Smit is in die wedstryd sodanig beseer dat hy die komende toets Saterdag teen die All Blacks sal misloop.
In 'n openhartige onderhoud het Smit ernstige beswaar aangeteken teen die hantering van die insident waarin hy beseer is.
Hy het 'n liesbesering opgedoen na 'n boorvat deur die All Black-slot Brad Thorn.
Smit sê as Bakkies Botha, byvoorbeeld, dit met Richie McCaw gedoen het, sou die wêreldrugby tot stilstand gekom het.
Thorn is vir een wedstryd geskors.
Die Suid-Afrikaanse skeidsregterbaas,André Watson, het die Springbokkaptein ondersteun.
Hy sê die reëls van die spel vereis ten minste 'n geelkaart vir 'n boorvat.

Rafael Nadal, Maria Sjarapowa en Venus Williams het almal die tweede ronde van Wimbledon gehaal.
Norman Arendse het gister aangekondig dat Krieket Suid-Afrika hulle plaaslike ooreenkomste met die Zimbabwiese Krieketunie gaan opskort.
Tiger Woods sal die res van die PGA-toerseisoen misloop om sjirurgie aan sy beseerde linkerknie te ondergaan. Die aankondiging is op sy webwerf gemaak.
Jaco Erasmus sal in die Italiaanse kleure aangetrek wees as 'n lossvoorspeler in die enkeltoets te Nuweland Saterdag teen die Springbokke.