Ek weet nie wie die skrywe onder aangeheg opgestel het nie, maar sal u asseblief so vriendelik wees om die betrokke persoon op sy skokkende taalfoute te wys?
Wat op dees aarde is “Vroueday”? Die vakansiedag heet “Vrouedag” in Afrikaans. Dit lyk of dit ‘n soort Kaapse(?) “pidgin”-Afrikaans – kom ons noem dit Kafrikaans – is wat Sanlam hier besig.
So ook sou fliekvoordeel een woord in korrekte Afrikaans wees, maar ek sien in Sanlam se Kafrikaans word dit los gespel.
Ek verkies dit eweneens om as “Beste Anton” aangespreek te word wanneer ek ‘n skrywe in my eie taal ontvang, en nie in Kafrikaans as “Dear Anton” aangespreek te word nie.
Die skrywe bevat growwe taalfoute wat ek as ‘n spreker van Afrikaans beledigend vind, omdat dit spreek van Sanlam se minagting vir my en my taal. Dit is ‘n hartseer dag wanneer ‘n organisasie wat dekades gelede deur Afrikaners gestig is, homself na die tipiese NSA-fatsoen getransformeer het in ‘n soort NSA-bende van diegene wat sukkel om nie te verval in Kafrikaans wanneer hulle met Sanlam se klandisie wil kommunikeer nie.
Anton Barnard
From: Sanlam Reality <info@reality.co.za>
Date: 2012/8/2
Subject: Geniet Vroueday met jou nuwe fliek voordeel
Dear Anton
Fantastiese nuus! Van hierdie maand af kan jy nog meer spaar met
splinternuwe voordele net vir jou:
• Kry twee Nu Metro-fliekkaartjies vir net R30! Koop hier.
• Nou kan jy landwyd 15 tot 20% afslag op jou gimfooie kry by Virgin Active-
en Planet Fitness-gimnasiums. Reality+ Gym lede kry nog steeds tot R300
terugbetaling. Vind meer uit.
• Reality-inkopies – ons aanlyn-webwerf gee jou toegang tot ‘n wye
verskeidenheid produkte, vuurwarm winskopies, spesiale aanbiedinge en meer.
• Dial-a-teacher – hierdie groep toegewyde onderwysers sal jou kinders help
met skoolvakke, projekte en huiswerk. Lees meer
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.