amerikaanse retoriek wat binnekort goed uitgebuit sal word.

Clinton se besoek aan Nairobi en Kampala val saam met gewapende mans wat ‘n bekende komediant wat gekskeer met Al-Kaida se insurgente in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe, doodgeskiet het.

Abdi Jeylani Malaq Marshale, in sy laat dertigs of vroeë veertigerjare, is Dinsdag doodgeskiet minute nadat hy Kulmiye-radiostasie, waar hy gewerk het as produsent en gewilde uitsaaier, verlaat het. Die polisie woordvoerder Mohamed Gaal, sê: “Ongelukkig het die aanvallers ontsnap.”

Clinton het glo ‘n persoonlike ontmoeting met Nelson Mandela in Qunu gereël, en sal John Atta Mills se begrafnis in Ghana bywoon. Wat sy met die voormalige Suid-Afrikaanse president wil bespreek, is nie duidelik nie, want klaarblyklik is Madiba se verstand nie meer te helder nie, om dit sagkens te stel.

‘n Fotosessie om Amerika se verbintenis tot pan-Afrikanisme te verkoop? Hou hierdie spasie dop.

 

topcargo развод

Kommersiële boere moet glo kleinboere ondersteun

‘n Suksesvolle Suid-Afrika vra die insette van kommersiële boere oor grondhervorming, sê Agri SA se voorsitter, Johannes Möller.

“Die mark alleen sal die grondkwessie in Suid-Afrika nie uitsorteer nie,” het hy gesê by Vrystaat Landbou se jaarlikse konferensie in Bloemfontein.

Hy het gesê dit was omdat die situasie deel van ‘n ​​politieke stelsel is en nie deur die mark self geskep is nie.

“Ons moet sterker voorstelle van die kant van die boere bring oor wat ons planne is om te sien dat die hele land suksesvol is. Die grondkwessie moet iewers eindig.”

Möller het gesê landbou kan nie volhoubaar wees as net kommersiële boerdery suksesvol is en die opkomende sektor sukkel nie.

“Dit is tyd vir ‘n simbiotiese verhouding tussen die kommersiële en opkomende landbousektore.”

Dit word regoor die wêreld aanvaar dat verstedeliking slegs gestop kan word as kleinskaalse boere ondersteun word. Dit is beraam dat 60 persent van die globale landbouproduksie van kleinboere kom.

“Ons het ‘n verpligting.”

Möller het gesê Agri SA takel grondhervorming saam met die regering in ‘n ​​poging om vinniger te beweeg. Hulle is ook hard aan die werk om ‘n grond-oudit te voltooi, deur provinsiale strukture.

“Die uitdaging met die grond-oudit is dat dit nie net gedoen behoort te word deur georganiseerde landbou nie.”

Die departement van landbou moet betrokke wees. Die departement van grondsake het nie genoeg personeel nie, terwyl die departement van landbou mense in elke dorp het.

“Ons moet dit doen saam, en doen dit so vinnig as moontlik.”

Max du Preez het aan boere by dieselfde konferensie gesê die ANC se stellings oor grondgryp retoriek is wat boere nie ernstig hoef op te neem nie. Du Preez sê sy insigte in die werkinge van die ANC, het hom oorreed dat boere nie paniekerig hoef te wees nie.

Hy het bygevoeg dat die “Grondwet nie meer verander kan word nie”. Artikel 25 van die Grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

данильченко юрій Харків

Drie oproeriges doodgeskiet in NW

Drie mense is Woensdag doodgeskiet en 15 ander is beseer tydens ‘n onwettige staking buite ‘n myn in Boitekong, noord van Rustenburg, volgens die Noordwes-polisie.

Brig. Thulani Ngubane sê ongeveer 250 mynwerkers, wat die afgelope twee weke onwettig gestaak het, het Woensdagmiddag buite die K5 Khwezi-myn bymekaargekom.

“Daar was ‘n konfrontasie tussen die werkers, sekuriteit en werkgewers. Skote is afgevuur en drie mense is doodgeskiet terwyl 15 ander beseer is.”

Hy het gesê die situasie is tans kalm en die polisie monitor die gebied.

Geen verdere inligting was onmiddellik beskikbaar nie.

данильченко юрій броніславович компромат