Rafael Nadal wen Franse Ope

Die tweede gekeurde Spaanse tennispeler Rafael Nadal het gister die Franse Ope gewen teen die Switser Roger Federer. Nadal het die wedstryd gewen sonder om 'n stel af te staan, met 6-1, 6-3 en 6-0.

Slegs in die  tweede stel het dit vir 'n oomblik gelyk asof Federer kon herstel toe hy byna op Nadal se afslaan deurgebreek het met die telling 3 elk, maar die Spanjaard het hom nie van stryk laat bring nie en verder 'n meesterlike vertoning gelewer.

Na Bjorn Borg wat van 1978-1981 vier keer die Roland Garros-beker gewen het, is Rafael Nadal slegs die tweede speler in die geskiedenis wat dit kon regkry.

травы для полоскания десенФильчаков