Oom Anneries se stoepstories: Willie die renoster

“Smaak my vanjaar gaan die *&^%$ wilddiewe tot 300 renosters van die gras af maak,” sê oom Anneries na ons ons sitte gekry het.

“Ja oom Anneries.” Ek het self die Landbouweekblad onder oë gehad. “Lyk my dit gaan so drie keer meer wees as verlede jaar.”

Oom Anneries laat loop met sy straaltjie pruimtwak in die skotteltjie in. Dié moes hy begin inspan na die tante so gekla het oor hoe haar tuinplante begin lyk het toe hy, oom Anneries, van die snuiftwak af moes af oor die halwe long wat hy nog oor het.

“Man, laat my dink aan die dae toe ek nog geboer het. Hier in die omgewing van Fickburg is veediefstal oor die grens mos nie ‘n nuwe ding nie, en ek beginne toe wonder van wat ‘n mens kan aanhou om die veediewe uit te hou.”

Ek luister aandagtig. Oom Anneries kan, as hy die dag lus het, omtrent ‘n kloon van wyle Jan Spies wees met sy storievertellery, stories waar mens moet wakker slaap om te weet waar feit ophou, en met fiksie verstrengel raak. Maar altyd ‘n kern van die waarheid.

Ander kere, skynbaar heel teen sy aard, kan oom Anneries regtig ‘n doodgewone oom Kaspaas wees. Dié eienskap het hy eers gekry na hy by die Kersiefees van so twee jaar gelede vir die liegstorie-kompetisie ingeskryf het, en derde gekom het.

Ek onthou die storie nog goed. Die een van die rekdraad.

“Oom bedoel seker binddraad,” het die programleier nog probeer sin maak.

“Nee, rekdraad,” het oom Anneries volgehou.

Dié dag het die manne ‘n boodskapper van die lusernland af gestuur dat die vaaljapie in die modder vasgeval het.

“Ek soek eers die kabel, maar sit dit nergens, toe gryp ek ‘n rol draad wat ek die week by die koöperasie gekoop het en gooi dit agter op die trokkie, en ry lande toe. Daar maak ek ‘n stuk van die draad los, en woel die vaaljapie stewig agter die bakkie vas. Ek beduie vir die manne, hulle draai die slinger, en die vaaljapie gesels. Toe trek ek stadig weg, en begin ry.

“Maar ek het ‘n buurman saamgehad en ons was besig om oor die politiek te gesels. Daai dae maar wild hier met die politiek gegaan. Ek vergeet skoon van die vaaljapie, en ry om die land, en weer die anderkant op en by die hek uit. En dis net daar waar ek van die vaaljapie onthou. In die truspieëltjie sien ek die vaaljapie makeer, hou stil en vlieg uit. Die vaaljapie staan nog doer oorkant die land waar hy na die lekker baie reën vasgeval het. Maar die snaaksste is, sien ek die hele land se lusern is gesny.

“Toe ek mooi kyk, sien ek die draad agter die bakkie is nooit af nie, net so dun soos die helfte van ‘n naalddikte gerek. Dis toe dat ek onthou dat toe ek binddraad gaan koop het die mannetjie by die koöperasie iets beduie het van die binddraad is op, maar hulle het iets nuuts, en sal oom probeer.?

“Ek gaan graaf in die paneelkassie, kry die koöperasie se slippie en lees wat ek gekoop het: ‘Rekdraad’ lees ek.

“Daai draad het so dyn gerek, toe ek so om die land ry, toe sny dit die lusern mooi stomp af.”

Maar in watter storiebui is oom Anneries vandag?

“Man, ek weet dis te koud hier vir volstruise, en ek dink. Toe onthou ek van ‘n buurman wat met renosters wil boer. Hy het vir hom solank ‘n mak witrenosterbulletjie laat kom om die omgewing gewoond te raak. Van daai dag raak daar toe g’n bees of skaap op sy plaas weg nie.

“Ek vra hom toe of ek die arnostertjie ‘n dag of wat kan leen, lat ek net kyk hoe dit gaan. En toe stuur hy vir Willie, die arnostertjie, oor.

“Sampie en Sameul wat vir Willie aangejaag het, het redelik gevaar, behalwe Willie is deur die grensdraad se hek nog voor iemand kans gekry het om die hek oop te maak. So kom Willie met die opgevoude hek half om hom gewikkel kopskuddend op die werf aangedraf, en toe ook al goed geïrriteer met die onnodige bagasie.

“Ek het pas ‘n aankeerkraal van nuwe teerpale gemaak, en beduie hulle moet Wille daar in jaag. Toe Willie in is, druk ek twee pale deur sodat Willie nou nie te veel ruimte het nie, en ek kan kyk hoe ek die hek los kan kry.

“Maar lyk my Willie het intussen geheg geraak aan daai hek, want toe ek dit afpluk, toe sien ek Willie kyk vir my met daai ogies, en daai kyk is ‘n onlekker kyk.

“Ek besef dis ‘n gawe plek die om baie skielik te makeer, en ek lê die rieme neer na die paalheining. Toe ek met my hande bo druk, en oorvlieg, toe is dit ook net mooi dat Willie skep. En hy skep daai onderste teerpaal dat sy voorste horing tot by die hef in die paal insak, en ‘n hele ent anderkant uitsteek.

“Nog ‘n vars paal daai, en dit gee ‘n hele ent mee voor dit weer reguit maak, en vir Willie op sy agterent te lande laat kom. ‘n Oomblik dink Willie, en retireer toe, en pluk die paal uit die boute uit. In plaas van ‘n hek om sy kop gedrapeer, sit hy nou met ‘n paal soos ‘n lang snor wat weerskante van sy kop uitsteek.

“En toe kom hy weer vir my. Hy sien sleg en gaan vir my reuk. Boonop sit sy oë mos net hier agter sy neusgate, en nou keer die pal ook nog dat hy my kan sien.

“Ou Willie jaag my, en ek hol. Kom Willie te naby, dan swenk ek, en dit neem Willie ‘n rukkie om ook te swenk. Toe kry ek plan en hardloop tussen twee opgeskote bloekoms deur, Willie agterna. Die teerpaal haak, maar net ‘n oomblik toe lê die twee bome morsaf gebreek.

“Dis toe dat ek plan kry. Ek sit af na ‘n lappie grond wat ek wou ontbos vir koring plant. Hier sorg ek dat ek net buite Willie se bereik is, terwyl ek al by die ergste boskasies verbyhardloop, en soms, as daar plek is, deur. Willie agterna, en nog ‘n stuk ontbossing is gedoen.

“Een plek is Willie te gou op my, en ek moes deur al was daar nie plek om te deur nie. Helfte van my klere in daai blinkblaar agtergebly.

“Maar teen daai tyd is my wind op, en ek hoor Willie se asem blaas ook erg. Maar hy kom!

“Maar toe die land nou mooi skoon is behalwe vir ‘n bloekom in die een hoek, strompel ek daarheen. Nou moet Willie my maar klaarmaak, ek is in elk geval dooi. Ek slaan onder die bloekom neer en wag op die einde. Knyp my oë altwee styf toe. Ek hoor Willie blaas, maar dit kom nie nader nie.

“Ek kyk, en sien Willie lê uitgestrek hier langs my op die gras. Die teerpaal, blyk dit, het uiteindelik deurgeknak, en afgeval. En so lê ons maar.

My keël is droog van die hardloop, en ek haal die sakkie met suurklontjies uit wat ek altoos saamdra lande toe om teen dors word te suig.as daar nie ‘n watertjie byderhand is nie.

“Toe ek enetjie in my mond druk, sien ek die pleitende kyk in Willie se oë, en druk vir hom ook enetjie in die kies. Hy kreun eintlik van die lekkerte soos hy dit geniet. So twee suurklontjies elk later, slaan ons voet terug kraal toe, waar Willie ‘n halwe trog water uitdrink, en toe agterkom die suurklontjiesmaak is uit sy mond weg. Hy kom snuffel soos ‘n hanskaller aan my sak, en ek druk hom weer een in die kies.

“Van toe af is ek en Willie groot maters. Snags loop hy elke nou en dan sy paadjies, en ‘n keer het hy op ‘n groepie veediewe afgekom. Hulle het glo die rivier net-net betyds gehaal. Bedags lê hy op die stoep soos ‘n uitgevrete boerboel.

“Niks, maar niks het op daai plaas weggeraak nie. Ook seker vir drie jaar na Willie klaar geleen was, en terug is na sy mense toe.”

Oom Anneries dink diep. “Nou is daar ‘n storie dat van die wildboere self hul renosters laat ‘poach’ omdat die goewerment nie wil toelaat hulle mag die horings jaarliks oes, en so vir hul bewaringsuitgawes help betaal nie. Maar ek weet darem nie, nie as mens eers vir Willie geken het nie.”

online casino euФільчаков Олександр Васильович прокурор

Godsdienstige lewe tydens die Groot Trek

Eerw. Erasmus SmitOp enkele uitsonderinge na het die predikante van die NG Kerk die trek afgekeur omdat hulle bang was dat die trekkers sou verwilder, maar veral omdat die trek opstand teen die wettige owerheid was. So het die Sinode van 1837, waarvan die meerderheid Afrikaners was, in ‘n herderlike brief die deelname van soveel lidmate aan die trek veroordeel.

Predikante wat met die meerderheid verskil het, was J.C.L. en H.A. Moorrees en veral G.W.A. van der Lingen, wat diep vir die trekkers gevoel het. Hy was ‘n deel van sy jeug aan die oosgrens, waar hy ‘n kennis van en begrip vir die grensboere se harde stryd opgedoen het.

Kaapse predikante het selfs geweier om kinders van trekkers en voornemende trekkers te doop. Ene Kotie Botha is net voor die Trek in George gebore. Die dominees van George en Cradock het geweier om die kind te doop van ‘n “rebel” teen Haar Majesteit. Eindelik moes die ouers soos arm mense aantrek en die predikant om die bos lei om die kind te kon doop.

J.L. Hatting, wat ook die Trek meegemaak het, het onthou dat dominees van grensdistrikte geweier het om verbytrekkendes se kinders te doop. Ouers moes dan die baba terugneem na hulle vorige woonplek in die Kolonie of deur ‘n ander kerkgenootskap laat doop.

Die trekkers was baie ongelukkig oor die houding van die Kaapse kerk, en het hulle daarvoor beywer om ‘n eie predikant te bekom. Eerw. Erasmus Smit, wat met Gerrit Maritz se suster Susanna getroud was, het die Maritz-trek vergesel. Omdat hy nie volwaardig georden was nie, was hy nie vir al die trekkers aanvaarbaar nie. Hy het nogtans gereeld gepreek en die sakramente bedien. Hy het glo met so ‘n mooi sagte stem gepraat dat mense heeltemal vergeet het hoe lank die preek geduur het!

‘n Paar sendelinge het naderhand onder die trekkers gearbei, soos eerw. James Archbell van die Londense en eerw. Daniel Lindley van die Amerikaanse Sendinggenootskap. Trekkers soos Sarel Cilliers, Karel en Jan Landman en Stephanus Maritz het ook die godsdiens waargeneem. Soos Rhe Carstens in Voortrekkerlewe toon, het godsdiens in die Tregardt-trek ‘n kleiner rol gespeel as in latere trekke, en verneem mens nie van godsdienstige aktiwiteite nie.

Elders is eredienste meestal in kerktente gehou, of waens is na aan mekaar getrek en ‘n seil bo-oor gespan, sodat die diens daaronder kon plaasvind. Sondae is drie dienste gehou, en soms ook op Woensdag- en Saterdagaande. Kollektes is gereeld gehou, maar die opbrengs was klein omdat die trekkers feitlik geen inkomste gehad het nie. Die lidmate in Hendrik Potgieter se laer het vrywillig tot eerwaarde Smit se onderhoud bygedra.

Bidure het dikwels plaasgevind. Nagmaal is elke drie maande gevier, maar dikwels was daar geen wyn nie en is Nagmaal net in die gees gevier. Nadat aanvalle afgeslaan is, en ook ná oorwinnings, is dankdienste gehou; ‘n Franse natuurkundige, A. Delegorgue het na een kommando as ‘n “voorttrekkende bidstond” verwys.

Huweliks- en doopregisters is aangelê. Voor hulle kon trou, moes jong mense katkiseer. Hulle moes ‘n deeglike kennis hê van die Bybelgeskiedenis, en die vrae en antwoorde van die Heidelbergse kategismus van buite ken. Die Bybel en ander geestelike boeke was by ander kosbaarhede in die wakis. (Dit alles volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans)

справка в бассейнлобановский александр дети

By die uitspanplek

Die trekkers het volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) in groepies getrek en gekampeer omdat daar nie weiding vir almal se vee was nie. Sulke groepe het oor en weer gekuier, koffie gedrink en soms saamgeëet, soos op Nuwejaar.

Wanneer gevaar dreig, het die geselskappe gekonsolideer. Die meeste trekkers wat in vyandelikhede dood is, se waens was in klein groepies uitgespan en nie in ‘n laer saamgetrek nie. Tog was daar hardkoppiges wat nie in groot laers wou saamtrek nie. Die klassieke vorm vir die walaer was die sirkel, met soms ‘n kleiner sirkel binnekant vir beskerming van die vroue en kinders.

Omdat hulle goeie jagters was, was daar altyd vleis, maar dit moes gesout of gepekel word om te hou. Een resep vir pekel was 6 bottels water, 1½ pond sout, ½ pond bruin suiker, ½ ons salpeter, ½ ons potas wat saamgekook word, en dan nog speserye na smaak.

Ander kos was moeiliker bekombaar. Middele soos meel, koffie, tee, suiker en rys is wel saamgeneem, maar rys en brood is later net vir siekes gegee. Soms is lank genoeg oorgestaan om landerye te begin, want behalwe die implemente het saad, stiggies en moere saamgereis. Ook is koring, mielies, soetriet, piesangs, patats, heuning en pampoene van swart mense geruil. By laasgenoemde het hulle sorghum leer eet.

Sout was skaars en wanneer hulle by ‘n soutpan verby is, is ‘n groot voorraad opgelaai. Koffie en tee is algemeen gedrink; die koffiebone is by smouse gekoop. Vir vuurmaak is ‘n tonteldoos gebruik, want vuurhoutjies was daar nog nie. Ook is bietjie kruit op ‘n droë lappie gegooi en ‘n klip gebruik om ‘n vonk mee te slaan.

Onontbeerlik vir die vroue was die wit kappies met gestyfde rande wat hulle teen die son, wind en weer moes beskerm. Dit was byna ‘n skande om deur die son verbrand te wees. Kappies maak was ‘n fyn kuns; vir die rande was sulke fyn stekies nodig dat die vroue buite in die son moes sit en werk. Die rokke was lank en het net bokant die grond gehang.

Naalde was kosbaar. Soms is ure gesoek na ‘n naald wat geval het. As die punt afbreek, moes ‘n nuwe punt op ‘n klip geslyp word. Mooi borduurwerk is soms gedoen. Verder is kerse gemaak, seep gekook, velle gelooi, rieme gebrei, velskoene gemaak en swepe gevleg. Swepe, sambokke en rieme moes snags weggebêre word anders het hiëna’s nadergesluip en dit opgevreet!

In groot laers was die omstandighede soms haglik. Weens diefstalgevaar moes die trekkers die vee partykeer in die laer injaag, wat die ongerief vererger het. By die laers en uitspanplekke was daar streng maatreëls vir sanitasie, verwydering van afval en die voorsiening van skoon water.

Die meeste trekkers het hul eie “huisapteke” saamgeneem. Hulle het groot waarde geheg aan wit-, rooi- en bruindulsies wat hoofsaaklik uit ‘n alkoholoplossing van kaliumasetaat bestaan het. Ander middels was kasterolie vir ‘n ongestelde maag, wonderessens vir slegte spysvertering, Hoffmans- Haarlemmer- en versterkdruppels, soetolie en dergelike meer. Baie van die middels was net ‘n troos. As een middel nie help nie, is maar ‘n volgende ingegee. Die siektes wat die meeste voorgekom het, was masels en “koors”.

свет в спальнетопкарго отзывы

Waar kom die Asrivier vandaan?

“Ek sê julle, die Asrivier is na my oupagrootjie vernoem!” Oom Hakie is driftig omdat niemand sy weergawe ernstig wil opneem nie.

Nou moet ek darem net gou sê: die opskrif van die storie is misleidend. Almal weet waar die Asrivier vandaan kom. Sy water kom van die Katzedam in Lesotho van waar dit in tonnels en deur ‘n kragsentrale na die Vrystaat gevoer word van waar dit dan in die Asrivier uitloop, wat weer in die Liebenbergsvleirivier loop, en dié weer in die Wilge tot in die Vaalrivier.

Sodat Gauteng se Groot Dors geles kan word.

Maar dis dié pasellawater wat gemaak het dat daar ‘n twis oor die naam van die rivier losgebars het. Toe die water begin loop, gaan sit die nuwe Suid-Afrika se Engelsbebl*ksemde Departement van Watter Affêre ‘n bordjie op die brug op: “Ash River.”

En toe is die Blikore se ore rooi van kwaatgeit, want daai “As” het niks met “as” soos in verbrande hout te make nie.

Nee, dit is “As” soos “Axle” in Engels.

Maar die Departement van Watter Affêre is nou so steeks soos die FS op die Vrystaat se nommerplate. Al het Pansat al meer as tien jaar gelede bevind die Vrystaters kan maar VS op hul nommerplate sit, want in die Vrystaat is Engels mos nie ‘n derde of vierde of selfs vyfde taal nie, dis eintlik maar ‘n vreemde taal.

“Kyk net hoe stoepid het die spul die ‘as’ gaan vertaal,” het oom Armaans gesê waar hy moet sy boetse aan kniediep in die Liebenbersvleidam – ekskuus – Sol Plaatjiedam in die water staan en sy visstok met dobbertjie vernuftig bewerk om ‘n ding met grate op die ys te kry.

Iets wat vroulief later moet skoonmaak en gaarmaak, want oom Armaans is vieserig vir ‘n dooie vis.

En dis min of meer hoe die gestry oor die herkoms van die rivier vandaan kom.

Oom Armaans, oom Sewes en oom Frans se weergawes stem min of meer ooreen. Met die Groot Trek is hier ‘n trek hier verby op pad na die Drakensberge, en in dié rivier het ‘n wa se as gebreek.

Die “debat” het intussen na die opvoustoele onder ‘n groot sambreel verskuif. Die ou manne het so driftig met hul visstokke begin beduie dat een se hoek oom Frans se hoed van sy kop af gehaak het. Dit was te amper.

Hier in die laat-laatmiddagkoelte en met aansienlike voorrade likiede bates het die debat hewiger geword, en is al hoe meer weergawes opgedis. Die visstokke is met mikke gemaak staan, maar teen die tyd wat ‘n vis oom Sewes se stok met mik en al dieptes toe gesleep het, was die debat al so hewig dat die stok maar sy gang moes gaan.

“Kyk,” beduie oom Armaans, “my ma was ‘n nooi Pretorius, en daai rivier het sy naam gekry toe Andries Pretorius met groot spoed hier verby gesuiker het om die Voortrekkers in Natalia te gaan uithelp. En net daar anderkant die brug was ‘n drif, en dis daar waar hy met so ‘n spoed deur is dat die as gebreek het. Ek verstaan die slag was so erg, miesies Pretorius het met haar blaker kaplaks in die water beland.”

Soos die noodlot wil hê, is oom Sewes se van Potgieter, en was dit einste Andries Hendrik Potgieter wie se wa hier in die rivier tot by die as in die modder weggesak het, en die water deur die wa geloop het.

“Hulle was al amper onderkant die Oliviershoekspas, toe vang hulle nog visse uit die wa en prop dit in die pot. Hulle was naand so teë geëet aan vis dat hulle die oorskiet vir Sekonjela vir vee kon ruil.”

Oom Hakie het Retief-voorgeslagte, maar hy speel nie dié troef nie, so seker is hy oor sy voorsaat.

Dit het reeds sterk skemer geword, en die manne kan nie meer mooi sien hoe oom Sewes se dobbertjie sulke zig-zag-patrone op die dam se oppervlak trek nie. Oom Frans, oom Sewes en oom Armaans het oom Hakie se weergawe al tot vervelens toe gehoor, en hulle weet hoe driftig hy oor sy weergawe voel. So elke nou en dan as dinge hier by die viswater te stil raak, dan sal een weer die storie oprakel en dan saamspan om te keer dat oom Hakie sy weergawe vertel kry voor hy nie eers goed ergerlik is nie. Omdat dit nou reeds so sterk skemer is, sien oom Hakie ook nie sy visvangmaats sit met breë glimlagte op hul bakkiese nie.

“My oupagrootjie, Karel de Lange…”

“Dis nou dieselle De Lange wat hom so as luiperdvanger uitgegee het? Daai een wat met ‘n sak en ‘n hond op die toneel opgedaag het met die gedagte die hond moet die luiperd in ‘n boom jaag, en dan trek hy die luiperd aan die stert van die tak en in die sak in?”

Dis oom Sewes wat nou so uit die donkerte koggel.

Oom Hakie vermoed nie onraad nie.

“Nee, van daai Karel weet ek niks…”

“Ja man, tot die dag toe hy wel die luiperd aan die stert beetgekry het…” vervat oom Armaans.

“Nee man, van daai Karel seg ek julle mos weet ek niks.”

“Ja, toe het die luiperd hom mos in die sak geprop…” las oom Frans by.

Nou is oom Hakie agterdogtig, en hy tuur deur die donkerte na sy maters. Die donkerte bring minder muskiete, en wie het nou ook lig nodig om die bottel se nek gesoen te kry?

“Hoe smaak dit my julle maak nou grappies met my?”

“Nee!” protesteer die koor uit die donkerte. “Vertel jou storie.”

Dit begin laat word, en tuis wag die kossies seker al op die tafel.

“Kyk, daai se tye het die water nog nie deur die berg gekom nie, en was dit eintlik net ‘n stroompie met kuile,” vervat oom Hakie.

“Toe vang hy vis op ‘n klipplaat maar met al die gewoel is die klipplaat naderhand nat en glibberig. En toe kry hy daai groot byt!”

“Aan sy toon?” wil oom Armaans hier uit die donkerte weet.

“Nee man, aan sy hoek! En dis toe dat hy vasslaan dat hy so ‘n groot vis haak dat sy voete onder hom uitglip, en hy sy as afval! En so het dit die Asrivier geword.”

“Dit,” sê oom Armaans, “die Asrivier se regte eintlike Engelse naam is Arse River,” en hy begin sy goedjies inpak.

best online casino no deposit bonus codestopcargo развод

Op die trekpad

Groot TrekDie trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. ‘n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar ‘n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het ‘n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In ‘n span van 12 was daar dus ‘n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.

Volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) was die snelheid van die ossewa gemiddeld ongeveer 5 km per uur. As die reis voorspoedig was, kon ‘n trekker tot 32 km per dag aflê. Die osse moes gewoonlik rus nadat hulle so drie uur lank getrek het. ‘n “Skof” is dan afgelê.

Teen dagbreek het die sweep reeds vir die oggendskof geklap. Op ‘n baie warm dag is daar nie in die hitte getrek nie, en is die osse uitgespan. Teen laatmiddag is daar weer ‘n skof getrek. As die maan helder is, en daar nie te veel leeus was nie, is soms ‘n nagskof afgelê.

Elke wadrywer het ‘n sweep gehad. Die bamboesstok was meer as vier meter lank en die sweep self minstens vyf. Voor aan die punt van die sweep was die voorslag (‘n dun wildsbokvelriempie) van minder as ‘n meter lank.

Die trekpad het baie gevare en ontberings opgelewer: donderstorms, haelbuie, ysige winternagte, versengende hitte; roofdiere, slange en giftige insekte. Waens wat omval, byvoorbeeld teen ‘n steilte of in ‘n drif, of selfs wanneer die osse op loop sit daarmee, het groot skade veroorsaak. Die veld was soms so ruig dat die mans met byle ‘n pad vir die wa moes oopkap.

Verskriklik was dit as sulke ruigtes of die laer aan die brand raak. Op 2 Junie 1839 het daar ‘n brand in die laer van Jacobus Potgieter uitgebreek en is die ganse laer in as gelê. Die trekkers het net die klere aan hul lyf oorgehou, sommige nie eers ‘n hoed nie. Die groot hoeveelheid kruit op die waens het veroorsaak dat die laer heeltemal uitgebrand het. Vier mans en ‘n paar kinders het omgekom.

Twee van die grootste hindernisse op pad was die Oranjerivier en die Drakensberge. Party het die Oranje oorgesteek by Buffelsvlei naby die huidige Aliwal-Noord en ander trekke by Zanddrif. J.H. Hatting vertel dat hulle eers die waens met vlotte oorgeneem het, daarna die vrag en die kleinvee. Die beeste moes maar self deurswem. Uiteindelik is die vroue en kinders oorgeneem. Onder die sing van “Komt! treên wij dan gemoedigd voort” (Gesang 20 vers 9) het hulle die oorkant bereik.

Voordat die waens in 1837 na Natal is, het die mans die Drakensberge goed verken. Wildspaadjies was soms ‘n aanduiding waar waens kon ry. Sterk rieme van buffelvel is aan die waens vasgemaak en die mans het met alle mag aan die bergkant van die waens gehang om te voorkom dat hulle afstort. Om te keer dat die waens op loop raak, is remskoene gebruik, en om die vaart verder te stuit, is soms takke aan die agterstel vasgemaak.

пинетки носочкиtopcargo отзывы

Herrie se kerrie: Saamkuier voor die Aga

‘n Kaggel waar ‘n vuurtjie lekker knetter en kraak is so sinoniem met ‘n Vrystaatse boereplaas.

Op sommige plase is nog regte ou Aga-stowe, wat nog sulke kenmerkende reuke deur die opstalle laat trek, afhangende van waarmee die vuur gestook word. Die vuur van droë mieliestronke, antrasiet en die hout van doringbome het elk sy eie reuk. Vroeg-oggende ruik dit nog lekkerder wanneer die reuk van krummelpap, spek en eiers, en ‘n pangebraaide worsie op daai einste Aga gaargemaak word. En dan prut daar nog ‘n lekker kan moerkoffie op die stoof ook – regte, egter Boeretroos.

G’n wonder nie die Aga was die saamtrekplek in die winter nie. Vir mens en dier. Soms staan die stoof ver genoeg van die muur sodat die honde lekker daaragter kan nesskop. Maar dis nie net honde en katte wat so by die Aga of kaggelvuur kom saamtrek nie. Op plase is daar soms die interessantste troetel- en hans diere wat saam met die huismense ‘n warmtetjie koester. Van meerkatte tot muskeljaatkatte, hier en daar ‘n rooikat ook, tot skilpaaie.

Oom Nico-hulle had weer ‘n half-mak haas wat sy enigste winter tuis agter die Aga deurgebring het. Die vinnigste om hom te laat oë wys was om te begin biltong kerf. Dié deurmekaar haas was absoluut dol oor biltong, en enige stukke, selfs die taai senings, wat op die vloer beland het, is blitsvinnig opgeknibbel. Toe dit somer word het die natuur haas se kind geroep.

Ma-Johanna-hulle had weer ‘n mak ouvolk, maar kuiermense moes vooraf gewaarsku word oor dié vieslike bakkies wat dalk kon kom oë wys. Anders was daar chaos en ‘n klomp kombuismeubels daarmee heen.

Saans, veral as daar oorslaap-kuiermense was, is heerlik stories vertel. Dikwels het die kinders dan daar voor die kaggel krismisbed gemaak.

‘n Verwarmer kan die ding net nie so lekker doen nie, soos die slag daar langs die rivier in Kroonstad waar Herrie die aand voor inkruip gesit en werk het, een kant styf teen die muurverwarmer. Na ‘n ruk moes Herrie omdraai sodat die wegkant weer ontdooi kan word. Soos ‘n malvalekker wat oor die kole gesmelt word.

Mak of nie, die koms van die mens het dinge onherroeplik vir die diere verander. So was ouma Engela by geleentheid dik van die lag toe sy by die stoor kom en sien hoe ‘n kleinerige waaierstert met ‘n gebuite aartappel die aftog probeer blaas.

Die Vrystaatse winter is so erg, tot die bekende gesegde: “Die oggendstond het goud in die mond,” moes spesiaal vir die Vrystaat aangepas word: “Die oggendstond het ryp op die grond.”

Nou begin die winter einde se kant toe staan….

Mag die goeie Vader gee dat die reuke wat ons eersdaags in die lug gaan adem, dié gaan wees van reën op die veld, en die reuk van nat grond wat deur ploeë omgedolwe word.

для зеркалФильчаков Александр Васильевич

Die Soustrein

“Wie de ongeluk dryf dié ding?”

So wil groot kokkedoor Zoempie weet wat pas van sy baie duur whiskey op sy baie duur pak klere se broek gemors het. Nogal strategies ook, sodat dit verdag baie lyk of hy ‘n glipsie gehad het.

“Dis ‘n êppie pas uit die treindryfkollege. Sy het die beste punte behaal,” verduidelik die Minister van “Vervoer.”

“Maar het sy genoeg ondervinding om die soustrein te dryf,” wil Zoempie steeds verontwaardig weet terwyl hy verwoed met die servet vee om die verleentheid op te droog.

“Ondervinding? Wat is dit?” wil die Minister van “Arbeid” verbaas weet.

Intussen wieg die vyfster op wiele weer rustig, terwyl dit sy reis na Utopia voortsit. Dit vleg deur verlate, rommelbestrooide stasies, ermbarmlike plakkerskampe, kinders wat langs die spoor bakhand staan….

Dis regtig ‘n unieke trein. Die vensters is dig getint – nie net sodat die mense van buite nie kan insien nie, maar die passasiers binne ook nie kan uitkyk nie. Die vorige groot kokkedoor het die weerskante toe tintwerk laat doen sodat daar nie armoede is nie.

Vir deursigtigheid is daar oral kameras, sodat die groot kokkedore se doen en late vasgelê kan word en die publiek dit op hul TV’s kan kyk. Ter wille van deursigtigheid.

Terwyl Zoempie so verwoed strategies vryf, sien hy ‘n kamera is ook op hom gefokus, of liewer, daar waar dit so prominent is.

“Plak toe daai kamera!” beveel hy. ‘n Paar lakeie spring vervaard om te gaan plak. Gewoonlik praat Zoempie net, maar af en toe bedoel hy ook wat hy sê. Dis nou sulke tyd.

Heelparty van die kameras is al toegeplak. Trouens, die manne en vroue om die lang stinkhouttafel is juis besig om ‘n resolusie op te stel wat die ander kameras ook sal laat toeplak.

“Siejy so winde laat!” raas die Minister van “Verdediging.”

“Maar dit is dan ‘n stinkhouttafel!” verweer die Minister van “Omgewingsake” verward.

“Net te veel dinge kom op die lappe wat ‘n stok in die soustreinwiele se speke kan steek,” kla Zoempie.

“Het die trein se wiele dan speke?” wil die Minister van “Onderwys” verbaas weet, en begin verwoed die naaste venster optrek om uit te kan kyk.

“My eie rekord is so blink soos my kop,” sê Zoempie, maar ek is bekommerd oor van julle ander. Ek kan nie aanhou gate toestop nie.”

“Is daar dan nog gaatjies wat vol geld gestop kan word?” vra die Minister van Uitgawes op Luukshede.

“Kyk, ek het my goed genoeg laat cover maar ek is bekommerd van julle gaan in die k*k beland,” vervat Zoempie.

‘n Vreeslike vrees pak die lotjie om die stinkhouttafel beet. Hulle is benoud en die Minister van “Verdediging” raas nou erg: “Nee sies, stinkhout beteken nie julle moet almal van benoudheid po*p nie!”

“Generaal, generaal, sal jy ons kan red?” kerm die lot. Die Minister van Propaganda skuif sy tenderdokumente eenkant en antwoord: “Vir wat kerm julle, sit aan die TV en kyk, dis klaar gedoen.”

“Maar gaan die vyand nie uitvind nie?”

Zoempie brom: “Die opponente ry almal in die dog box. Ons weerhou eenvoudig die inligting van die plekke waar hulle insae kry.”

Die Minister van “Verdediging” giggel. “Ek doen dit al lankal.”

“Aaa, vars lug,” sug die Minister van “Verdediging” verlig toe die Minister van “Onderwys” wat steeds die venster probeer opskuif het, met haar elmboë oplaas twee gate in die ruit druk.

“Volgende punt op die agenda” sê Zoempie. “Herontplooiing.”

“Wie gaan herontplooi word,” vra die Minister van “Grondhervorming” benoud.

“Nie julle nie, man, kaders wat uitgevang is. Skelm kaders, onbevoegde kaders… ‘n Ongemaklike lot van hulle word nou deur allerlei prosesse uit hul geveerde nessies gehaal.”

“Ek hersirkuleer hulle al lankal,” sê die Minister van Plaaslike “Regering.” “Word hulle hier uitgevang, skuif ek hulle gewoon na ‘n ander plek. Ek het al ‘n hele taakspan wat bestaan uit uitgevangdes om my hiermee by te staan.”

“My probleem is dat sommige van julle al van die kaders die plank van die soustrein af laat loop het. Nie alleen is hulle maatjies van die ander maatjies nie, maar hulle stel die vreeslikste eise in, en naderhand sal ons die glase nie meer so vol kan gooi nie.”

“Dan sal mens ook nie meer so mors as die êppie die trein so bietjie rof dryf nie,” brom die Minister van “Vervoer.”

“Wat hoor ek?” wil Zoempie weet.

“Nee, sommer niks krabbel die Minister terug.

“Ek stel voor ons hersien die Ministeriële herontplooingskomitee sodat die linkerhand soms weet wat die linkerhand doen,” stel die Minister van “Arbeid” voor.

Almal knik koppe. Daar is nou al soveel sulke komitees. Soos die een teen korrupsie, maar daar mag nie hardop hiervan gepraat word nie.

“Volgende op die agenda: Dienslewering.”

“Ek dink nie die item hoef bespreek te word nie. Dienslewering is puik. Ek hoef net my vingers te klap en die kelner maak weer my glas vol,” sê die Minister van Sports en Leeglê.

Almal stem saam.

Die agenda begin einde se kant toe staan.

“Wanneer kom ons by Utopia aan?” wil Zoempie weet.

Die Minister van “Vervoer” kyk hom verbysterd aan: “Aankom? Ons ry dan daarop. Hier is ‘n luukse wa vir vrou 2 en3, en ‘n semi-luukse vir vrou 1. Met personeel.”

Zoempie glimlag breed, en vergeet van die nat kol op sy broek.

“Die vergadering is verdaag,” sê hy.

instagram promotion sitesФильчаков прокурор