Sarie Marais-skrywer 150 jaar gelede gebore

Die man wat minstens ’n deel van seker die bekendste Afrikaanse volksliedjie My Sarie Marais geskryf het, is op 18 November 150 jaar gelede gebore. Jacobus Petrus (Jepete) Toerien se 150ste verjaarsdag word toevallig gevier in dieselfde jaar wat die ander bekende Afrikaanse digter, Barend J. Toerien gesterf het.

Jepete is op 18 November 1859 in die Paarl gebore, en word op jong ouderdom subredakteur van De Patriot, maar lewer ook bydraes vir Ons Klyntjie, wat albei in die Paarl uitgegee is.

Hy was baie aktief betrokke by die eerste taalbeweging, en hoewel hy hoofsaaklik in Afrikaans gedig het, het ook Nederlandse en Engelse gedigte uit sy pen gevloei.

In 1884, ’n jaar nadat hy na die destydse Transvaal verhuis het, tree hy met Susara Margaretha Maré in die huwelik wat as inspirasie vir die titel van die lied My Sarie Marais gedien het.

Sarie was die dogter van die Volksraadslid Jacob Maré wat aan die Mooirivier by Potchefstroom geboer het. Vandag heet ’n straat in Pretoria nog na hom.

In 1890 stig Toerien in Middelburg die koerant De Republikein wat sterk pro-republiek was.

Hy het aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem, maar sy geldelike posisie het in die proses kwaai agteruitgegaan, veral nadat sy drukpers afgebrand het. Hy is in 1920 aan malaria oorlede.

Sy pro-Afrikaanse gesindheid blyk uit die volgende verwysing van hom na Het Dagblad, ’n koerant wat ’n pro-Engelse beleid voorgestaan het:

 

Afrikaner syn blad met jingoe syn gees,

 

Kyk maat, dis fieslik, dis naar om te lees…

 

Sy oeuvre is egter gewoonlik veel dieper as ’n ligsinnige gespot, soos die snede uit ’n Nederlandse gedig oor die Anglo-Boere-oorlog getuig:

 

Gy hebt gesien de stromen bloeds, de lyken op den grond,

 

De pas gedolven graven,

 

En als gy weer komt, brengt Hem den vrede

 

’n voorspoed mee

 

Waar naar ons hart, ons siel verlangt

 

W’ zyn moede van dien stryd.

 

NÁ Jepete se dood het Sarie haar in Bloemfontein kom vestig.

In 1937, twee jaar voor Sarie se dood, word sy deur ’n ongenoemde verslaggewer van Volksblad besoek.

Sy erken teenoor hom dat sy inderdaad die Sarie van die liedjie is – iets wat destyds taamlik wyd betwis is.

Sy stem tot ’n berig in, op voorwaarde dat die berig voor publikasie aan haar voorgelê word. Twee dae later, toe die verslaggewer haar vir die goedkeuring besoek, het sy egter van plan verander.

Kort voor haar dood laat Sarie ’n trommel verbrand, wat heelwat van Jepete se skryfwerk bevat het, en volgens aanduidings ook die oorspronklike Sarie Marais. Volgens navorsing van ’n broerskind van Jepete, ook JP Toerien, was Sarie nie gediend daarmee dat ’n lied wat aan haar opgedra is “goedkoop” oral gesing word nie.

Sarie se graf in Bloemfontein was tot enkele jare gelede ongemerk, maar is deur ’n projek van veral me. Joan Abrahams, bekende inwoner van die stad, opgespoor en van ’n grafsteen voorsien.

Uit die relatief klein erfenis van Jepete se skryfwerk wat vir die nageslag behoue gebly het, is dit duidelik dat Jepete groter taalkundige erkenning verdien, selfs al sou hy nie die skrywer van My Sarie Marais, of dele daarvan, wees nie.

Barend J Toerien het die stukke wat hy vir die opstel van die Toeriens se stamregister bymekaar kon maak, na die voltooiing daarvan aan die Genealogiese Instituut geskenk. Dié “Sarie Marais-dossier” is weer aan Naln oorhandig. ’n Seleksie van Afrikaanse, Engelse en Nederlandse gedigte van Jepete is in die stamregister opgeneem.

Dit is dan ook ietwat interessant dat Barend Toerien, wat sedert die afsterwe van Elisabeth Eybers as die doyen van erkende Afrikaanse digters gereken is, juis vanjaar, met Jepete se 150ste herdenking, deur die SA Akademie met ’n medalje vereer is.

Jepete het van die eerste Toerien hier te lande se oudste seun afgestam, en Barend van die jongste.

Jepete en Barend was en is egter nie die enigste Toeriens met Afrikaanse ink in hul are nie. Die bekende Heine Toerien (van onder meer Die Mielieblaarklubfaam) het onder meer vir Groep Twee se Tussen Treine en Gé Korsten se Liefling gesorg, en het saam met nog ’n Toerien, Danie Toerien, vir verskeie van Beeld se Deurloop-rubrieke gesorg.

Heine se pa was die bekende Frank Toerien, wat onder meer assistent-redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek was. Heine se seun, Blake, was weer bekend vir die musiekblyspele wat hy geskryf het.

Francois Toerien is nog ’n Toerien wat veral toneelstukke skryf, terwyl Ann Toerien, nou ’n impresario van Pretoria, bekendheid as kosresensent verwerf het.

Nog twee Toeriens skryf veral in Engels, Wendy veral oor wyn en Jane oor voëls.

Herman Toerien is ’n vryskutskrywer, joernalis en rubriekskrywer van Bloemfontein.

 

casino games 21Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Die onsinnigheid van ons bluf

Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is dié wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt.

Vir die honde wat blaf hoef jy net te koets en na die grond te gryp al lê daar ook nie ‘n klip rond so groot as ‘n korreltjie sand nie: hulle vlie om, stert tussen die bene. Hulle wou jou met ‘n ledige dreiement verskrik, en hulle word self bang vir jou dreiement wat nog lediger is. Shakespear sê jy moet oppas vir twis, maar as jy daarin is moet jy jou so gedra dat jou teëparty in die toekoms vir jou sal oppas; en die een woord van hom beteken meer as my hele bladsy. Jy moet nooit jammer wees vir die man wat jy mee baklei nie: as jy so goedhartig is gee dan liewer in aan sy onreg, en staan stil dat hy takel as jou mooipraat nie wil help nie: maar solank as jy terug-slaan, slaan seer. Bakleiery is van self so ‘n slegte ding dat jy dit nie boonop nog sleg moet doen ook nie. Daar is ‘n tyd om skiklik en redelik te wees: maar dit is vóór die geveg; en daar is ‘n tyd om grootmoedig of vergéwensgesind te wees (na gelang van die uitslag) maar die tyd is ná die geveg. Daar is nie ‘n ding in die wereld wat dit meer die moeite werd is om goed te doen nie as baklei. Verloor só dat jy jou nie hoef te skaam nie, of win só dat jy nie more weer dieselfde moeite het nie. Die man wat die bekwaamste spook het die minste nodig om sy bekwaamheid aan die dag te lê.

Daar is ‘n vorm van dobbelary met kaarte (ek weet nie hoe die speletjie gedryf word nie en selfs nie die naam nie. Ek dobbel nie, en ek gun my die roem om daaroor te spog omdat daar voldoende ander swart merke op my rekening is) – maar daar is ‘n vorm van kaartspel waarby die kuns bestaan in wedersydse “bluf.” Die soort “bluf” het ek ook opgemerk by die skikking van waterprosesse, en by die bie op grond-vendusies. Maar dit lyk altyd vir my ‘n onnosele soort taktiek wat ewe goed op jou kan terugslaan as op jou vyand. Maak jou gereed om jou ultimatum op te volg en stuur hom dan. Anders moet jy straks mooipraat om jou handskoen weer terug te kry, en by ‘n volgende geleentheid sal selfs jou mindere nie van hom notiesie neem nie.

Daar is ouers wat hulle kinders heeldag waarsku en nooit straf nie. Hulle sou beter handel om die kinders liewer uitdrukkelik permiesie te gee om kwaad te doen. Dan sou hulle ook maar die kwaad doen wat die ledige verbod hulle nou nie keer om te doen nie, maar hulle sou nie hulle respek verloor vir die ouers en vir die heiligheid van ‘n gegewe woord nie.

 

play casinoлобановский александр жена

‘n Nuwe taalsituasie

Die Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter het op 18 Januarie 1806, die dag van Janssens se kapitulasie, ook as The Cape Town Gazette and African Advertiser verskyn. Dit was die eerste aanduiding dat die nuwe Britse besetting ook die taalsituasie aan die Kaapkolonie sou beïnvloed.

Vir die eerste klompie jare ná 1806 was die Engelssprekendes in Kaapstad die garnisoen, amptenare en ‘n klompie handelaars. Immigrasie het hul geledere versterk. Kaapstad het aanvanklik feitlik die enigste plek gebly waar Afrikaans- en Engelssprekendes gereeld met mekaar in aanraking gekom het. Ook daar het die Hollandse gemeenskap voorlopig ‘n redelik afgeslote geheel gevorm. Die Engelssprekendes was nogal eksklusief en het nie maklik met die andertaliges omgegaan nie.

Nietemin kon die Kapenaars deur middel van hierdie Engelse, en ook die Engelse skole wat gou tot stand gekom het, maklik Engels aanleer. Buite Kaapstad was dit egter nie die geval nie. Ds. George Thom het in Januarie 1821 aan een van die goewerneurs, lord Charles Somerset, geskryf dat hy meen dat daar nie meer as 400 mense buite Kaapstad is wat Engels kan praat nie en skaars 200 wat dit kan lees en skryf. Dit was nog jare lank die geval.

‘n Alternatief vir Engelse vermaak was van 1802 af die opvoerings van toneelgeselskappe. Hollandse stukke van taamlike hoë peil is die hele 19de eeu opgevoer. Verder was daar die lósies en sociëteite wat vermaaklikhede soos dans, kaartspeel, musiekuitvoerings en biljart gebied het.

Die oorgrote deel van die bevolking was Afrikaans. Teen 1810 het die getal Afrikaners op 31 184 gestaan, in 1815 op 37 264, in 1819 op 42 217, in 1832 op meer as 52 000, in 1854 byna 150 000. Die betreklik vinnige aanwas was veral die gevolg van ‘n hoë geboortesyfer, en in ‘n mate ook die assimilasie van immigrante, veral Nederlanders en Duitsers, wat hulle met die Afrikaners vereenselwig het.

Soos dit nog sal blyk, is die taalbehoud van die Afrikaanstaliges voorlopig veral deur hul isolasie gewaarborg. Baie van dié in die binneland het geen onderwys geniet nie. Hulle het vir ‘n groot deel van die negentiende eeu geen Engels geken nie, selde met Engelssprekendes in aanraking gekom en was nie lank genoeg op skool om dit aan te leer nie. Van die 3400 kinders in die distrik Graaff-Reinet was byvoorbeeld hoogstens 100 aan die begin van die eeu op skool. Wat die mense gered het van totale verval, was hul gehegtheid aan die godsdiens.

Daar was ‘n belangrike swakheid in die taalsituasie. Hoewel die Afrikaanstaliges die een of ander vorm van Afrikaans gepraat het, was hul kultuurtaal Nederlands. ‘n Toestand van “diglossie” het bestaan — die volk het een vorm van die taal gebruik as omgangstaal, vir “lae funksies”, en ‘n ander vorm as kultuurtaal, vir “hoë funksies” soos die onderwys en die godsdiens. Die vernaamste leesboek van die volk was nog die Nederlandse Statenbijbel. Maar aan die begin van die eeu het dié‚ dubbelslagtigheid niemand blykbaar gehinder nie.

Nog geskiedenisartikels deur Jaap Steyn (in omgekeerde chronologiese volgorde):

Die Engelse kom weer

‘n Patriargale lewenswyse

Invoer van wolskape

Met Bataafse vlag verwelkom

Ontmoetings met sendelinge

Reise van Janssens en De Mist

Die Kaap is weer Hollands

Kaap kry sy eerste weekblad

Begin van ‘n kultuurbotsing

Lady Anne Barnard se waarnemings

Die eerste goewerneur

Halfhartige verdediging van die Kaap in 1795

Herlewing in die boukuns

Die agteruitgang van Nederland

Die piëtisme brei uit

‘n Groot Kaapse prediker

Kerklike lewe aan die Kaap

Die lewe in die Kolonie

Nuwe name vir nuwe sake

Verkenning van die land

Skipbreuke en die held Woltemade

Sewe Duiwels

By die uitspanplek

Op die trekpad tydens die Groot Trek

’n Nuwe geldstelsel aan die Kaap

Die Afrikaner se eerste demokratiese opvattings

Godsdienstigheid van die trekboere

Die lewe van die 18de-eeuse trekboere

Hoe ‘n admiraal en ‘n prins Afrikaans gered het

очистные установкиФильчаков прокурор харькова