“‘n Swak onderwysstelsel lê aan die wortel van die meeste van Suid-Afrika se probleme, soos werkloosheid, armoede en ongelykheid,” lui die verklaring.
“Sonder ‘n dramatiese verbetering in die onderwys, sal die skeure in die Suid-Afrikaanse samelewing verdiep. Onderwys is ‘n skuldlas wat die huidige geslag aan toekomstige geslagte dra.”
Onderwys word algemeen aanvaar as ‘n katalisator vir ekonomiese en menslike groei en is ‘n basiese mensereg wat demokrasie en politieke stabiliteit raak.
Die onlangse Limpopo-handboekskandaal is net ‘n simptoom van ‘n veel wyer malaise. Die onderwys-krisis is daarbenewens ook nie die gevolg van ‘n gebrek aan hulpbronne nie, sê die Stigting.
In 2011 was Suid-Afrika se besteding aan onderwys ses persent van die BBP (Bruto Binnelandse Produk). In die 2012/13 finansiële jaar, sal opvoeding byna R207 miljard kos, het hulle gesê.
Suid-Afrika se onderwysstelsel is as nommer 133 uit 142 lande in die wêreld by die Wêreld Ekonomiese Forum aangedui, het die stigting gesê.
Die stelsel versuim reeds om die basiese standaarde van gesyferdheid en geletterdheid van graad drie tot ses te lewer.
Een van die belangrikste faktore wat die sukses of mislukking bepaal, is die gehalte van onderwysers en skoolhoofde, het die stigting gesê.
“Miskien is die mees verdoemende statistiek deur die Nasionale Beplanningskommissie, dat onderwysers in swart skole ‘n gemiddeld van slegs 3,5 uur per dag klasgee, in vergelyking met 6,5 uur ‘n dag in die voormalige wit skole.”
